 {"id":13372,"date":"2023-11-11T08:45:17","date_gmt":"2023-11-11T06:45:17","guid":{"rendered":"https:\/\/febaradio.co.za\/?p=13372"},"modified":"2024-01-11T08:52:07","modified_gmt":"2024-01-11T06:52:07","slug":"verras-deur-liefde","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/verras-deur-liefde\/","title":{"rendered":"Verras deur liefde"},"content":{"rendered":"<style><\/style>\t\t<div data-elementor-type=\"wp-post\" data-elementor-id=\"13372\" class=\"elementor elementor-13372\" data-elementor-post-type=\"post\">\n\t\t\t\t\t\t<section data-particle_enable=\"false\" data-particle-mobile-disabled=\"false\" class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-7c4dbaa6 elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"7c4dbaa6\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-22e2f77\" data-id=\"22e2f77\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-786fd533 elementor-widget elementor-widget-text-editor\" data-id=\"786fd533\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"text-editor.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t<p class=\"MsoNormal\">Jare gelede het ek \u2018n baie kort, helder droom gehad. Ek droom dat \u2019n vriend na my toe kom met \u2019n direkte boodskap van God: \u201cJurie, jy moet nooit daaraan twyfel dat jy baie spesiaal is en dat ek jou baie liefhet nie.\u201d Ek het wakker geskrik en gewonder wat die droom sou beteken. Hoekom is ek so spesiaal en geliefd dat die Here dit nodig sou ag om die boodskap op so \u2018n direkte manier aan my oor te dra? Ek het jare daaroor loop en wonder, tot ek eendag besef het: alle mense is spesiaal en geliefd! God het nie witbroodjies nie. Ons is almal so uitermate geliefd en spesiaal omdat Hy ons elkeen persoonlik geskep het \u2013 presies soos Hy ons wou h\u00ea, na sy beeld en gelykenis. Ons is afbeeldings van Hom, verteenwoordigers van Homself hier op die aarde.<\/p><p>In die ewigheid, millennia voordat ons gebore was, het elkeen van ons begin as \u2019n gedagte van liefde in God se gemoed. Hy het ons persoonlik uitgedink, ontwerp, en toe die tyd aanbreek, kunstig aanmekaar geweef in die moederskoot! Bishop Brannon s\u00ea dit goed: \u201cWe were loved into being.\u201d Elkeen lyk fisies presies soos ons beplan is, insluitend ons temperamente, persoonlikhede, talente, gawes en vermo\u00ebns. Elkeen van ons is gebore op presies die regte tyd wat God bestem het met die gedagte dat ons, net soos Dawid van ouds, God se plan en doelwitte in ons generasie sal vervul (Hand. 13:36).<\/p><p>God het jou liefgehad met \u2018n brandende passie lank voordat jy een goeie daad in jou lewe gedoen het \u2013 nog lank voordat jy gebore is en in Hom kon glo! Dis presies wat Paulus skryf in Rom. 5 vers 8: \u201cMaar God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.\u201d Ook Johannes, die apostel van liefde, beaam dit: \u201cOns het Hom lief, omdat Hy ons eerste liefgehad het\u201d (1 Joh. 4:19).<\/p><p>Johannes 3:16 s\u00ea: \u201cWant so lief het God die w\u00eareld gehad dat Hy sy eniggebore Seun gestuur het&#8230;\u201d Ons verdraai dit egter in ons denke dat dit eerder beteken: \u201cWant so gefrustreerd en raadop was God met die w\u00eareld (met ons), dat hy sy eniggebore Seun gestuur het&#8230;\u201d Daar is \u2019n lewensveranderende en bevrydende waarheid wat elkeen op aarde veronderstel is om te ontdek: God het elkeen van ons <em>onvoorwaardelik<\/em> lief, met sy hele hart \u2013 asof elkeen van ons die enigste mens op aarde is! God se liefde is skokkend vreemd; hoe kan Hy onvolmaakte mense soos ons onvoorwaardelik passievol liefh\u00ea? Die Engelse woordeboek definieer \u201cunconditional\u201d soos volg: \u201cwithout conditions or limitations.\u201d God se <em>onvoorwaardelike liefde<\/em> is die oorsprong van alles en ons ganse lewens is bloot ons antwoord daarop.<\/p><p>Hoe groot is hierdie onvoorwaardelike liefde? Luister na Jesus waar Hy tot sy Vader bid: \u201cEk in hulle en U in My, sodat hulle volkome een kan wees, sodat die w\u00eareld kan weet dat U My gestuur het en hulle liefhet net soos U My liefhet\u201d (Joh. 17:23). Anders gestel, die Vader het elkeen van ons lief net soos Hy Jesus liefhet \u2013 dieselfde liefde wat die Drie-eenheid saambind, verbind ons aan God. Laat d\u00edt insink! Mense wat naby-doodse ervarings beleef het, getuig byna sonder uitsondering hoe hulle onkant gevang is deur die absolute oorweldigende en onbeskryflike liefde wat hulle in die geestelike dimensie ervaar het. Meeste van hulle ly aan skok en depressie vir lang tye wanneer hulle afgesny word daarvan en weer moet probeer leef in hierdie gebroke w\u00eareld.