 {"id":13675,"date":"2024-03-12T14:34:43","date_gmt":"2024-03-12T12:34:43","guid":{"rendered":"https:\/\/febaradio.co.za\/?p=13675"},"modified":"2024-03-14T10:07:05","modified_gmt":"2024-03-14T08:07:05","slug":"feba-etniese-bedienings-n-saadjie-van-hoop-in-die-berge","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/feba-etniese-bedienings-n-saadjie-van-hoop-in-die-berge\/","title":{"rendered":"FEBA Etniese Bedienings &#8211; \u2018n Saadjie van Hoop in die Berge"},"content":{"rendered":"<style><\/style>\t\t<div data-elementor-type=\"wp-post\" data-elementor-id=\"13675\" class=\"elementor elementor-13675\" data-elementor-post-type=\"post\">\n\t\t\t\t\t\t<section data-particle_enable=\"false\" data-particle-mobile-disabled=\"false\" class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-11ab04b1 elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"11ab04b1\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-381b3572\" data-id=\"381b3572\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-c85d553 elementor-widget elementor-widget-text-editor\" data-id=\"c85d553\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"text-editor.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t<p>\u201cOns visie was nog altyd om hierdie nuwe generasie van Khmu-gelowiges te bemoedig en \u2019n saadjie van hoop in hulle te plant,\u201d s\u00ea Samuel*, een van FEBA Etniese Bedienings se omroepers. \u201cAl ons personeel wil h\u00ea dat hulle trots sal wees daarop om Khmu te wees \u2013 dat hulle hul kultuur sal liefh\u00ea en die taal sal praat.\u201d<\/p><p>Daar is tans sowat 850,000 Khmu in die w\u00eareld. Die meerderheid woon in afgele\u00eb dorpies in die berge van Laos en Vi\u00ebtnam, met kleiner getalle in die noorde van Thailand en China. Die Khmu beoefen tradisioneel animisme \u2013 hulle glo dat natuurlike verskynsels ook \u2018n gees het \u2013 en voorvaderaanbidding. Die meeste van hulle is arm, het swak opvoeding, en word verstoot in die lande waar hulle woon. Kortom: hulle benodig die Goeie Nuus.<\/p><p>FEBA se daaglikse uitsending is die enigste Christelike uitsending beskikbaar in die Khmu-taal. Dis deels te danke aan di\u00e9 uitsendings en die FEBA Etniese Bedieningspan, wat afgele\u00eb dorpies besoek om die mense van FEBA en sy boodskap te vertel, dat daar vandag sowat 70,000 Khmu Christene is&#8230;en die bediening groei steeds! Tog ervaar Khmu Christene nie net vervolging van vyandige regerings nie, maar ook van hul gemeenskapsleiers en families.<\/p><p>Sunya* en Mala* het verlede jaar hul worstelinge met Samuel gedeel by \u2018n kamp wat FEBA Etniese Bedienings vir Khmu jongmense in Thailand aangebied het. Meer as 100 jongmense het dit bygewoon.<\/p><p class=\"MsoNormal\"><b><span lang=\"AF\">Sunya se verhaal<\/span><\/b><\/p><p>Sunya, \u2019n weeskind, het twee jaar gelede \u2018n Christen geword. In daardie stadium was sy 17 en het by familie gebly wat teen haar bekering gekant was. Hulle het ges\u00ea hulle sal haar onterf as sy \u2019n Christen bly en een van haar ooms het herhaaldelik gedreig om haar te vermoor. Nietemin het Sunya sterk gestaan in haar geloof.<\/p><p>Deur God se genade kon sy by \u2019n ander oom van haar, wat \u2019n pastoor en diep gelowige is, gaan woon. Sy het ho\u00ebrskool voltooi en werk tans om universiteitstoelating te kry sodat sy wiskunde kan studeer.<\/p><p><b><span lang=\"AF\">Mala se verhaal<\/span><\/b><\/p><p>Mala, 17, en haar jonger suster is die enigste Christene in hul gesin. Hul stiefpa sien neer op hul geloof, terwyl hul ma hulle aanhou druk om op te hou tyd mors met goed soos kerk en skool en eerder prostitute te word om geld te verdien.<\/p><p>Mala se swaer is \u2019n dwelmverslaafde wat haar in die verlede probeer aanrand het. Hy minag haar omdat sy \u2018n \u201cuitheemse\u201d geloof volg. Enkele dae voor die kamp het hy \u2019n vuurwapen in die lug afgevuur en vir Mala en haar kleinsus uit die huis geskop omdat hulle kerk toe gaan. Genadiglik kon Mala en haar sussie by gelowige familielede gaan woon, waar \u2019n plaaslike Khmu-leier hulle weekliks besoek en bemoedig.<\/p><p><strong><b><span lang=\"AF\">Hoop vir die toekoms<\/span><\/b><\/strong><\/p><p>Die FEBA Etniese Bedieningspan is passievol oor die volgende generasie gelowiges. Hulle moedig jong Khmu luisteraars aan om hul opvoeding ernstig op te neem en bied jeugkampe aan om God se Woord met benadeelde jongmense te deel.<\/p><p>\u201cEk onthou ons eerste jeugkamp sowat 15 jaar gelede,\u201d s\u00ea Samuel. \u201cVan die 100 jongmense het slegs vier Graad 12 voltooi. Meer as die helfte van die mense wat die kamp bygewoon het, het skool vroeg verlaat. Vandag is al die jongmense op pad om ho\u00ebrskool klaar te maak en byna 20 is op kollege!\u201d<\/p><p>Hoop vir die toekoms bring moed in die hede. Deur FEBA Etniese Bedienings se getrouheid ontvang baie Khmu die geskenk van God se Woord en kry hulle die hoop wat hulle ontbreek het. Mag dieselfde waar word vir nog vele ander.<\/p><p>*<em>Name verander vir veiligheid<\/em><\/p><p class=\"MsoNormal\"><span lang=\"AF\">Besoek gerus <\/span><a href=\"https:\/\/febaradio.co.za\/\"><span lang=\"AF\">www.febaradio.co.za<\/span><\/a><span lang=\"AF\"> vir meer inligting.<\/span><\/p><p><strong>Totdat almal gehoor het,<\/strong><br \/>Dr Jurie Vermeulen<\/p>\t\t\t\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u201cOns visie was nog altyd om hierdie nuwe generasie van Khmu-gelowiges te bemoedig en \u2019n saadjie van hoop in hulle te plant,\u201d s\u00ea Samuel*, een van FEBA Etniese Bedienings se [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":9,"featured_media":13677,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[58],"tags":[],"class_list":["post-13675","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus-afr"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/13675","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/users\/9"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=13675"}],"version-history":[{"count":10,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/13675\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":13687,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/13675\/revisions\/13687"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media\/13677"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=13675"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=13675"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=13675"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}