 {"id":12224,"date":"2023-06-14T20:18:04","date_gmt":"2023-06-14T18:18:04","guid":{"rendered":"https:\/\/febaradio.co.za\/?p=12224"},"modified":"2023-06-14T20:24:03","modified_gmt":"2023-06-14T18:24:03","slug":"radio-waves-of-hope-pierce-the-war-clouds-in-ukraine","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/radio-waves-of-hope-pierce-the-war-clouds-in-ukraine\/","title":{"rendered":"Radiogolwe van Hoop Deurdring die Oorlogswolke in Oekra\u00efne"},"content":{"rendered":"\n<p>\u201cWar,\u201d sing Edwin Starr, \u201cit\u2019s an enemy to all mankind.\u201d Die oorlog tussen Rusland en die Oekra\u00efne woed al vir langer as 15 maande. Dit maak amok met die w\u00eareldekonomie en wek vrees in mense se harte.<\/p>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\"><strong><mark style=\"background-color:rgba(0, 0, 0, 0)\" class=\"has-inline-color has-luminous-vivid-orange-color\">\u2018n Nege-jaar lange Konflik<\/mark><\/strong><\/h2>\n\n\n\n<p>As jy kyk na Reuters se statistieke van die konflik, wat reeds in Februarie 2014 begin het, skets hulle \u2018n donker prentjie:<\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li>+- 62,000 sterftes<\/li>\n\n\n\n<li>+- 60,000 beseer<\/li>\n\n\n\n<li>+- 15,000 vermis<\/li>\n\n\n\n<li>+- 17 miljoen ontworteldes<\/li>\n\n\n\n<li>sowat US$411 miljard se skade aan infrastruktuur.<\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n<p>Dis maklik om hoop te verloor. Tog s\u00ea die Bybel die duisternis kon die lig nie uitdoof nie <mark style=\"background-color:rgba(0, 0, 0, 0)\" class=\"has-inline-color has-luminous-vivid-orange-color\">(Johannes 1:5)<\/mark>. Jesus het die dood oorwin <mark style=\"background-color:rgba(0, 0, 0, 0)\" class=\"has-inline-color has-luminous-vivid-orange-color\">(Openbaring 1:18)<\/mark>. FEBA Oekra\u00efne werk daaraan om hierdie goeie nuus te versprei, en hul bediening hou net aan groei.<\/p>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\"><strong><mark style=\"background-color:rgba(0, 0, 0, 0)\" class=\"has-inline-color has-luminous-vivid-orange-color\"><strong>Twee Weg, Drie By<\/strong><\/mark><\/strong><\/h2>\n\n\n\n<p>In Februarie 2022 het FEBA Oekra\u00efne sewe radiostasies reg oor die land gehad. Twee is beskadig of oorgeneem \u2013 een in die Luhansk-streek, die ander in Mar\u2019inka \u2013 en baie van die personeel moes hul wonings ontruim. In plaas van opgee, maak FEBA Oekra\u00efne toe nog drie stasies oop.<\/p>\n\n\n\n<p>Die eerste is in Zaporizhzhia, naby die kernkragstasie. \u201cDi\u00e9 radiostasie ontvang die meeste terugvoer van luisteraars,\u201d s\u00ea Dennis Akhterov, korrespondent vir FEBA Oekra\u00efne. \u201cMense is bang vir wat kan gebeur.\u201d En toe h\u00e9t daar inderdaad iets gebeur&#8230;die Nova Kakhovka-dam het op 6 Junie ineengestort en talle dorpe is oorstroom. Duisende mense moes dringend hul huise ontruim. Die dam voorsien water aan die Zaporizhzhia-kernstasie om die kernreaktor af te koel. Ons bid dat God die kernstasie en die mense sal bewaar, en dat ons span by die Zaporizhzhia-radiostasie die wysheid sal h\u00ea om te weet h\u00f3\u00e9 om luisteraars by te staan.<\/p>\n\n\n\n<p>Die tweede stasie is in Ki\u00ebf \u2013 \u2018n wonderwerk te danke aan die oorlog! Dennis s\u00ea: \u201cOns het \u2018n tydelike lisensie ontvang as gevolg van die oorlog. Dis al lank ons droom om \u2018n stasie in Ki\u00ebf te h\u00ea, maar dit was eenvoudig buite ons bereik.\u201d Die stasie kan tot vyf miljoen luisteraars in en om Ki\u00ebf bereik.<\/p>\n\n\n\n<p>Nou werk die span by FEBA Oekra\u00efne daaraan om by Ivano-Frankivsk \u2018n derde stasie aan die gang te kry. Hulle werk tans met kernpersoneel, want baie aanbieders is in die buiteland. En almal is al deur die geweld geraak.