KORTGOLFSTASIE OP DAEBU-EILAND BEREIK DIE HELE NOORD-KOREA

FEBC Korea is in 1956 deur Christen sendelinge van die VSA gestig. Ons nuutste kortgolf radio stasie is onlangs op Daebu eiland gebrou en met groot feesviering in gebruik geneem. Dit was die gepaste ligging vir die stasie se nuwe radiosender om, sonder om deur ander radiogolwe belemmer te word, direk na Noord-Korea uit te saai. Dit stel ook die span in staat om ‘n geskatte 1.7 biljoen mense in Noord-Oos Asië te kan bereik.

Sedert die eerste uitsending in die 1950’s plaasgevind het, het die visie om mense met die evangelie in Asië, Noord Korea, Sjina, Rusland en Sentraal-Asië te bereik geen stoom verloor nie.

Die skuif na die eiland is onlangs met ‘n spesiale erediens gevier. Die radiopersoneel, vennote en verskeie vooraanstaande gaste het die spesiale geleentheid bygewoon, waartydens gebedsessies en preke die nuwe stasie en span opgedra het.

Die hervestiging van die stasie was ‘n geskiedkundige oomblik; met die hoop dat elke uitsending verandering in miljoene mense se lewens sal bring en gemeenskappe hernuwing tot eer van die Here sal ervaar.

Kim Jin-Pyo, verteenwoordiger van die Demokratiese party in Korea, het ‘n inspirerende boodskap op die dag gedeel;

“Ek is oorval met blydskap dat die evangelie met die nasies van Noord-Korea, Sjina en met ander Asiese lande gedeel kan word. Ek glo dat die visie om die evangelie regoor die aarde te versprei, ons almal se roeping is. Dit is te danke aan FEBC Korea se onverpoosde arbeid dat nasies bereik word wat nie deur ander bereik kan word nie.”

FEBA/FEBC is al vir ses dekades die voorlopers wat inligting na afgesonderde lande, soos Noord-Korea, versprei. Meeste Noord-Koreaanse mense wat na FEBC se uitsendings oor ‘n tyd geluister het, het met ons getuienis gedeel dat die programme hulle geïnspireer het om die land te verlaat en ‘n lewe van vryheid en kennis in Christus na te streef.

Die geskiedkundige waarde van FEBC in Korea

FEBC het destyds in Korea tot stand gekom toe daar ‘n vertrouensbreek tussen die Verenigde State, wat ‘n vrye demokrasie verteenwoordig, en die Sowjet Unie, wat kommunisme aanhang, plaasgevind het. Die bediening se stigters het tussendeur die warboel van mag teen mag die stap geneem om mense in kommunistiese lande met die evangelie te bereik.

Die oorspronklike 100kW AM radiodiens, wat uitgesaai was op die 1188 kHz-frekwensie, het die grond voorberei om uitsendings in die breër landelike streke uit te saai. Lande soos Noord Korea, drie provinsies in die Noord-oostelike dele van Sjina, Rusland se verre Oostelike gebied en Japan het hierby baat gevind. Dit was FEBC Korea se Jeju AM radiostasie wat op die 1566 kHz-frekwensie programme in Koreaans, Russies en Japanees uitgesaai het.

Die stasie het deur die jare talle uitdagings, soos natuurrampe en finansiële krisisse ervaar. ‘n Storm het in 1972 die stasie se transformator beskadig, en die stasie moes in 1987 alle uitsendings staak vanwee swaar reënval. Ten spyte van die moedelose oomblikke het God die bediening veilig gehou en het toegesien dat die impak op die nasie tot Sy eer voortduur. Die span se deursettingsvermoë en die oneindige opofferings van hul vennote was en is steeds prysenswaardig. Hierdie is maar net nog ‘n bewys dat die Here berge sal versit vir diegene wat daarvoor vra en gewillig is om Sy koninkryk op aarde te bring.

Moet nooit twyfel dat jou bydra ‘n verskil maak nie. Dit is te danke aan jou volgehoue ondersteuning en gebed dat God deur ons bediening ‘n verskil maak ni die lewens van die geïsoleerde, vervolgde en onderdrukte mense van Noord-Korea deur ons bediening ‘n verskil maak. Wees bemoedig deur hierdie mylpaal en sien uit na ‘n nuwe oes van siele.

 

Tags :
Share This :

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Category

Recent Posts

Our Magazine

Radius Magazine – Issue #2
Radius Magazine – Version #3
Radius Magazine – Issue #4