 {"id":13538,"date":"2024-02-07T15:27:35","date_gmt":"2024-02-07T13:27:35","guid":{"rendered":"https:\/\/febaradio.co.za\/?p=13538"},"modified":"2024-04-02T14:37:43","modified_gmt":"2024-04-02T12:37:43","slug":"the-times-they-are-a-changing","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/the-times-they-are-a-changing\/","title":{"rendered":"The times they are a-changing"},"content":{"rendered":"\t\t<div data-elementor-type=\"wp-post\" data-elementor-id=\"13538\" class=\"elementor elementor-13538\" data-elementor-post-type=\"post\">\n\t\t\t\t\t\t<section data-particle_enable=\"false\" data-particle-mobile-disabled=\"false\" class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-7c4dbaa6 elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"7c4dbaa6\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-22e2f77\" data-id=\"22e2f77\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-786fd533 elementor-widget elementor-widget-text-editor\" data-id=\"786fd533\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"text-editor.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t<p><em>deur Dr Jurie Vermeulen<\/em><\/p><p>Hierdie bekende woorde, vir die eerste keer in 1964 deur Bob Dylan gesing, bly in 2024 meer relevant as ooit. Vir di\u00e9 van ons in die media-bediening is \u2018n begrip van die tyd waarin ons leef en \u2018n afwagting op die toekoms, kritiese vaardighede as ons relevant wil bly in die w\u00eareld wat ons deur ons radio-uitsendings help vorm. Daar staan immers geskryf: \u201c<em>Iemand is wys wanneer hy die lewe wil verstaan<\/em>\u201d (Spreuke 14:8 Die Boodskap).<\/p><p>Om insig in die toekoms te h\u00ea, hou groot voordeel in. Dink aan Dani\u00ebl, wat roem en reuse invloed verwerf het bloot omdat hy koning Nebukadnesar se droom van die groot standbeeld wat die toekoms openbaar, kon uitl\u00ea (Dan. 2). Josef in Egipte is nog \u2018n duidelike illustrasie van hoe waardevol so \u2018n gawe en vaardigheid is. \u2018n Vriend van my het sagteware-kode geskryf om handel dryf op finansi\u00eble platforms te outomatiseer. Deur sy kode aan te pas om slegs 5 minute in die toekoms in te kyk \u2013 terwyl dit deurlopend teen historiese data getoets word \u2013 het sy program binne \u2018n oogwink reusagtige wins gemaak! Dit illustreer net die potensi\u00eble voordeel daaraan verbonde om insig in die toekoms te h\u00ea en \u201cdie tye te verstaan\u201d, soos die Issaskar-stam, \u201c<em>die mense wat die tekens van die tye verstaan het en geweet het wat Israel te doen staan<\/em>\u201d (1 Kron. 12:32 Afr83). Jim Hinojosa skryf dat die w\u00eareld op \u2018n baan van \u201chyperchange\u201d is, maar wat presies moet ons probeer verstaan en verwag?<\/p><h2>Kunsmatige Intelligensie<\/h2><p>Ons begin met hierdie element omdat dit soveel van die w\u00eareld se \u201chyperchange\u201d dryf. Kenners meen dat ons teen die jaar 2100 nie net 76 jaar se veranderings sou beleef het van vandag af nie, maar duisende jare, vergeleke met die huidige tempo. Stapsgewyse vooruitgang in tegnologie \u2013 die ontdekking van vuur, die ontwikkeling van die wiel, papier, die drukpers, stoomenjins, vliegtuie, rekenaars, of die internet \u2013 lei altyd tot kwantum spronge in sosiale verandering, m.a.w. \u201chyperchange\u201d. Die beperkte kunsmatige intelligensie (KI) wat ons tans gebruik, het reeds tot reuse deurbrake in verskeie velde gelei. Een van die mediese w\u00eareld se heilige grale \u2013 die vermo\u00eb om 200 miljoen verskillende prote\u00efen-vou prosesse in biologiese selle te verstaan \u2013 is blitsvinnig deur die DeepMind algoritme opgelos. Dis net een voorbeeld van \u2018n mediese deurbraak wat vantevore onmoontlik geag is. Binnekort gaan meer gesofistikeerde KI-algoritmes, spesifiek aangepas vir ons as individue, nog meer impak op ons lewens h\u00ea. As ons denkleiers soos Elon Musk, Sam Altman en Yuval Harari kan glo, is ons op die punt van nog \u2018n kwantum sprong, met KI en later KAI (Kunsmatige Algemene Intelligensie) wat op die w\u00eareld losgelaat gaan word. KAI kan in iets meer outonoom ontaard en sy pad in elke hoekie van ons lewens in kodeer. Maar moenie paniekerig raak nie. Dis te maklik om in die lokval van katastrofiese denke te trap.