 {"id":13330,"date":"2024-01-09T15:25:14","date_gmt":"2024-01-09T13:25:14","guid":{"rendered":"https:\/\/febaradio.co.za\/?p=13330"},"modified":"2024-01-09T15:25:15","modified_gmt":"2024-01-09T13:25:15","slug":"aangewys-as-mees-invloedryke-christen-radiostasie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/aangewys-as-mees-invloedryke-christen-radiostasie\/","title":{"rendered":"FEBA Indonesi\u00eb Aangewys As Mees Invloedryke Christen-radiostasie"},"content":{"rendered":"\t\t<div data-elementor-type=\"wp-post\" data-elementor-id=\"13330\" class=\"elementor elementor-13330\" data-elementor-post-type=\"post\">\n\t\t\t\t\t\t<section data-particle_enable=\"false\" data-particle-mobile-disabled=\"false\" class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-11ab04b1 elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"11ab04b1\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-381b3572\" data-id=\"381b3572\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-c85d553 elementor-widget elementor-widget-text-editor\" data-id=\"c85d553\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"text-editor.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t<p>\u201cLoof God vir 54 jaar se se\u00ebn en voorsiening vir Yaski en 25 jaar vir Heartline 100.6 FM!\u201d Yaski is FEBA Indonesi\u00eb se humanit\u00eare tak \u2013 sommige mense ken FEBA Indonesi\u00eb as Yaski \u2013 en Heartline Radio is hul hoof radiostasie. In November 2023 het FEBA Indonesi\u00eb albei hierdie mylpale gevier saam met al die personeel en 300 luisteraars vanaf kerke, skole en besigheidsmanne wat die radiobediening ondersteun.<\/p><p>\u2019n Verteenwoordiger van FEBA Indonesi\u00eb deel die volgende: \u201cDie tema van Yaski se 54<sup>ste<\/sup> verjaardagherdenking is: \u2018<em>Reconnect, Realign, Restart<\/em>\u2019. Dit verwys na die manier waarop Yaski en Heartline hul luisteraars, vennote en gemeenskappe n\u00e1 die pandemie genooi het om weer hande te vat en iets nuuts te begin doen om die Goeie Nuus reg oor Indonesi\u00eb te versprei.\u201d<\/p><p class=\"MsoNormal\"><b><span lang=\"AF\">&#8216;n Eiland-nasie<\/span><\/b><\/p><p>Met sowat 17,508 eilande en meer as 277 miljoen mense, is Indonesi\u00eb die w\u00eareld se grootste eilandgroep wat deel vorm van \u2019n enkele staat, asook die vierde digste bevolkte land. Dit is ook die land met die grootste Moslembevolking ter w\u00eareld, met ongeveer 87% van mense wat Islam aanhang. Hoewel die regering godsdiensvryheid amptelik ondersteun, is Indonesi\u00eb volgens Geopende Deure se W\u00eareldwaarnemingslys, steeds onder die top 50 lande waar Christene die meeste vervolg word.<\/p><p class=\"MsoNormal\"><b><span lang=\"AF\">FEBA tussen ander radiostatsies<\/span><\/b><\/p><p>Volgens <em>World Radio Map <\/em>(worldradiomap.com) is daar meer as 1,900 radiostasies reg oor die Indonesiese eilandgroep. FEBA bedryf sewe stasies, maar sy trefkrag is baie wyer te danke aan die M.O.R.E.-projek (<em>Mission Outreach Radio Expansion<\/em>), waarvolgens FEBA lugtyd by ander radiostasies koop, of selfs programme gratis aanbied, sodat dit uitgesaai kan word. Danksy M.O.R.E. werk FEBA Indonesi\u00eb tans saam met 125 radiostasies om die Goeie Nuus dwarsdeur die land te versprei!<\/p><p>Verder het FEBA Indonesi\u00eb se Heartline Radio in 2023 sy 25ste bestaansjaar met verskeie toekennings gevier. By die KPID Toekenningseremonie, het die KPID (Provinsiale Uitsaaikorporasie van Indonesi\u00eb) vir Heartline Radio met toekennings in die kategorie\u00eb vir Beste Geselsprogram en Gunsteling Aanbieder beloon. Radio Heartline FM Jakarta het ook \u2019n toekenning by <em>RuangMenulis.Id<\/em>, \u2019n gemeenskap van skrywers, ontvang vir hul rol in die bevordering van geletterdheid in Indonesi\u00eb.<\/p><p>\u201cOns glo dat geletterdheid die sleutel is wat \u2019n w\u00eareld van kennis kan oopsluit,\u201d het FEBA Indonesi\u00eb in reaksie op die toekenning ges\u00ea. \u201cHeartline Radio is ook daaraan toegewyd om \u2019n lojale medewerker in die land se strewe na geletterdheid te wees. Prys God!\u201d<\/p><p>FEBA Indonesi\u00eb het \u2019n Tolerance Radiotoekenning gekry vir hul pogings om verdraagsaamheid tussen godsdiensgemeenskappe te bevorder. Hulle is boonop benoem as een van die top vyf kindervriendelike stasies uit meer as 120 ander. Daarom is dit waarskynlik geen verrassing dat PEWARNA (Vereniging vir Christen Joernaliste) Heartline Radio as die Mees Invloedryke Christelike Radiostasie aangewys het nie.<\/p><p class=\"MsoNormal\"><span lang=\"AF\">Besoek gerus <\/span><a href=\"https:\/\/febaradio.co.za\/\"><span lang=\"AF\">www.febaradio.co.za<\/span><\/a><span lang=\"AF\"> vir meer inligting.<\/span><\/p><p><strong>Totdat almal gehoor het,<\/strong><br \/>Dr Jurie Vermeulen<\/p>\t\t\t\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u201cLoof God vir 54 jaar se se\u00ebn en voorsiening vir Yaski en 25 jaar vir Heartline 100.6 FM!\u201d Yaski is FEBA Indonesi\u00eb se humanit\u00eare tak \u2013 sommige mense ken FEBA [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":9,"featured_media":13333,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[58],"tags":[],"class_list":["post-13330","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus-afr"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/13330","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/users\/9"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=13330"}],"version-history":[{"count":4,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/13330\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":13339,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/13330\/revisions\/13339"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media\/13333"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=13330"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=13330"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=13330"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}