 {"id":12111,"date":"2023-05-17T11:35:43","date_gmt":"2023-05-17T09:35:43","guid":{"rendered":"https:\/\/febaradio.co.za\/?p=12111"},"modified":"2023-05-17T11:50:27","modified_gmt":"2023-05-17T09:50:27","slug":"boeke-in-n-wa","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/boeke-in-n-wa\/","title":{"rendered":"Boeke in \u2018n Wa"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\">FEBA Pakistan is toegewyd aan die verspreiding van die Goeie Nuus en die geestelike groei van hul luisteraars. Hulle bedien al sedert 1974 die nasie van 240 miljoen mense, waarvan meeste Moslem is. Met \u2018n groot verskeidenheid programme wat in verskillende tale uitgesaai word, het FEBA Pakistan hul reikwydte uitgebrei met behulp van radio- en digitale platforms. Boonop het hulle die innoverende Boekewa-projek, waarmee hulle mik om inspirerende boeke gratis te voorsien aan hul luisteraarklubs en nuwe bekeerlinge oor die hele land.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ondanks verskeie uitdagings het FEBA Pakistan \u2013 in samewerking met FEBA Suid-Afrika en FEBA UK \u2013 35 programme in nege tale ontwikkel, wat nou deur kortgolfsenders uitgesaai word. Di\u00e9 inisiatief laat hulle toe om \u2018n diverse gehoor reg oor Pakistan te bereik.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">In 2006 het FEBA Pakistan \u2018n merkwaardige tree vorentoe geneem deur FM-uitsendings in vier groot stede, oor twee provinsies, te begin. Die uitbreiding het FEBA Pakistan in staat gestel om meer by plaaslike gemeenskappe betrokke te raak en hul verkwikkende boodskappe deur \u2018n meer toeganklike platform te deel.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vandag sit FEBA Pakistan hul missie voort deur FM-uitsendings, vier dae \u2018n week, via vier sekul\u00eare stasies in die noordelike en suidelike provinsies. Elke stasie stel twee ure per dag beskikbaar vir FEBA Pakistan se programme, wat optel na agt ure van inhoud wat die lewens van talle luisteraars raak. Die uitsendings is hoofsaaklik in Urdu, Pakistan se amptelike taal, en word ook lewendig gestroom op die internet in al vier provinsies.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">In 2020 het FEBA Pakistan \u2018n gebou aangeskaf in die digbevolkte Punjab-streek, wat sowat 10 miljoen inwoners het. As gevolg van die mag wat digitale media in die moderne w\u00eareld uitoefen, het die organisasie in \u2018n nuwe studio vir video- en digitale produksie bel\u00ea. Die fasiliteit dien \u2018n dubbele doel: daar word nuwe uitsaaiers opgelei en jongmense word in mediawerk bemagtig, terwyl die boodskap van hoop en geloof gelewer word. Die studio kan egter eers ten volle benut word sodra hulle die nodige toerusting kry, waarvoor hulle nog sowat $25,000 benodig.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">FEBA Pakistan verstaan ook die belangrikheid van digitale platforms in vandag se w\u00eareld. Die span gebruik verskeie kanale, soos Facebook, \u2018n selfoontoepassing, en WhatsApp om na hul gehoor uit te reik vir \u2018n indrukwekkende ses en \u2018n half uur elke dag. Hierdie strategiese benadering verseker dat die Goeie Nuus geografiese grense oorkom en aanklank vind by mense wat geestelike leiding soek.<\/p>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\"><strong>Die Boekewa-projek<\/strong><\/h2>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Een van FEBA Pakistan se inisiatiewe wat uitstaan, is die Boekewa-projek wat in 2019 geloods is. Vir hierdie projek word \u2018n vervoerwa gelaai met honderde inspirerende en geloofbouende boeke wat gratis uitgedeel word aan luisteraarklubs en nuwe bekeerlinge reg oor die land. FEBA Pakistan beoog om persoonlike groei, dieper begrip, en samesyn onder hul luisteraars te kweek deur hierdie waardevolle hulpbronne te voorsien.<\/p>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\"><strong>Die Kweek van Geestelike Groei<\/strong><\/h2>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">FEBA Pakistan doen meer as radio-uitsendings en lektuurverspreiding; hulle bied ook gereelde seminare aan oor Bybelstudieboeke om mense wat in Christenskap belang stel meer te leer oor die geloof en om nuwe gelowiges te help op hul geestelike reis. FEBA Pakistan het ook al Bybelstudieboeke saamgestel, insluitend \u2018n in-diepte ontleding van Openbaring wat geskryf is deur \u2018n gesiene Bybelkundige in Pakistan. Di\u00e9 bronne dien as waardevolle hulpmiddels vir diegene wat \u2018n dieper begrip van die Skrif soek.<\/p>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\"><strong>Ondersteuning deur FEBA Suid-Afrika<\/strong><\/h2>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">FEBA Pakistan se impakvolle werk, insluitend die Boekewa-projek, word deurgaans ondersteun deur FEBA Suid-Afrika. Ruim skenkings het bygedra tot die druk en uitgee van elke boek teen \u2018n kosprys van sowat $10. Die samewerking tussen die twee takke beklemtoon die w\u00eareldwye poging om hoop en geloof te bring aan mense in nood.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cHierdie boeke het my lewe verander en ek verstaan die Woord nou beter.\u201d \u2013 \u2018n FEBA Pakistan-luisteraar.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">FEBA Pakistan, met sy ryk geskiedenis en verskeidenheid programme, benut voorwaar die mag van uitsaaiwerk en letterkunde met groot sukses.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Indien jy hierdie inisiatief wil ondersteun, volg gerus die skakel: https:\/\/febaradio.co.za\/donate\/<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img fetchpriority=\"high\" decoding=\"async\" width=\"768\" height=\"1024\" src=\"https:\/\/febaradio.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/05\/IMG-20220603-WA0052-768x1024.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-12105\" srcset=\"https:\/\/febaradio.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/05\/IMG-20220603-WA0052-768x1024.jpg 768w, https:\/\/febaradio.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/05\/IMG-20220603-WA0052-225x300.jpg 225w, https:\/\/febaradio.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/05\/IMG-20220603-WA0052.jpg 960w\" sizes=\"(max-width: 768px) 100vw, 768px\" \/><\/figure>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>FEBA Pakistan is toegewyd aan die verspreiding van die Goeie Nuus en die geestelike groei van hul luisteraars. Hulle bedien al sedert 1974 die nasie van 240 miljoen mense, waarvan [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":9,"featured_media":12107,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[58],"tags":[],"class_list":["post-12111","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus-afr"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/12111","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/users\/9"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=12111"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/12111\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":12112,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/12111\/revisions\/12112"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media\/12107"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=12111"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=12111"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=12111"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}