 {"id":12222,"date":"2023-06-14T20:08:36","date_gmt":"2023-06-14T18:08:36","guid":{"rendered":"https:\/\/febaradio.co.za\/?p=12222"},"modified":"2023-06-14T20:08:39","modified_gmt":"2023-06-14T18:08:39","slug":"die-boublokke-van-geloof","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/die-boublokke-van-geloof\/","title":{"rendered":"Die Boublokke van Geloof\u00a0\u00a0"},"content":{"rendered":"\n<p>Geloof is heel dikwels \u2018n uiters vae, abstrakte konsep vir mense en word kronies verkeerd verstaan deur beide gelowiges en ongelowiges. Dit sou ons baie gehelp het as ons \u2018n abstrakte konsep soos geloof soos \u2018n Lego-voorwerp kon opbreek in sy verskillende boublokke. Maar die vraag is, kan ons? Ek glo ons kan. Na my mening is die eerste ooglopende komponent van geloof:<\/p>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\"><mark style=\"background-color:rgba(0, 0, 0, 0)\" class=\"has-inline-color has-luminous-vivid-orange-color\">Kennis<\/mark><\/h2>\n\n\n\n<p>Ons moet uiteraard <em>iets<\/em> glo; daar moet \u2018n onderliggende narratief of verhaal wees waarop ons geloof gebaseer word. Daarom het elke godsdiens \u2018n teks of tradisie wat hierdie funksie vervul, en vir Christene is dit die Bybel. Paulus beskryf sy samevatting van ons onontbeerlike geloofsfeite baie kragtig in 1 Kor. 15:3-8 (Afr83) \u2013<\/p>\n\n\n\n<p><em>\u201cDie belangrikste wat ek aan julle oorgelewer het en wat ek ook ontvang het, is dit: Christus het vir ons sondes gesterf, volgens die Skrifte;\u00a0Hy is begrawe en op die derde dag opgewek, volgens die Skrifte. Hy het aan Sefas verskyn, daarna aan die twaalf, en daarna aan meer as vyf honderd broers tegelyk, van wie sommige al dood is maar die meeste nou nog lewe. Daarna het Hy aan Jakobus verskyn en toe aan al die apostels. Heel laaste het Hy ook aan my, die ontydig geborene, verskyn.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\"><mark style=\"background-color:rgba(0, 0, 0, 0)\" class=\"has-inline-color has-luminous-vivid-orange-color\">Historiese feite<\/mark><\/h2>\n\n\n\n<p>Maar om billik te wees moet ons geloofskennis gebaseer wees op historiese <em>objektiewe waarheid<\/em>. Paulus beklemtoon die kritiese belangrikheid hiervan verder in 1 Kor. 15:14-18 (Afr83) \u2013<\/p>\n\n\n\n<p><em>\u201c&#8230;as Christus nie opgewek is nie, is ons prediking sonder inhoud en julle geloof ook sonder inhoud. Verder sou dit beteken dat ons vals getuienis oor God afgel\u00ea het, omdat ons teen God in getuig het dat Hy Christus opgewek het &#8230;en as Christus nie opgewek is nie, is julle geloof waardeloos en is julle nog gevange in julle sondes. Dan is ook di\u00e9 wat in Christus gesterf het, verlore.\u201d&nbsp;<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Volgens Paulus was die enigste egte geloof \u2018n historiese geloof gebaseer op algemeen kontroleerbare feite soos die meer as 500 mense, waarvan die meerderheid wat nog gelewe het by die skrywe van sy brief, kon getuig. Geloof sonder hierdie objektiewe, historiese basis is bygeloof \u2013 bloot \u2018n idee, \u2018n filosofie of \u2018n hipotese. Maar geloof het nog komponente.<\/p>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\"><mark style=\"background-color:rgba(0, 0, 0, 0)\" class=\"has-inline-color has-luminous-vivid-orange-color\">Hoop<\/mark><\/h2>\n\n\n\n<p>Soos wat geloofskennis en -feite dui op die verlede, rig die hoop-komponent ons geloofsgedagtes op die toekoms. Hoop is die toekomsdimensie van ons geloof. Petrus beskryf dit mooi in 1 Pet 1:3-6 (Afr83) \u2013<\/p>\n\n\n\n<p><em>\u201cAan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! In sy groot ontferming het Hy ons die nuwe lewe geskenk deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood. Nou het ons &#8216;n lewende hoop&nbsp;op die onverganklike, onbesmette en onverwelklike erfenis wat in die hemel ook vir julle in bewaring gehou word.&nbsp;En omdat julle glo, word ook julle deur die krag van God veilig bewaar vir die saligheid wat reeds gereed is om aan die einde van die tyd geopenbaar te word. Verheug julle hieroor,&#8230;\u201d&nbsp;&nbsp;<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Ongelowiges verkeer gewoonlik onder die wanindruk dat \u201cgeloof\u201d net uit \u2018n <em>vae hoop<\/em> bestaan en niks meer nie. Hulle is onbewus van die historiese feitelikheid van die Christelike hoop. Vir hulle is geloof \u2018n sprong in die duisternis, terwyl dit in werklikheid \u2018n staanplek is op rotsvaste feite. Hoop is \u2018n Christen se toekomsvisie; en dis ook nie \u2018n vae, onseker, \u201ctouch wood\u201d tipe hoop nie, maar \u201c\u2018n lewende hoop\u201d, geanker in die lewende Christus. Die volgende komponent is:<\/p>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\"><mark style=\"background-color:rgba(0, 0, 0, 0)\" class=\"has-inline-color has-luminous-vivid-orange-color\">Sekerheid<\/mark><\/h2>\n\n\n\n<p>Geloof sonder sekerheid is \u2018n uitmergelende stryd, \u2018n skoot in die donker, nader verwant aan bygeloof of opinie as ware Christelike geloof. Hebre\u00ebrs 11:1 (Afr83) verduidelik die aard van ons sekerheid soos volg:<\/p>\n\n\n\n<p><em>\u201cOm te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.