 {"id":12440,"date":"2023-08-20T17:19:13","date_gmt":"2023-08-20T15:19:13","guid":{"rendered":"https:\/\/febaradio.co.za\/?p=12440"},"modified":"2023-08-20T17:19:21","modified_gmt":"2023-08-20T15:19:21","slug":"radiobediening-in-afrika-ek-het-die-christendom-gehaat","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/radiobediening-in-afrika-ek-het-die-christendom-gehaat\/","title":{"rendered":"Radiobediening in Afrika: \u201cEk het die Christendom gehaat&#8230;\u201d"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"has-text-align-center\"><em>\u201cHoe lieflik is die voete van die wat die evangelie van vrede verkondig, van die wat die evangelie van die goeie verkondig!\u201d <\/em>(Romeine 10:15 Afr53)<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cEk het Christenskap gehaat,\u201d s\u00ea Sam Kalonjele, wat tot bekering gekom het nadat hy \u2019n Chiyao oudio-Bybel ontvang het. Hierdie gevoel is nie buitengewoon onder die Yao-mense wat langs die Malawi-meer in Mosambiek, Malawi en Tanzani\u00eb woon nie. Hulle is oorweldigend Moslem, met \u2019n versigtigheid vir Christenskap wat in hul geskiedenis gewortel is. Toe Christene die streek binnegekom en die afskaffing van slawerny voorgestaan het, het die Yao baie van die heerskappy verloor wat hulle saam met Arabiese handelaars opgebou het \u2013 \u2018n vennootskap wat daartoe gelei het dat die Yao-bevolking Islam as godsdiens aangeneem het. Intussen het Sam al 30 luisteraarklubs in en om verskeie Machinga dorpies gestig.<\/p>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\"><strong>\u201cEk wil graag h\u00falle bedank wat bid vir die verlossing van die Yao&#8230;\u201d<\/strong><\/h2>\n\n\n\n<p>S\u00f3 skryf FEBA Malawi se Direkteur, eerw. Amos Siyabu. FEBA Malawi, plaaslik bekend as Litala FM, is passievol oor hul bediening onder die Yao. Buiten vir hul FM-uitsendings, wat by \u2019n gehuurde ateljee in Blantyre vervaardig word en ook op ander netwerke uitgesaai word, versprei die span opwenradio\u2019s, Bybels, Yao-boekies en oudio-Bybels in die Yao-taal, Chiyao. Hulle stig luisteraarklubs, waar tot 50 mense bymekaar kom om saam na Litala FM se programme te luister, en saai ook via kortgolfradio uit na die Yao wat in Tanzani\u00eb woon. Litala FM se bediening sluit baie fisieke werk in. Hulle lewer radio\u2019s af in dorpies, deel Bybels en bykomende leesstof uit en doen individuele opvolgwerk met hul luisteraars. Die span het onlangs met dissipelskap-programme begin \u2013 \u2019n onderneming wat se\u00ebn en vrug dra.<\/p>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\"><strong>Oorwinnings<\/strong><\/h2>\n\n\n\n<p>Teen einde Julie het Litala FM tienduisende luisteraars oor alle platforms. Hulle het die afgelope paar maande daarin geslaag om 112 luisteraarklubs in Malawi te besoek en te stig. Hulle het ook verskeie jongmense in media en vervaardiging opgelei, waarvan sommige die opleiding in Julie voltooi het.<\/p>\n\n\n\n<p>\u2018n Span uit Blantyre het onlangs die Ngauma-distrik in Mosambiek besoek en dissipelskap-programme vir alle ouderdomme aangebied. Twintig groepe het hulself aan die taak van dissipelskap toegewy en getuig nou van God se werk in hul geledere. Een van die mans wat Christus deur so \u2019n groep ontmoet het, s\u00ea: \u201cEk dank God dat ek nou by \u2019n Bybelstudiegroep kan aansluit en terselfdertyd na Litala FM radio luister. Ek was \u2019n Moslem en geniet dit nou om \u2019n dissipel van Jesus Christus te wees.\u201d Hierdie man en sy hele gesin het Christus aanvaar deur na Litala FM se programme te luister.<\/p>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\">Beproewings<\/h2>\n\n\n\n<p>meer as 20%. Die brandstofprys neem toe, terwyl brandstof skaarser raak. Al hierdie dinge raak die FEBA Malawi-span.<\/p>\n\n\n\n<p>Sommige van die personeel is al op pad werk toe, of terug, deur boewe aangerand, buskaartjies raak duurder en hulle sukkel om die pot aan die kook te hou. Brandstof uitgawes maak dit moeilik om opvolgwerk in afgele\u00eb gebiede te doen. Boonop sukkel die span met \u2019n tekort aan hulpbronne: hulle kort meer Bybels, radio\u2019s, oudio-Bybels en materiaal vir dissipelskap-opleiding. Hulle bid ernstig vir hul eie ateljee en meer opname-toerusting, sodat hulle beter inhoud vir hul luisteraars kan vervaardig.<\/p>\n\n\n\n<p>Bogenoemde is die probleme van \u2019n dinamiese, vrugdraende bediening. Daar is geen traagheid nie. FEBA Malawi werk konstant om die oes in te bring, en hulle doen dit met dankbaarheid. Die span, soos hul luisteraars, stap elke dag \u2019n pad wat vol uitdagings is. Tog, skryf eerw. Siyabu, \u201cdoen ons span hier hul bes om luisteraars se moraal hoog te hou deur hulle die Woord van God te bied, wat hulle help om God se vertroosting deur ons uitsendings te ervaar.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>As jy hierdie wonderlike God-aangestelde werk wil ondersteun, <a href=\"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/\">klik hier<\/a>.<\/p>\n\n\n\n<p><\/p>\n\n\n\n<p>Mag God jou ryklik se\u00ebn.<\/p>\n\n\n\n<p>Dr Jurie Vermeulen<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u201cHoe lieflik is die voete van die wat die evangelie van vrede verkondig, van die wat die evangelie van die goeie verkondig!\u201d (Romeine 10:15 Afr53) \u201cEk het Christenskap gehaat,\u201d s\u00ea [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":9,"featured_media":12438,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[58],"tags":[],"class_list":["post-12440","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus-afr"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/12440","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/users\/9"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=12440"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/12440\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":12441,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/12440\/revisions\/12441"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media\/12438"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=12440"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=12440"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=12440"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}