 {"id":13199,"date":"2023-12-11T12:12:18","date_gmt":"2023-12-11T10:12:18","guid":{"rendered":"https:\/\/febaradio.co.za\/?p=13199"},"modified":"2023-12-11T12:13:40","modified_gmt":"2023-12-11T10:13:40","slug":"feba-oekraine-om-vrede-in-die-storm-te-vind","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/feba-oekraine-om-vrede-in-die-storm-te-vind\/","title":{"rendered":"FEBA Oekra\u00efne Om Vrede in die Storm te Vind"},"content":{"rendered":"\t\t<div data-elementor-type=\"wp-post\" data-elementor-id=\"13199\" class=\"elementor elementor-13199\" data-elementor-post-type=\"post\">\n\t\t\t\t\t\t<section data-particle_enable=\"false\" data-particle-mobile-disabled=\"false\" class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-11ab04b1 elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"11ab04b1\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-381b3572\" data-id=\"381b3572\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-c85d553 elementor-widget elementor-widget-text-editor\" data-id=\"c85d553\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"text-editor.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t<p class=\"MsoNormal\"><span lang=\"AF\">\u201cMy stad het\nswaar gely tydens die oorlog, dit bestaan tans skaars,\u201d het Ivan vir FEBA\nOekra\u00efne vertel toe hy die hulplyn geskakel het. Ivan is \u2019n nuwe luisteraar,\neen van die miljoene mense wat vasgevang is in die fisiese en figuurlike storms\nwat in Oekra\u00efne en Rusland woed. \u201cMy vrou het pas vir my ges\u00ea sy wil skei; my\nma is oorlede terwyl sy oorsee was &#8230; en nou versorg ek my siek pa.\u201d Ivan het nog\nnooit die Bybel gelees nie. Hy was nie eers seker of God werklik bestaan nie.\nMaar toe FEBA se berader saam met hom bid, het Ivan in trane uitgebars en\ndankie ges\u00ea.<o:p><\/o:p><\/span><\/p><p class=\"MsoNormal\"><b><span lang=\"AF\">Storms van\nverwoesting<o:p><\/o:p><\/span><\/b><\/p><p class=\"MsoNormal\"><span lang=\"AF\">Die naderende\nwinter in die Noordelike Halfrond het erge storms in Oekra\u00efne en die suide van\nRusland tot gevolg. Die BBC berig dat geweldige wind, re\u00ebn en sneeustorms meer\nas 2,000 Oekra\u00efnse dorpies en sowat twee miljoene mense in Rusland sonder krag\ngelaat het. Minstens 14 mense is reeds dood. Donetsk, Zaporizhzhia en Kyiv, drie\nvan die streke waar FEBA Oekra\u00efne uitsaai, is sleg getref. <o:p><\/o:p><\/span><\/p><p class=\"MsoNormal\"><span lang=\"AF\">Dit kom op \u2018n\ntydstip waar die oorlog tussen Rusland en Oekra\u00efne al vir byna twee jaar lank\nduur. Daar was die afgelope maande al hoe meer \u2013 en swaarder \u2013 aanvalle van\nalbei kante, wat die Oekra\u00efne met \u2019n verswakte kragnetwerk laat aan die begin\nvan die koue maande.<o:p><\/o:p><\/span><\/p><p class=\"MsoNormal\"><span lang=\"AF\">FEBA Oekra\u00efne is\nnie immuun teen die storms nie. Sommige spanlede is in groter stede, terwyl\nander oorsee bly, maar almal het al verliese gely en moet ontbering ter wille\nvan die Goeie Nuus verduur. Van ons omroepers se geboue is al gebombardeer en\nhoewel die mense genadiglik nie beseer is nie, het die spanne na die tyd aan\nskok gely. Baie van FEBA Oekra\u00efne se manlike aanbieders is opgeroep weermag\ntoe, waar verskeie op die front as kapelane dien. Hulle het slegs nou en dan\nkontak met hul gesinne, wat ver weg is. <o:p><\/o:p><\/span><\/p><p class=\"MsoNormal\"><b><span lang=\"AF\">\u2019n Redder wat\nstorms stilmaak<o:p><\/o:p><\/span><\/b><\/p><p class=\"MsoNormal\"><span lang=\"AF\">Dit is maklik om,\nsoos Ivan, hopeloos te voel.