{"id":12552,"date":"2023-09-19T08:27:39","date_gmt":"2023-09-19T06:27:39","guid":{"rendered":"https:\/\/febaradio.co.za\/?p=12552"},"modified":"2023-09-19T08:27:48","modified_gmt":"2023-09-19T06:27:48","slug":"feba-mongolie-bring-duidelikheid-oor-christenskap","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/feba-mongolie-bring-duidelikheid-oor-christenskap\/","title":{"rendered":"FEBA Mongoli\u00eb Bring Duidelikheid oor Christenskap"},"content":{"rendered":"\n
As God goed is, waarom is daar nog boosheid in die w\u00eareld? Moet \u2019n Christen ophou alkohol drink? D\u00edt is die soort vrae wat FEBA Mongoli\u00eb beoog om te antwoord in hul Factual Discussion-program, wat elke Vrydagaand op plaaslike radiostasies en Facebook Live uitgesaai word.<\/p>\n\n\n\n
Die gemiddelde uitsending duur 50-60 minute. Die span plaas korter segmente van die program op Facebook, saam met \u2018n 60-sekonde video. Tot dusver is die korter segmente al deur meer as 560,000 mense gekyk \u2013 dis omtrent 17% van Mongoli\u00eb se bevolking!<\/p>\n\n\n\n
Die Factual Discussion-program teiken beide gelowiges en nie-gelowiges. Mongoli\u00eb se samelewing en kultuur word hewig deur Boeddhisme be\u00efnvloed, en daar is baie wanpersepsies oor Christenskap. Die vrae wat in die program bespreek word, gee \u2019n aanduiding van die vals beeld wat mense het: Beplan die Christendom om die w\u00eareldbeskawing te vernietig? Sal Mongoli\u00eb nog ontwikkel indien ons in Christus glo? Gee Christene net voor dat hulle verander het? Deur middel van kort, duidelike uiteensettings streef FEBA Mongoli\u00eb daarna om sulke vooropgestelde idees reg te stel.<\/p>\n\n\n\n
\u201cDie Factual Discussion-program help mense om die evangelie beter te verstaan \u2013 wat die hoofdoel is \u2013 en om onsself teen laster te beskerm in \u2019n samelewing wat deur Boeddhisme oorheers word,\u201d s\u00ea \u2019n lid van FEBA Mongoli\u00eb se span.<\/p>\n\n\n\n
Gelowiges kan ook leer hoe om vrae oor hul geloof te beantwoord. \u201cEk gaan na \u2019n Christen-kerk toe,\u201d vertel \u2018n 54-jarige luisteraar vir FEBA Mongoli\u00eb. \u201cEk het egter besef dat ek tot vandag toe onbewus was van belangrike konsepte oor die Bybel en my geloof. God het my twyfel deur hierdie program opgeklaar. Ek kan nou mense se vrae beantwoord. Ek beveel [die program] gereeld aan vir nie-gelowiges.\u201d<\/p>\n\n\n\n
Toe FEBA Mongoli\u00eb onlangs hul Christen-luisteraars uitgevra het oor die probleme waarmee hulle te doen kry in hul geloofslewe, het 65% ges\u00ea hulle ervaar \u2019n aanhoudende behoefte om hul geloof te verdedig. Factual Discussion beoog juis om mense toe te rus sodat hulle dit kan doen, terwyl hulle ook die evangelie deel. \u2018n 30-jarige selgroepleier van Ulaanbaatar vertel die span: \u201cFactual Discussion het my al gehelp om heelwat moeilike vrae te antwoord, wat ander nie kon verduidelik nie.\u201d<\/p>\n\n\n\n
Duisende mense het die program tot nou toe op verskillende platforms gekyk, met meer as 4,000 kykers wat op Facebook Live ingeskakel het. Dit het al meer as 1,000 opmerkings ontlok. In hul terugvoer het die meerderheid luisteraars\/kykers ges\u00ea hulle verstaan Christenskap baie beter n\u00e1 die program, en dat hulle goed geleer het wat hulle in hul geloofslewe sal help. FEBA Mongoli\u00eb se span werk tans daaraan om die programinhoud aan te pas ten einde dit meer aanloklik vir jongmense te maak.<\/p>\n\n\n\n
Mag FEBA Mongoli\u00eb se programme aanhou duidelikheid bring vir luisteraars, sodat hulle hul weg in Christus kan vind.<\/p>\n\n\n\n
Totdat almal gehoor het,<\/strong>
Dr Jurie Vermeulen<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"
As God goed is, waarom is daar nog boosheid in die w\u00eareld? Moet \u2019n Christen ophou alkohol drink? D\u00edt is die soort vrae wat FEBA Mongoli\u00eb beoog om te antwoord […]<\/p>\n","protected":false},"author":10,"featured_media":12550,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[58],"tags":[],"class_list":["post-12552","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus-afr"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/12552","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/users\/10"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=12552"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/12552\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":12553,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/12552\/revisions\/12553"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media\/12550"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=12552"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=12552"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=12552"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}