Faith comes by hearing

Faith comes by hearing

Mr. P*, a farmer from Cambodia, believes in God since 2002. He describes his old self as aggressive and fierce, but when he heard the gospel and received Christ as his Saviour, he became a transformed man.

“I’ve been listening to Family FM for over three years now and my favourite program is ‘Healing Heart’.

I face difficulties daily, but when I listen to Family FM, it encourages me. It gives me hope and teaches me to love my neighbour.

I have complete faith in Jesus Christ and understanding in what He has done for us. I’ve learned this by listening to your station.”

Because as many as 4 billion people are oral learners and 67% of the world’s population do not have Internet access, 4,6 billion people still need radio to hear the Good News of Christ. So many still need to hear, and as Paul explains, “faith comes from hearing, which is, hearing the Good News about Christ” (Romans 10:17). But how will they hear if no one tells them? That’s why FEBC/FEBA’s broadcasts play a very important role in reaching the unreached, because almost half of the world’s population can hear the Good News when they listen to our broadcasts.

Join us in 2017 and help us reach more ears with the gospel, so they may also have the opportunity to come to faith in Him. The Apostle Paul’s exhortation 2000 years ago still serves to encourage us: “But how can they call on him to save them unless they believe in him? And how can they believe in him if they have never heard about him? And how can they hear about him unless someone tells them?” (Romans 10:14)

*Name changed for security reasons

Geloof kom deur gehoor

Mnr P*, ‘n boer van Kambodja, glo sedert 2002 in God. Hy beskryf sy ou self as baie aggressief en kwaai, maar toe hy die evangelie vir die eerste keer hoor en Christus as sy Verlosser aanneem, was hy ‘n ander man.

“Ek luister al drie jaar na Family FM en my gunsteling program is ‘Healing Heart’.”

Ek staar daagliks probleme in die gesig, maar wanneer ek na Family FM luister, bemoedig dit my. Dit gee my hoop en leer my om my naaste lief te hê.

Ek het die volste vertroue in Jesus Christus en begrip oor wat Hy vir ons aan die kruis gedoen het. Ek het hiervan geleer deur te luister na jul uitsendings.”

Vier miljard mense is ongeletterd en 67% van die wêreld se bevolking het nie toegang tot die Internet nie, daarom het 4,6 miljard mense steeds die radio nodig om die evangelie van Christus te hoor. So baie moet nog hoor en soos Paulus verduidelik: “geloof kom uit die aanhoor van die boodskap. En die aanhoor van die boodskap volg uit die prediking van die Goeie Nuus wat handel oor Christus” (Romeine 10:17). Hoe sal hulle hoor as niemand hulle vertel nie? Dit is juis hoekom FEBC en FEBA se radio-uitsendings so belangrike rol speel om die onbereiktes met die evangelie te bereik, want 3 miljard van die wêreld se bevolking is binne bereik van ons uitsendings. Dit is die helfte van die wêreld se bevolking wat die evangelie kan hoor wanneer hulle na ons uitsendings luister.

Sluit in 2017 by ons aan en help ons om meer ore met die evangelie van Christus te bereik, sodat hulle ook die geleentheid kan hê om tot geloof in Hom te kom. Die Apostel Paulus se woorde van 2000 jaar gelede bemoedig ons steeds: “Maar hoe sal hulle Hom aanroep as hulle nie in Hom glo nie? En hoe sal hulle in Hom glo as hulle nog nooit van Hom gehoor het nie? En hoe sal hulle van Hom hoor sonder dat daar iemand is wat die boodskap bring?” (Romeine 10:14)

*Naam verander vir sekuriteitsdoeleindes

Tags :
Share This :

Category

Recent Posts

Our Magazine

Radius Magazine – Issue #2
Radius Magazine – Version #3
Radius Magazine – Issue #4