 {"id":14393,"date":"2024-06-12T13:31:58","date_gmt":"2024-06-12T11:31:58","guid":{"rendered":"https:\/\/febaradio.co.za\/?p=14393"},"modified":"2024-06-12T13:32:13","modified_gmt":"2024-06-12T11:32:13","slug":"paasfees-n-verhaal-van-geestelike-kosmiese-oorlog-en-triomfantelike-oorwinning","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/paasfees-n-verhaal-van-geestelike-kosmiese-oorlog-en-triomfantelike-oorwinning\/","title":{"rendered":"Paasfees: \u2018n verhaal van geestelike kosmiese oorlog en triomfantelike oorwinning!"},"content":{"rendered":"\t\t<div data-elementor-type=\"wp-post\" data-elementor-id=\"14393\" class=\"elementor elementor-14393\" data-elementor-post-type=\"post\">\n\t\t\t\t\t\t<section data-particle_enable=\"false\" data-particle-mobile-disabled=\"false\" class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-7c4dbaa6 elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"7c4dbaa6\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-22e2f77\" data-id=\"22e2f77\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-786fd533 elementor-widget elementor-widget-text-editor\" data-id=\"786fd533\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"text-editor.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t<p><em>deur Dr Jurie Vermeulen<\/em><\/p><p>Gedurende lydensweek van die afgelope Paastyd het ek weer die gebeure van die laaste week van Jesus se aardse lewe, vanaf sy intog in Jerusalem tot sy opstanding en Hemelvaart, gelees. Wat in fokus gekom het, was die realiteit van die geestelike oorlog wat deurentyd in die agtergrond afgespeel het \u2013 dit het as\u2019t ware soos die geestelike dekor of kosmiese konteks van die gebeure gefunksioneer. Ons lees byvoorbeeld van die paasmaaltyd: <em>\u201cJesus en sy dissipels was aan tafel. Die duiwel het toe al klaar vir Judas seun van Simon Iskariot op die gedagte gebring om Jesus te verraai\u2026 En nadat Judas die stukkie brood gevat het, het die Satan in hom ingevaar. Toe s\u00ea Jesus vir hom: \u2018Wat jy wil doen, moet jy baie gou doen!\u2019\u201d\u00a0<\/em>(Joh. 13:2, 27 Afr83).<\/p><p>Volgens Johannes se vertelling was Satan die onheilige aanhitser van Judas se verraad aan die Jode, en was dit nie alleen gedryf deur die godsdienstige en politieke owerhede se menslike jaloesie en vrees nie. Maar die kruisgebeure was nie net toe te skryf aan Satan se \u201cinspirasie\u201d nie. Ons weet mos dat die profeet Jesaja die kruisiging van die lydende dienskneg reeds 700 jaar voor daardie paasmaaltyd gesien en in grafiese detail beskryf het: <em>\u201cOor \u00f3ns oortredings is hy deurboor, oor \u00f3ns sondes is hy verbrysel; die straf wat vir ons vrede moes bring, was op hom, deur s\u00fd wonde het daar vir ons genesing gekom\u2026die Here het ons almal se sonde op hom laat afkom\u2026Hy is mishandel, maar hy het geduldig gebly, hy het nie gekla nie. Soos &#8216;n lam wat na die slagplek toe gelei word en soos &#8216;n skaap wat stil is as hy geskeer word, het hy nie gekla nie\u201d<\/em>\u00a0(Jes. 53:5-7 Afr83).<\/p><p>Die resultaat van Jesus se kruisiging en opstanding word ook in heelwat plekke in die Nuwe Testament in oorlogstaal beskryf: <em>\u201cEn die Seun van God het juis gekom om die werk van die duiwel tot niet te maak\u2026Julle behoort aan God, liewe kinders, en het die vals profete klaar oorwin omdat Hy wat in julle is, groter is as die duiwel, wat in die w\u00eareld is\u2026Ons weet dat iemand wat uit God gebore is, nie meer sondig nie, maar die Seun van God bewaar hom, en die duiwel kry geen houvas op hom nie. Ons weet dat ons aan God behoort en dat die hele sondige w\u00eareld in die mag van die duiwel is<\/em>\u201d (1 Joh. 3:8, 4:4, 5:18, 19 Afr83).\u00a0<\/p><p>So, wat beteken dit alles vir ons wat aan Christus behoort en deel is van Sy kerk en Sy koninkryk op aarde?<\/p><p>Eerstens maak Johannes dit hierbo baie duidelik dat Jesus hierdie kosmiese geestelike stryd reeds 2,000 jaar gelede geveg en gewen het! Die Satan is \u2018n reeds-verslane vyand, die sonde se angel is getrek en binnekort staar die Dood sy eie dood in die gesig.<\/p><p>Die tweede waarheid wat ons hier sien is die feit dat hierdie verslane vyand, ten spyte van Jesus se oorwinning, steeds naarstiglik werk om soveel mense moontlik te verhoed om in Jesus se oorwinning te begin leef. Die gevolg is dat hulle geen weerstand bied nie, en in vele gevalle heeltemal onbewus is van die rol wat ons veronderstel is om in hierdie kosmiese oorlog te speel. Dit herinner my aan die gedeelte: <em>\u201cDie Here het hierdie nasies met rus gelaat om die Israeliete met hulle op die proef te stel, di\u00e9 Israeliete wat nie ondervinding gehad het van al die oorlo\u00eb teen die Kana\u00e4niete nie.