<\/p><p>Soos hierbo gesinspeel is, bring KI baie voordele. Hoewel die werksplek gaan verander en sommige poste verdwyn omdat hulle deur KI oorgeneem word (dink aan kodering en robotika), sal nuwe poste ontstaan waarin mense onvervangbaar is. Dis belangrik om te verstaan dat werknemers wat KI gebruik, die plek sal neem van di\u00e9 wat dit nie doen nie. Dieselfde geld vir maatskappye, want \u201cslim\u201d maatskappye gaan \u201cdom\u201d maatskappye spoedig uit die mark druk. Strategie gaan minder te doen h\u00ea met beplanning en meer met die vermo\u00eb om beter as jou kompetisie te presteer. Dit is waar KI sal uitblink \u2013 dit sal maatskappye op die voorpunt plaas met doeltreffendheid, impak en wins \u2013 baie soos die voordeel wat Josef se wysheid vir Egipte gegee het, of Dani\u00ebl s\u2019n vir Babilon sowat 2,700 jaar gelede. Ons moet eenvoudig onsself posisioneer om elke nuwe geleentheid wat oor ons pad kom, ten volle te benut.<\/p><h2>Menslike Kuborge en Genetiese Mutante<\/h2><p>Elke mens wat een van die 8 miljard aktiewe slimfone op ons planeet gebruik, is reeds digitaal versterk. As tegnologie-maatskappye hulle sin kry, kan slimfoonfunksies deel word van baie mense se anatomie \u2013 moontlik binne die volgende vyf tot tien jaar \u2013 deur direk met ons breine verbind te word deur \u2018n brein-rekenaar koppeling (<em>interface<\/em>). Neuralink in die VSA is een van \u2018n klompie maatskappye wat reeds menslike proewe doen. Mense met di\u00e9 koppelings sal die internet kan gebruik met soekresultate wat regstreeks op hul retinas verskyn. Genetiese modifikasie kan die mensdom ook laat ontaard as dit nie streng gereguleer word nie.<\/p><h2>Politiek<\/h2><p>Futuriste stem ooreen dat die dae van relatiewe politieke kalmte wat WW2 gevolg het, verby is. Soos ons nader aan die 2030s beweeg, sal ons toenemende globale polarisasie met verskillende alliansies sien: Westelike-, Asiese-, Oostelike-, Arabiese- en Suidelike alliansies. Dit gaan nie waterdigte verdelings wees nie, maar vloeibaar en oorvleuelend, met lande wat verdragte sluit en verlaat soos dit hulle bevoordeel. Politieke polarisasie, spanning en verdeeldheid sal na verwagting vermeerder, wat tot nog meer oorlo\u00eb binne die volgende dekade sal lei en moontlik op die groot een sal uitloop \u2026 waarna die w\u00eareld dalk gereed sal wees om \u2018n indrukwekkende politieke \u201credder\u201d te aanvaar wat o\u00ebnskynlike vrede en voorspoed inlei. Byna volkome beheer van al die w\u00eareld se stelsels kan moontlik raak met 6G, wat eksponensie\u00ebl vinniger is as ons huidige 5G, en waarskynlik teen 2030 kommersie\u00ebl beskikbaar sal wees. En, ongelukkig, voorsien kenners ook dat nog pandemies ons reeds geteisterde w\u00eareldbevolking in die toekoms gaan tref.\u00a0 \u00a0<\/p><h2>Finansies<\/h2><p>Fisiese geld \u2013 die dollar, pond, euro en ander <em>fiat<\/em>-geld \u2013 sal na verwagting in die volgende tien jaar uitgefaseer word. Kripto- en digitale geldeenhede sal hulle vervang en alle w\u00eareldhandel en transaksies sal digitaal geskied. Omdat banke en regerings tans die meeste voordeel trek uit die <em>status quo, <\/em>sal hulle waarskynlik veg om beheer van die globale geldvloei te behou, wat \u2018n tyd van finansi\u00eble onstabiliteit tot gevolg kan h\u00ea totdat dinge in plek val. Of ons nou saamstem of nie, glo miljoene Christene dat hierdie verwikkelinge die weg baan vir Openbaring 13:17 om vervul te word: \u201c<em>\u2026sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het<\/em>\u201d (Afr53). Ons sal gou genoeg sien.