<o:p><\/o:p><\/span><\/p><p class=\"MsoNormal\"><span lang=\"AF\">Tog lees ons in\nPsalm 107:29 (Afr20): \u201cHy het die storm stil gemaak en die golwe het bedaar.\u201d\nJesus het te midde van \u2019n onstuimige see geslaap en wakker geword om die wind\nen golwe te kalmeer toe Sy dissipels bang geword het (Lukas 8:24).<o:p><\/o:p><\/span><\/p><p class=\"MsoNormal\"><span lang=\"AF\">Dit is waarom\nFEBA Oekra\u00efne aanhou om God se Woord met hul luisteraars te deel, sodat hulle\nhoop en bemoediging in die Goeie Nuus kan vind. Aanbieders maak kontak met\nmense soos Ivan, luister na hul stories en bid saam met hulle. En God werk waar\ndie storms die hewigste is. Die Zaporizhzhia-streek, wat in Junie vanjaar erge\nvloede beleef het nadat die Nova Kakhovka dam ineengestort het, het onlangs die\nteiken van meer missiel-aanvalle geword. Die kernkragstasie is tans onder\nRussiese beheer. Tog het God vir FEBA Oekra\u00efne deure oopgemaak om \u2019n\nradiostasie hier te vestig te midde van die oorlog! Dit het intussen een van\ndie streke geword wat die meeste terugvoer gee. Die Ivano-Frankivsk stasie, wat\n\u2019n paar maande gelede geopen het, ontvang ook meer terugvoer van hul\nluisteraars, wat duisende binnelandse vlugtelinge insluit.<o:p><\/o:p><\/span><\/p><p class=\"MsoNormal\"><span lang=\"AF\">Selfs soldate\nsoek hulp by FEBA Oekra\u00efne se beradingslyn. Danylo, \u2018n jong soldaat, het FEBA\ngeskakel omdat hy selfdoodgedagtes gehad het. Hoewel hy \u2019n Boeddhis was, het hy\ningestem om saam met die Christen-berader te bid. Na die tyd het hy \u201camen\u201d ges\u00ea\nen in trane uitgebars. <o:p><\/o:p><\/span><\/p><p class=\"MsoNormal\"><span lang=\"AF\">Terwyl ons nou\nvoorberei om die geboorte van die Vredevors te vier, kom ons bid vir die mense van\nOekra\u00efne en Rusland, wat vasgevang is in hierdie geweldige storms en desperaat\nop soek is na \u2019n Lig om hulle te lei. <o:p><\/o:p><\/span><\/p><p class=\"has-text-align-center\">\n\n\n\n\n\n\n\n\n\n\n\n\n\n\n\n\n\n\n\n\n\n<\/p><p class=\"MsoNormal\"><span lang=\"AF\">Besoek gerus <\/span><a href=\"https:\/\/febaradio.co.za\/\"><span lang=\"AF\">www.febaradio.co.za<\/span><\/a><span lang=\"AF\"> vir meer inligting.<o:p><\/o:p><\/span><\/p>\n<p><strong>Totdat almal gehoor het,<\/strong><br>Dr Jurie Vermeulen<\/p>\t\t\t\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u201cMy stad het swaar gely tydens die oorlog, dit bestaan tans skaars,\u201d het Ivan vir FEBA Oekra\u00efne vertel toe hy die hulplyn geskakel het. Ivan is \u2019n nuwe luisteraar, een [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":9,"featured_media":13202,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[58],"tags":[],"class_list":["post-13199","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus-afr"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/13199","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/users\/9"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=13199"}],"version-history":[{"count":4,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/13199\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":13209,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/13199\/revisions\/13209"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media\/13202"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=13199"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=13199"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=13199"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}