\u00a0Die Here wou hierdie Israeliete leer hoe om oorlog te maak, hulle wat dit nie voorheen ondervind het nie.\u201d <\/em>(Rigters 3:1-2 Afr83).<\/p><p>Elkeen van ons kan onberekenbare skade aan Satan se koninkryk aanrig deur ons gebede, liefde, getuienis en positiewe invloed in die w\u00eareld. Daarom verduur ons soms baie vervolging op baie verskillende vlakke, van fisiese vervolging tot emosionele en sielkundige stryd. En soos ek reeds genoem het, dis nie dat ons die oorlog van voor af moet veg nie \u2013 d\u00edt het Jesus lankal afgehandel. Nee, ons stryd behels bloot die afdwing van Jesus se oorwinning van 2,000 jaar gelede, en dikwels is selfs dit vir baie van ons te veel.<\/p><p>Westerse Christene het te gewoond geraak aan materi\u00eble en geestelike voorspoed en gemak! In sy boek, <em>Those Who Remain, <\/em>skryf Michael Hopf: \u201cHard times create strong men, strong men create good times, good times create weak men, and weak men create hard times.\u201d Ek wil die siklus voltooi deur by te voeg: \u201c&#8230;and hard times create strong men (again).\u201d<\/p><h5>&#8220;<strong><em>Staan<\/em><\/strong> <strong><em>vas in die goeie stryd van die geloof!&#8221;<\/em><\/strong><\/h5><p>Oor ons stryd het Paulus veel te s\u00ea. Een voorbeeld is sy beskrywing van die wapenrusting van God: <em>\u201cTrek die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle op julle pos kan bly ondanks die listige aanslae van die duiwel\u2026Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige w\u00eareld, teen elke bose gees in die lug&#8230;Trek daarom die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil\u201d <\/em>(Ef. 6:11-13 Afr83).<\/p><p>Paulus beskryf in di\u00e9 gedeelte die slagordes van die Satan se magte. Hy beskryf ook die psigologiese en kognitiewe dimensies van ons stryd: <em>\u201cDie wapens van ons stryd is nie die wapens van die die mens nie, maar die kragtige wapens van God wat vestings kan vernietig. Daarmee vernietig ons die redenasies\u00a0en elke hooghartige aanval wat teen die kennis van God gerig word. Ons neem elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak\u201d<\/em> (2 Kor. 10:4-5 Afr83).\u00a0<\/p><p>Ons stryd kan wissel van bloot oppervlakkige sosiale diskriminasie deur familie en vriende aan die een kant, tot fisiese vervolging en dood aan die ander kant. Maar die mees algemene stryd waarin ons almal van dag tot dag gewikkel is, vind in ons emosies en denke plaas. Nog nooit was die w\u00eareld so vol van vrees, depressie, verwarring, betekenisloosheid, materialisme, haat en desperasie soos nou nie. En nog nooit was Jesus se oorwinning, sowel as Paulus se aanmoediging om<em> \u201cweerstand te bied in die dag van onheil\u201d,<\/em> meer relevant as juis nou nie!<\/p><p>In die woorde van filosoof Marcus Aurelius: <em>\u201cWaste no more time arguing what a good man should be. Be one.\u201d\u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0<\/em><\/p>\t\t\t\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>deur Dr Jurie Vermeulen Gedurende lydensweek van die afgelope Paastyd het ek weer die gebeure van die laaste week van Jesus se aardse lewe, vanaf sy intog in Jerusalem tot [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":9,"featured_media":14395,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[66,55],"tags":[],"class_list":["post-14393","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-blog-afr","category-van-die-direkteur"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/14393","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/users\/9"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=14393"}],"version-history":[{"count":4,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/14393\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":14399,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/14393\/revisions\/14399"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media\/14395"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=14393"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=14393"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=14393"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}