 {"id":13911,"date":"2024-04-11T10:11:46","date_gmt":"2024-04-11T08:11:46","guid":{"rendered":"https:\/\/febaradio.co.za\/?p=13911"},"modified":"2024-04-11T10:18:08","modified_gmt":"2024-04-11T08:18:08","slug":"feba-kazakstan-nederige-beplanning-lei-tot-groot-resultate","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/feba-kazakstan-nederige-beplanning-lei-tot-groot-resultate\/","title":{"rendered":"FEBA Kazakstan: Nederige Beplanning Lei tot Groot Resultate"},"content":{"rendered":"\t\t<div data-elementor-type=\"wp-post\" data-elementor-id=\"13911\" class=\"elementor elementor-13911\" data-elementor-post-type=\"post\">\n\t\t\t\t\t\t<section data-particle_enable=\"false\" data-particle-mobile-disabled=\"false\" class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-11ab04b1 elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"11ab04b1\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-381b3572\" data-id=\"381b3572\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-c85d553 elementor-widget elementor-widget-text-editor\" data-id=\"c85d553\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"text-editor.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t<p>Argen, 21, is \u2019n universiteitstudent van Almaty en die jongste van drie kinders wie se ouers geskei is. \u201cMy ma het haar bes gedoen om ons groot te maak terwyl my pa heeltemal uit die prentjie was,\u201d skryf Argen. \u201cOns het nie altyd geld gehad vir goed soos verjaardaggeskenke of vakansies, soos ander kinders by ons skool nie. Ek probeer nie hier kla nie, aangesien daardie uitdagende tye ons baie geleer het&#8230; In jul uitsendings praat julle daarvan om aan diegene wat in nood verkeer, te gee, en ek identifiseer baie hiermee. Ek voel God se\u00ebn my en nou is ek mal daaroor om verjaardaggeskenke aan minder bevoorregte kinders te gee.\u201d<\/p><p>FEBA Kazakstan se pad was tot nou toe nie maklik nie. Buiten die uitdaging van evangelisasie in \u2019n \u00a0hoofsaaklik Moslemland, het hulle ook te kampe met \u2019n dralende anti-godsdienstige sentiment onder ouer mense&#8230; \u2019n oorblyfsel van Kazakstan se jare as deel van die Sowjet-Unie. Amptelik erken die Kazak-regering godsdiensvryheid, maar tog stipuleer die 2011 Godsdienswet onder meer die volgende: godsdienstige gemeenskappe moet registreer om byeen te kom vir aanbidding; aanbiddingslokale mag slegs opgerig word met toestemming van die plaaslike regering; die regering mag toesig hou oor kinders se godsdiensopvoeding en gebed in die werksplek is verbode. Tog hou God aan om Sy wonderwerke te midde van di\u00e9 moeilike omstandighede te bewerk.\u00a0<\/p><h5><strong>Getroue dienaars<\/strong><\/h5><p>Omdat die regering aanhoudend weier om vir FEBA \u2019n FM-uitsaailisensie toe te staan, het God \u2019n ander deur oopgemaak. Victor Akhterov, FEBA Eurasi\u00eb se streeksdirekteur, s\u00ea: \u201cIn Kazakstan kon ons geen FM-lisensies kry nie, toe bel\u00ea ons hewig in sosiale media&#8230;en so is die nuwe beweging onder die jong Kazak-mense gebore. Dis s\u00f3 wonderlik om te sien.\u201d<\/p><p>Dit is voorwaar so! FEBA Kazakstan se span bestaan uit agt voltydse personeellede en vyftien vrywilligers wat inhoud vervaardig vir TikTok, Instagram, YouTube en Facebook. Die afgelope jaar het hul video\u2019s sowat 4.8 miljoen kyke gekry. Die span se strategie behels die gebruik van getuienisse van gelowiges wat uit \u2019n Moslem-agtergrond kom. Hul gewildste video, <em>Ek is in \u2019n Christenfamilie gebore,<\/em> het tans 1.1 miljoen kyke op TikTok. In die video deel een van FEBA Kazakstan se spanlede hoe sy tot geloof in Christus gekom het.<\/p><p>\u201cPrys God, ons het baie terugvoer op hierdie video gekry,\u201d s\u00ea \u2019n FEBA Kazakstan spanlid. \u201cMense het belanggestel in die Bybel, vrae gevra oor ons geloof, en sommige van hulle het Christus as hul Verlosser aanvaar. Party van di\u00e9 wat aan ons geskryf het, het ook \u2019n begeerte getoon om \u2019n kerk te besoek.\u201d<\/p><p>Islam is tans \u2019n groeiende gier onder jongmense \u2013 dit word beskou as \u201ccool\u201d om vir Ramadan te vas of by \u2019n moskee te gaan bid \u2013 maar baie van hulle soek regtig die waarheid. FEBA Kazakstan het ons versoek om te bid dat hierdie jongmense Christus deur hul uitsendings sal vind en dat die ouer geslag ook hul harte vir God se Woord sal oopmaak. Intussen werk die span hard om hul inhoud vars en kreatief te hou, altyd met die oog op verdere groei, maar ewig-bewus daarvan dat God in beheer is.<\/p><p>\u201cOns noem dit nederige beplanning,\u201d s\u00ea Victor Akhterov, \u201cwant dit is God wat hierdie wonderwerke doen. Ons is maar net daar en probeer getroue dienaars wees.\u201d<\/p><p class=\"MsoNormal\"><span lang=\"AF\">Besoek gerus <\/span><a href=\"https:\/\/febaradio.co.za\/\"><span lang=\"AF\">www.febaradio.co.za<\/span><\/a><span lang=\"AF\"> vir meer inligting.<\/span><\/p><p><strong>Totdat almal gehoor het,<\/strong><br \/>Dr Jurie Vermeulen<\/p>\t\t\t\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Argen, 21, is \u2019n universiteitstudent van Almaty en die jongste van drie kinders wie se ouers geskei is. \u201cMy ma het haar bes gedoen om ons groot te maak terwyl [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":9,"featured_media":13910,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[58],"tags":[],"class_list":["post-13911","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus-afr"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/13911","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/users\/9"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=13911"}],"version-history":[{"count":7,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/13911\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":13918,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/13911\/revisions\/13918"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media\/13910"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=13911"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=13911"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=13911"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}