 {"id":14421,"date":"2024-06-13T09:18:16","date_gmt":"2024-06-13T07:18:16","guid":{"rendered":"https:\/\/febaradio.co.za\/?p=14421"},"modified":"2024-06-13T09:19:57","modified_gmt":"2024-06-13T07:19:57","slug":"feba-radio-mosambiek-veg-vir-vrede-te-midde-van-oorlog","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/feba-radio-mosambiek-veg-vir-vrede-te-midde-van-oorlog\/","title":{"rendered":"FEBA Radio Mosambiek \u201cveg\u201d vir vrede te midde van oorlog"},"content":{"rendered":"<style><\/style>\t\t<div data-elementor-type=\"wp-post\" data-elementor-id=\"14421\" class=\"elementor elementor-14421\" data-elementor-post-type=\"post\">\n\t\t\t\t\t\t<section data-particle_enable=\"false\" data-particle-mobile-disabled=\"false\" class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-11ab04b1 elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"11ab04b1\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-381b3572\" data-id=\"381b3572\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-c85d553 elementor-widget elementor-widget-text-editor\" data-id=\"c85d553\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"text-editor.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t<p>\u201cMy man was \u2019n soldaat in die Mosambiekse weermag. Hy is dood in Cabo Delgado tydens \u2019n jihadiste-aanval. <em>Voice of Hope <\/em>was, en is, vir my werklik \u2018n reddingsboei in moeilike tye.\u201d Di\u00e9 FEBA-luisteraar se storie is ongelukkig nie uniek nie. Sedert die begin van die jihadiste-inval in die noorde van Mosambiek in 2017, het duisende al gesterf en weduwees en weeskinders agtergelaat, en is duisende mense ook ontwortel.<\/p><p>Mensgemaakte geweld en natuurlike rampe verhoed al lank dat Mosambiek sy volle potensiaal bereik. Armoede kom algemeen voor en die gevolge daarvan is verreikend. Sowat 40% van volwassenes is ongeletterd, met slegs 60% wat laerskool voltooi en minder as 8% uit di\u00e9 groep wat aanbeweeg ho\u00ebrskool toe. Omstandighede dryf talle jongmense om by bendes aan te sluit. Mosambiek is honger vir die Goeie Nuus.<\/p><h4><strong><em>Voete wat gereed staan <\/em><\/strong><\/h4><p>Sedert sy stigting in 2017 het FEBA Mosambiek gegroei tot ses FM-stasies, met 93 permanente werknemers en duisende vrywilligers. Radio Nuru, in Cabo Delgado, was die eerste FEBA-stasie. Intussen het Radio Fountain of Truth (FOT) en Radio Chiuanjota in die Niassa-provinsie bygekom, sowel as Voice of Hope in die Beira-provinsie, en Impact Radio en Radio Zambezi in die Zambezia-provinsie. Die stasies saai uit in vyf tot agt tale en hul gesamentlike gehoor kom voor in stede, afgele\u00eb dorpies en vlugtelingkampe. \u2019n Sewende stasie word tans in Cuamba, Niassa-provinsie, gebou.<\/p><p>Elke stasie vervaardig sy eie programme en doen sy eie projekte volgens die behoeftes en geleenthede in sy omgewing. Toe Radio Chiuanjota \u2019n toename in jong luisteraars opgemerk het, het hulle jeugprogramme begin vervaardig wat daartoe gelei het dat bendes in hul geheel na Christus gedraai het. Voice of Hope bereik swerwers, sowel as vlugtelinge van Sikloon Idai, terwyl Impact Radio se ligging tussen drie groot dorpe hulle in staat stel om sowat 7 miljoen luisteraars te bereik. Radio Zambezi saai nie slegs oor die radio uit nie, maar is ook betrokke by die vervaardiging van programme vir televisie, en die uitsending daarvan.<\/p><p>Buiten vir hul gewone uitsendings, begin FEBA Mosambiek nou ook met buite-uitsendings. Radio FOT, Voice of Hope en Impact Radio het onlangs opleiding ontvang om die Goeie Nuus in omliggende dorpies te gaan uitsaai, waar hulle in persoon met die luisteraars kan kontak h\u00ea.<\/p><h4><strong><em>Die versorging van weduwees en wese<\/em><\/strong><\/h4><p>Toe die regering \u2019n stuk grond aan Radio FOT geskenk het om dankie te s\u00ea vir hul rol as tussenganger tussen die owerhede en plattelandse gemeenskappe, het Radio FOT \u2019n landbouprojek van stapel gestuur. Die doel was om voedsel te verbou en ook vroue te bemagtig, spesifiek die weduwees van mans wat in jihadiste-aanvalle dood is. Vandag werk dosyne weduwees vir di\u00e9 projek. Die opbrengs voed 50 weduwees en weeskinders. Die mees onlangse oes het 180 sakke mielies en sojabone opgelewer!<\/p><h4><strong><em>Getrou in tye van te\u00ebspoed<\/em><\/strong><\/h4><p>FEBA Mosambiek se bediening het baie uitdagings. Radio Nuru is reg in die middel van die konflik tussen jihadiste en sekuriteitsmagte. In April is die span en ander dorpenaars gedwing om te ontruim en in die veld weg te kruip tot die skietery verby was. Toe hulle teruggaan na hul huise, het hulle gevind dat baie besittings gesteel of vernietig is. In die Niassa-provinsie kan dit ook gevaarlik raak vir personeel om rond te reis. Nietemin voer die FEBA Mosambiek-span steeds hul opvolgwerk getrou uit en reis hulle na afgele\u00eb gebiede om die evangelie te verkondig en oudio-Bybels, Bybels en radio\u2019s uit te deel.<\/p><p>Bid asseblief saam met ons vir FEBA Mosambiek, dat hulle sal volhard in goeie dade en daarvoor beloon sal word. Soos daar in Hebre\u00ebrs 6:10 geskryf staan: \u201cGod is immers nie onregverdig nie. Hy sal nie vergeet van julle arbeid, en van die liefde wat julle vir sy Naam betoon het, deurdat julle die heiliges bedien het \u2013 en nog steeds bedien \u2013 nie.\u201d<\/p>\t\t\t\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u201cMy man was \u2019n soldaat in die Mosambiekse weermag. Hy is dood in Cabo Delgado tydens \u2019n jihadiste-aanval. Voice of Hope was, en is, vir my werklik \u2018n reddingsboei in [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":9,"featured_media":14414,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[58],"tags":[],"class_list":["post-14421","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus-afr"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/14421","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/users\/9"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=14421"}],"version-history":[{"count":4,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/14421\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":14425,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/14421\/revisions\/14425"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media\/14414"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=14421"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=14421"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=14421"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}