<\/p><h2><strong><em>\u201cIt was the best of times, it was the worst of times\u2026<\/em><\/strong><\/h2><p><em>\u2026it was the age of wisdom, it was the age of foolishness, it was the epoch of belief, it was the epoch of incredulity,<\/em><em> \u2026\u201d<\/em>\u00a0Hierdie bekende aanhaling waarmee Charles Dickens se 1859 verhaal, <em>A Tale of Two Cities<\/em>, begin is steeds waar. Tydens \u2018n besoek aan Istanboel was ek gefassineer deur die feit dat die konings van die antieke tyd se reusagtige kastele en forte in puin l\u00ea, terwyl een van die oudste staande strukture, die Hagia Sophia-kerk, wat in die vierde eeu nC deur Konstantyn die Grote begin is, nog steeds in al sy glorie staan. Dit laat mens dink aan Dani\u00ebl se interpretasie van koning Nebukadnesar se droom oor die standbeeld: \u201c<em>Maar in die dae van di\u00e9 konings sal die God van die hemel \u2018n koninkryk vestig wat in ewigheid nie vernietig sal word nie, en die heerskappy daarvan sal aan geen ander volk oorgelaat word nie; dit sal al daardie koninkryke verbrysel en daar \u2018n einde aan maak, maar self sal dit vir ewig bestaan \u2013 net soos u gesien het dat sonder toedoen van mensehande \u2018n klip van die berg af losgeraak het wat die yster, die koper, die klei, die silwer en die goud verbrysel het\u201d <\/em>(Dan. 2:44-45 Afr53).<\/p><p>Alles in ag genome gaan dinge waarskynlik nie gou beter raak nie. Dis waarom NOU die beste tyd is om die evangelie te verkondig. Jesus waarsku dat oorlo\u00eb, aardbewings en allerhande rampe altyd met ons sal wees (Matt. 24), maar so ook die evangelie van Christus! Ons moenie moed verloor nie. Al die vooruitgang in KI en konnektiwiteit sal ongekende geleenthede bied om die evangelie meer effektief en kragtig, aan meer mense, in meer tale en lande, met nuwe tegnologie te deel. Mense gaan toenemend oorweldig en verward voel, op soek na betekenis in hul lewens, wat die deur vir Christus sal oopmaak. Die ewigdurende evangelie sal altyd \u2018n baken van Hoop wees, \u2018n Lig wat harte met Lewe, krag en helderheid vul. Dit sal die magtige Christelike bewegings en herlewings van die toekoms inlui.<\/p><p>Hoewel tradisionele radio-uitsendings op sommige plekke minder prominent sal word, sal evangelisasie deur middel van die internet, regstreekse uitsendings, sosiale media en ander kanale floreer. Die manier waarop ons die Goeie Nuus lewer mag dalk drasties verander in die volgende dekade, soos wat KI, \u201c<em>virtual reality<\/em>\u201d, brein-rekenaar koppelings en holografiese projeksie meer algemeen raak, maar die lewensveranderende krag van die evangelie bly gister, vandag en in alle ewigheid dieselfde!<\/p>\t\t\t\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>deur Dr Jurie Vermeulen Hierdie bekende woorde, vir die eerste keer in 1964 deur Bob Dylan gesing, bly in 2024 meer relevant as ooit. Vir di\u00e9 van ons in die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":9,"featured_media":13522,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[66,55],"tags":[],"class_list":["post-13538","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-blog-afr","category-van-die-direkteur"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/13538","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/users\/9"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=13538"}],"version-history":[{"count":7,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/13538\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":13900,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/13538\/revisions\/13900"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media\/13522"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=13538"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=13538"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=13538"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}