 {"id":13086,"date":"2023-11-13T15:40:04","date_gmt":"2023-11-13T13:40:04","guid":{"rendered":"https:\/\/febaradio.co.za\/?p=13086"},"modified":"2023-11-13T15:40:06","modified_gmt":"2023-11-13T13:40:06","slug":"feba-tibet-om-saad-te-saai-sonder-om-op-te-gee","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/feba-tibet-om-saad-te-saai-sonder-om-op-te-gee\/","title":{"rendered":"FEBA Tibet Om saad te saai sonder om op te gee"},"content":{"rendered":"\t\t<div data-elementor-type=\"wp-post\" data-elementor-id=\"13086\" class=\"elementor elementor-13086\" data-elementor-post-type=\"post\">\n\t\t\t\t\t\t<section data-particle_enable=\"false\" data-particle-mobile-disabled=\"false\" class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-11ab04b1 elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"11ab04b1\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-381b3572\" data-id=\"381b3572\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-c85d553 elementor-widget elementor-widget-text-editor\" data-id=\"c85d553\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"text-editor.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t<p class=\"has-text-align-center\"><em>\u201cLaat ons dan nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie verslap nie, sal ons op die bestemde tyd ook die oes insamel.\u201d <\/em><em>(Galasi\u00ebrs 6:9 Afr83)<\/em><\/p><p>\u201cEk hou daarvan om na jul radioprogramme oor verskillende onderwerpe soos gesondheid en die Tibettaanse w\u00eareld te luister,\u201d skryf Tenzin*, \u2019n Tibettaanse luisteraar wat deelneem aan FEBA se Gawelyon-projek. Hierdie uitreikprojek verkondig al vir 33 jaar die evangelie van Christus aan Tibettane binne Tibet, sowel as reg oor die w\u00eareld aan die diaspora. \u201cEk geniet dit ook om na jul liedjies te luister, wat baie goed is. Hou vol met die werk wat julle doen.\u201d<\/p><p><br \/>Tibet staan bekend as \u201cdie dak van die w\u00eareld\u201d. Sy pragtige landskap spog met reusagtige berge en plato\u2019s wat so hoog is dat slegs Tibettane daar kan floreer, te danke aan \u2019n genetiese mutasie wat hulle in staat stel om gemaklik asem te haal by 4,500 meter bo seespie\u00ebl. In die skadu van hierdie skoonheid is daar egter baie pyn. Honderde duisende Tibettane het al uit hul tuisland gevlug om politieke of ekonomiese redes, en vandag is daar sowat 6,5 miljoen Tibettane reg oor die w\u00eareld versprei.<\/p><p><br \/>Die Gawelyon-projek gebruik kortgolfuitsendings om uit te reik na Tibettane en inwoners van die Himalaja-streek. Onderwerpe soos kos en voeding, voorkoming van siektes, omgewingsake, sanitasie en gesondheid word bespreek, asook die Christelike geloof. Die span saai weekliks drie 30-minuut programme in die taal van Sentraal-Tibet uit, en deel fisiese kopie\u00eb van Christelike en gesondheidsverwante lektuur aan mense uit. Hulle doen ook moeite om met luisteraars, van wie sommige in kampe woon, in verbinding te tree en hulle deur moeilike tye te ondersteun. Dwelmmisbruik onder die Tibettaanse jeug is toenemend \u2019n bron van kommer. Die Gawelyon-projek werk n\u00f3\u00fa saam met jongmense om vir hulle selfstandigheid aan te leer en met oordraagbare vaardighede toe te rus.<\/p><p><br \/>Dit is om verskeie redes \u2019n moeilike veld om te ploeg. Eerstens is Tibettaanse Boeddhisme diep in Tibettaanse kultuur verweef; tweedens bring China se teenwoordigheid baie van dieselfde inperkings wat Christene in China mee te doen kry; en derdens het Tibet se dekade-lange stryd vir onafhanklikheid baie van sy mense met diepgesetelde trauma gelaat. Dit kan dikwels moeilik wees vir FEBA se mense, wat saad moet saai sonder enige teken van groei vir lang tye. Daarom is dit vir hulle altyd bemoedigend om van luisteraars te hoor, en hoewel dit stadig mag voel, is daar groei: die span het in die afgelope jaar 75 nuwe kontakte by hul databasis gevoeg!<\/p><p><br \/>\u201cOns hou dit altyd in gedagte dat ons die Goeie Nuus met soveel as moontlik mense moet deel,\u201d s\u00ea een van FEBA se spanlede, \u201csodat baie mense ons Redder, Jesus, mag leer ken en vertrou. Die saad wat ons plant is nie maklik nie, die grond is hard, maar ons word bemoedig deur die belofte dat die saad in God se tyd sal groei en vrug dra.\u201d<\/p><p>Vir meer inligting oor FEBA, besoek gerus www.febaradio.co.za of kontak ons kantoor by <a href=\"https:\/\/www.google.com\/search?q=feba+radio+south+africa&amp;oq=feb&amp;gs_lcrp=EgZjaHJvbWUqBggBEEUYOzIGCAAQRRg8MgYIARBFGDsyBggCEEUYOTINCAMQABiDARixAxiABDINCAQQABiDARixAxiABDIHCAUQABiABDIHCAYQABiABDIGCAcQRRg8MgYICBBFGDzSAQgyNjU5ajBqMagCALACAA&amp;sourceid=chrome&amp;ie=UTF-8#\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">012 335 5708<\/a>.<\/p><p><strong>Totdat almal gehoor het,<\/strong><br \/>Dr Jurie Vermeulen<\/p>\t\t\t\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u201cLaat ons dan nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie verslap nie, sal ons op die bestemde tyd ook die oes insamel.\u201d (Galasi\u00ebrs 6:9 Afr83) [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":9,"featured_media":13090,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[58],"tags":[],"class_list":["post-13086","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus-afr"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/13086","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/users\/9"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=13086"}],"version-history":[{"count":7,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/13086\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":13098,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/13086\/revisions\/13098"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media\/13090"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=13086"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=13086"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=13086"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}