<\/p><p>Jy is veel meer werd as wat jy dink. Enigiets is mos soveel werd as die prys wat daarvoor betaal is. Jy is gekoop met die kosbare bloed van die Lam &#8230; met God se eie lewe (1 Pet. 1:19)! Iemand het geskryf: \u201cas ons liefde van \u2019n engel wegneem, bly daar \u2019n demoon oor, maar wanneer ons liefde van God wegneem, bly daar niks oor nie, want <em>God is liefde<\/em>.\u201d Johannes verwoord dit soos volg: \u201cWie nie liefhet nie, het geen kennis van God nie, want God is liefde.\u201d (1 Joh. 4:8).<\/p><p>Hoe weet ons wanneer ons God se liefde begin verstaan? Wanneer ons begin veilig voel by God. Dis skokkend, maar waar \u2013 ons kerke is vol van Christene wat glad nie veilig voel by God nie. Hulle voel onwaardig, veroordeeld en skuldig. Hulle dien God meestal uit vrees vir die hel. Dit terwyl die waarheid nie m\u00e9\u00e9r die teenoorgestelde kan wees nie. Johannes skryf: \u201cWaar liefde is, is daar geen vrees nie, maar volmaakte liefde verdryf vrees, want vrees verwag straf, en wie nog vrees, het nie volmaakte liefde nie\u201d (1 Joh. 4:18).<\/p><p>Hierdie onvoorwaardelik passievolle liefde van God word grafies ge\u00efllustreer in Jesus se gelykenis van die verlore seun, wat daarop aangedring het dat sy pa vir hom sy erflating gee nog voordat sy pa dood was. Sy pa het in sy pad gestaan na \u2018n lewe van plesier. Met sy dade het hy eintlik ges\u00ea: \u201cHoekom lewe jy nog steeds? Ek wens jy was dood sodat ek my lewe kan geniet met dit waarvoor jy jou lewe lank geswoeg het.\u201d Wat \u2018n verwende, ondankbare skepsel \u2013 hy kort eintlik \u2018n taai klap! In Engels praat ons van \u201centitled.\u201d<\/p><p>In Lukas 15 beskryf Jesus hoe die pa toegee en die seun alles uitmors op wyn, vroue en plesier, totdat hy in vodde as varkwagter smag om net die varkpeule te kan eet. Ons ken die verhaal: hy kom tot sy sinne en besluit om terug te gaan, te smeek vir vergifnis, en om net tussen sy pa se slawe te mag bly en te werk vir die res van sy misrabele lewe. Jesus teken egter vir ons \u2018n ongekende, skokkende prentjie van God die Vader se onvoorwaardelike liefde: \u201cToe hy nog ver aankom, het sy pa hom al gesien en hom innig jammer gekry. Hy hardloop hom tegemoet, omhels hom en soen hom. 21 Toe s\u00ea die seun vir hom: &#8216;Pa, ek het teen God en teen Pa gesondig. Ek is nie meer werd om Pa se seun genoem te word nie.&#8217; 22 Maar sy pa roep sy werksmense: &#8216;Maak gou! Bring klere, die beste, en trek dit vir hom aan; sit vir hom &#8216;n ring aan sy vinger en trek vir hom skoene aan! 23 En bring die vetgemaakte kalf, slag hom, en laat ons eet en feesvier! 24 Hierdie seun van my was dood, en hy lewe weer; hy was verlore, en ek het hom teruggekry\u2019\u201d (Lukas 15: 20-24).<\/p><p>Die pa (God) sien die seun van ver af aankom, want hy het gestaan en wag vir die klein nikswerd! Verder luister hy nie eers na die wegloopkind se storie nie, hy ignoreer dit volkome en gee dadelik opdragte om sy seun in al die voorregte as deel van sy familie te herstel. Hier is baie stof tot nadenke.<\/p><p>Die waarheid dat God onvoorwaardelike, passievolle liefde is, maak dit vir jou en my moontlik om sonder vrees te leef. Dit maak ons vry van alle minderwaardigheid, twyfel en vrees. Nooit weer kan jy twyfel wanneer jy bid nie, of kan jy twyfel dat jy deel van God is nie. Wanneer jy uiteindelik besef dat jy so geliefd en bekend is in die hemel dat jy werklik veilig kan voel by God, kan jy nooit weer dieselfde wees nie. Moenie jou kort tydjie hier op aarde mors deur te twyfel aan God se liefde vir jou nie!<\/p>\t\t\t\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Jare gelede het ek \u2018n baie kort, helder droom gehad. Ek droom dat \u2019n vriend na my toe kom met \u2019n direkte boodskap van God: \u201cJurie, jy moet nooit daaraan [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":9,"featured_media":13368,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[66,55],"tags":[],"class_list":["post-13372","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-blog-afr","category-van-die-direkteur"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/13372","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/users\/9"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=13372"}],"version-history":[{"count":4,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/13372\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":13376,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/13372\/revisions\/13376"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media\/13368"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=13372"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=13372"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=13372"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}