FEBC Mongolië brei na nog twee stede uit

FEBC Mongolië brei na nog twee stede uit

FEBC Mongolië het onlangs na twee addisionele stede uitgebrei; Choibalsan in die Dornod-provinsie en Baruun-Urt in die Subaatar-provinsie. Choibalsan het 40 000 inwoners en Baruun-Urt 20 000. Die installasie van die radiosenders het reeds begin. Die span het ook alreeds 100 radio’s in elk van die stede versprei. Beide radiostasies gaan tot in Mei 2019 as herleistasies van Family FM 104.5 funksioneer.

Dit is wonderlik om die vinnige uitbreiding van FEBC Mongolië se bediening te sien en hoe die Here hierdie proses seën. Gedurende die laat 1980’s was daar minder as 20 Christene in Mongolië. Vandag is 3% van die bevolking gelowiges – sowat 85 000 mense. Hulle doelwit is om die Christen-bevolking tot 10% teen 2020 uit te brei. Hul beplan om die doelwit te bereik deur die oprigting van stasies in landelike gebiede om sodoende die evangelie aan die onbereikte mense te versprei.

Verder, as deel van FEBC Mongolië se strategiese plan vir 2018-2020, het die span in November 2018 hul eerste leierskap opleidingsessie aangebied. Die fokus is om plaaslike leiers op te lei en om hulle te inspireer om hulle leierskap talent te ontwikkel.
FEBC Mongolië se uitvoerende redakteur, evangeliese vennote se raadslede, FEBC Mongolië se raadslede, sowel as die bestuurders van die

FEBC se plattelandse stasies, was die deelnemers aan die eerste leierskap opleidingsessie. Die tema van hierdie opleiding was; “Die hart van Leierskap”. Nehemia se leierskapstyl is gebruik as ‘n voorbeeld vir die tema. Deelnemers se terugvoer was baie positief. Die opleiding bestaan uit self-leer, interaktiewe sessies en persoonlike evaluering.

FEBC Mongolië se direkteur, T. Batjargal het die volgende gesê: “Dit was ‘n voorreg om deel van hierdie opleiding te kon wees, aangesien die Heilige Gees met soveel van ons gepraat het. Ons wou doelbewus nie, tydens hierdie opleiding sessies, die klem lê op “hoe om te lei” nie. Ons wou eerder die basis van leierskap ondersoek en elkeen teenwoordig is uitgedaag om die hart van leierskap te verstaan.”

 


FEBC Mongolia extends their reach to two additional cities

FEBC Mongolia recently expanded their reach to two additional cities; Choibalsan of Dornod Province and Baruun-Urt of Suhbaatar Province. Choibalsan has a population of 40 000 and Baruun-Urt 20 000. Installation of the radio transmitters has already begun. The team also distributed 100 radios to listeners in each of these cities. Both stations will first serve as relay stations of Family FM 104.5 until May 2019.

It is amazing to see the rapid growth taking place through FEBC Mongolia’s ministry and to witness how God is blessing the entire process. In the late 1980’s there were fewer than 20 Christians in Mongolia. Today, 3% of the population are believers – which is 85 000 people. Their goal is to increase the Christian population to 10% by 2020. FEBC intends to accomplish this by establishing stations in remote areas so that the unreached will be able to hear the gospel.

Additionally, as a part of FEBC Mongolia’s strategic plan for 2018-2021, the team organised their first leadership training session in November 2018. Their aim is to invest in the development of local leaders and to encourage participants to think about their attitude in leading.

Among the attendees were FEBC Mongolia’s chief editor, evangelical alliance board members, FEBC Mongolia’s board members as well as managers from FEBC’s rural stations. The topic of the training was, “The heart of the Leadership” and aspects of Nehemiah’s leadership style was also shared. Feedback from participants was positive and many said they felt they really benefitted from the unique style of the sessions. The training consisted of self-learning, interactive sessions and personal reflection.

Director of FEBC Mongolia T.Batjargal says, “It was a privilege to be part of this training, since the Holy Spirit spoke to so many of us there. Intentionally we did not want to put our focus on ‘how to lead’ in these training sessions. Instead, we wanted to examine the root of leadership and challenge everyone to understand the heart of leadership.”

 

 

 

 

 

 

 

 

Tags :
Share This :

Category

Recent Posts

Our Magazine

Radius Magazine – Issue #2
Radius Magazine – Version #3
Radius Magazine – Issue #4