<\/p>\n\n\n\n<p>Elke lid van FEBA Oekra\u00efne het tot dusver iemand verloor, hetsy dit familie, \u2018n vriend of \u2018n pastoor is. Vadim, \u2018n vrywilliger-kapelaan van Mykolaivka, wat saam met FEBA gewerk het om radio\u2019s en kontakkaartjies uit te deel, is einde 2022 dood. Die kontakkaartjies het die nommer vir FEBA Oekra\u00efne se beradingslyn \u2013 n\u00f3g \u2018n deel van hul bediening wat aanhou groei.<\/p>\n\n\n\n<p><strong><mark style=\"background-color:rgba(0, 0, 0, 0)\" class=\"has-inline-color has-luminous-vivid-orange-color\"><strong>Om Hoop te Deel<\/strong><\/mark><\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>\u201cOns bedien vanuit daardie plek waar lyding reg langs ons is,\u201d s\u00ea Victor Akhterov, direkteur van FEBA Eurasi\u00eb. \u201cOns hoor hul stemme en ervaar hul pyn wanneer ons die liefde van Jesus met hulle deel.\u201d Hulle het onlangs \u2018n aanlyn teks-gebaseerde beradingslyn geopen. Dis veral gewild onder jongmense, wat verkies om hul vrese en behoeftes s\u00f3 te deel. Die telefoniese hulplyn het met vyf opgeleide Christen-beraders begin; nou is daar meer as 30. Die behoefte neem toe en elke dag bring hartbrekende stories en moeilike vrae.<\/p>\n\n\n\n<p>Een so \u2018n oproep was van \u2018n jong man, Konstantin. Hy het gebel nadat sy pa, broer en meisie in \u2018n stad naby hom dood is.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cEk kan nie slaap vandat ek dit gehoor het nie,\u201d het hy ges\u00ea. \u201cEk het selfs my polse probeer sny. Ek\u2019s heeltemal alleen.\u201d Die res van sy familie woon elders en hy kon net elke drie dae met hulle in aanraking kom. Terwyl die FEBA Oekra\u00efne beraders vir Konstantin van God se liefde vertel het, het hy bedaar en ges\u00ea: \u201cDis asof ek weer die grond onder my voete kan voel.\u201d Hy was verras en opgewonde om te hoor dat hy self tot God kan bid, net wanneer hy wil en in sy eie woorde! Hy het die beraders bedank vir hul hulp. \u201cJulle is die enigstes wat my oproep beantwoord het.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-text-align-center\"><strong><em><mark style=\"background-color:rgba(0, 0, 0, 0)\" class=\"has-inline-color has-luminous-vivid-orange-color\">Die Lig skyn in die duisternis. Ons dien \u2018n wonderbaarlike God!<\/mark><\/em><\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>U kan n verskil maak en &#8216;n lig in iemand se lewe wees deur die skakel te volg: <a href=\"https:\/\/febaradio.co.za\/donate\/ \">https:\/\/febaradio.co.za\/donate\/ <\/a><\/p>\n\n\n\n<p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u201cWar,\u201d sing Edwin Starr, \u201cit\u2019s an enemy to all mankind.\u201d Die oorlog tussen Rusland en die Oekra\u00efne woed al vir langer as 15 maande. Dit maak amok met die w\u00eareldekonomie [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":9,"featured_media":12225,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[58,64],"tags":[],"class_list":["post-12224","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus-afr","category-stories-en-getuienisse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/12224","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/users\/9"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=12224"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/12224\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":12229,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/12224\/revisions\/12229"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media\/12225"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=12224"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=12224"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=12224"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}