\u201d&nbsp;<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Om te glo, is om <em>seker<\/em> te wees&#8230;dis nie net hoop nie, dis om <em>seker<\/em> te wees van dit waarop ons <em>hoop<\/em>. Soos reeds genoem, die Christelike geloof is gebaseer op die historiese handelinge van God in Christus. Selfs militante ate\u00efste soos Richard Dawkins, outeur van die bekende boek, <em>The God Delusion<\/em>, erken dit deesdae te\u00ebsinnig.&nbsp; Die Griekse woord vir geloof in die Nuwe Testament is \u201c<em>pistis,\u201d<\/em> wat in die Griekse filosofie die godin van vertroue, betroubaarheid en eerlikheid was. Haar opponent \u201cApate,\u201d het misleiding en onbetroubaarheid verteenwoordig. Hieruit blyk dit dat die histories onderliggende konsep van geloof \u2013 selfs vanuit die heidendom \u2013 betroubaarheid, waarheid en sekerheid verteenwoordig het. Johannes bevestig die sekere wete van ons geloof in 1 Joh. 5:13-15 (AFR83) \u2013<\/p>\n\n\n\n<p><em>\u201cHierdie brief skrywe ek vir julle\u2026wat <strong><mark style=\"background-color:rgba(0, 0, 0, 0)\" class=\"has-inline-color has-luminous-vivid-orange-color\">glo<\/mark><\/strong> in die Seun van God\u2026sodat julle kan <mark style=\"background-color:rgba(0, 0, 0, 0)\" class=\"has-inline-color has-luminous-vivid-orange-color\"><strong>weet<\/strong> <\/mark>dat julle die ewige lewe het&#8230;\u201d\u00a0<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Ons<em> geloof<\/em> moet ons bring by <em>weet<\/em> \u2013 by sekerheid. Dit bring my by die laaste komponent van geloof, naamlik:<\/p>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\"><mark style=\"background-color:rgba(0, 0, 0, 0)\" class=\"has-inline-color has-luminous-vivid-orange-color\">Vertroue<\/mark><\/h2>\n\n\n\n<p>Vertroue is die teenswoordige komponent van geloof, want sekerheid maak vertroue in God van dag tot dag moontlik. Volgens die woordeboek beteken vertroue (trust) <em>\u201ca firm belief in the reliability, truth, or ability of someone or something.\u201d <\/em>Die <em>absolute kern<\/em> van Christelike geloof is <em>vertroue<\/em> \u2013 ons vertrou God want Hy het Homself histories deur die millennia as <em>betroubaar<\/em> bewys. Vertroue maak geloof vir ons <em>persoonlik<\/em>, want elkeen van ons kan God nou daagliks persoonlik vertrou in lewe en in dood. Verder maak dit my geloof ook <em>prakties<\/em>, want ek kan myself nou volkome aan Hom oorgee, myself daagliks radikaal op Hom verlaat. Hierdie tipe geloof maak ons vreesloos, sterk en veerkragtig. <em>The Message Bible<\/em> vertaal hierdie radikale oorgawe in Psalm 13:5-6, soos volg&nbsp; \u2013<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>I\u2019ve thrown myself headlong into your arms\u2014 I\u2019m celebrating your rescue. I\u2019m singing at the top of my lungs, I\u2019m so full of answered prayers.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Vertroue help jou om te verstaan dat alles in jou lewe, ongeag van hoe dit tans lyk, uiteindelik deur God bepaal word en tot jou voordeel sal strek. Paulus som dit mooi op in Rom. 8:1-2, 31, 37-39 \u2013<\/p>\n\n\n\n<p><em>\u201cDaar is dus nou geen veroordeling vir di\u00e9 wat in Christus Jesus is nie. Die wet van die Gees wat aan jou in Christus Jesus die lewe gee, het jou vrygemaak van die wet van sonde en dood. &#8230;Wat is nou ons gevolgtrekking oor al hierdie dinge? D\u00edt: God is v\u00edr ons, wie kan dan teen ons wees?&#8230; Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet. Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here\u201d.&nbsp;<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><strong><em>Ek wil jou aanmoedig om diep na te dink en te bid oor elkeen van hierdie boustene van geloof. Spandeer tyd aan elkeen, identifiseer dit in jou daaglikse lewe, sien die leemtes raak en neem stappe deur gebed en studie om elkeen te versterk. Op hierdie manier sal jy groei om sterk, veerkragtig en vreesloos te word in jou geloofswandel!<\/em><\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong><em><mark style=\"background-color:rgba(0, 0, 0, 0)\" class=\"has-inline-color has-luminous-vivid-orange-color\">GOD SE\u00cbN U RYKLIK!<\/mark><\/em><\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Dr Jurie Vermeueln, Nasionale Direkteur<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Geloof is heel dikwels \u2018n uiters vae, abstrakte konsep vir mense en word kronies verkeerd verstaan deur beide gelowiges en ongelowiges. Dit sou ons baie gehelp het as ons \u2018n [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":9,"featured_media":12220,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[66,55],"tags":[],"class_list":["post-12222","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-blog-afr","category-van-die-direkteur"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/12222","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/users\/9"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=12222"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/12222\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":12223,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/12222\/revisions\/12223"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media\/12220"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=12222"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=12222"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=12222"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}