 {"id":14570,"date":"2024-07-12T14:05:29","date_gmt":"2024-07-12T12:05:29","guid":{"rendered":"https:\/\/febaradio.co.za\/?p=14570"},"modified":"2024-07-12T14:07:55","modified_gmt":"2024-07-12T12:07:55","slug":"die-leaky-dam-effek","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/die-leaky-dam-effek\/","title":{"rendered":"Die \u2018Leaky Dam\u2019-effek"},"content":{"rendered":"<style><\/style>\t\t<div data-elementor-type=\"wp-post\" data-elementor-id=\"14570\" class=\"elementor elementor-14570\" data-elementor-post-type=\"post\">\n\t\t\t\t\t\t<section data-particle_enable=\"false\" data-particle-mobile-disabled=\"false\" class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-7c4dbaa6 elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"7c4dbaa6\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-22e2f77\" data-id=\"22e2f77\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-786fd533 elementor-widget elementor-widget-text-editor\" data-id=\"786fd533\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"text-editor.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t<p><em>deur Dr Jurie Vermeulen<\/em><\/p><p>In die evangelie van Johannes lees ons:<\/p><p><em>\u201cNou is Ek diep ontsteld. En wat moet Ek s\u00ea? Moet Ek s\u00ea: Vader, red My uit hierdie uur?<\/em><\/p><p><em>Maar juis hiervoor het Ek gekom, vir hierdie uur.\u00a0Vader, verheerlik u Naam!\u201d Toe het daar &#8216;n stem uit die hemel gekom: \u201cEk het my Naam verheerlik, en Ek sal dit weer verheerlik.\u201d Die mense wat daar gestaan en dit gehoor het, het ges\u00ea dat daar &#8216;n donderslag was. Ander het ges\u00ea: \u201c&#8217;n Engel het met hom gepraat.\u201d Toe s\u00ea Jesus: \u201cHierdie stem het nie om my ontwil gekom nie, maar om julle ontwil.\u00a0Nou kom die oordeel oor hierdie w\u00eareld; nou sal die owerste van hierdie w\u00eareld uitgegooi word buitentoe\u201d <\/em>(Joh. 12:27-31 Afr83).<em>\u00a0<\/em><\/p><p>Dit is die week voor Jesus se kruisiging. Hy is diep ontsteld (\u201ctroubled\u201d) en bang vir wat voorl\u00ea. Die groeiende skaduwee van die kruis, met sy gepaardgaande gewelddadige worsteling en uiteindelike gruweldood, kruip al nader. In hierdie oomblik is dit asof die emosies van Sy mensheid skielik sigbaar na die oppervlak borrel in die vorm van vrees vir wat op Hom wag: verwerping, genadelose geseling, ondraaglike pyn, uitgerekte marteling, en uiteindelik die verligting van die dood. Dit alles rus swaar op Sy gemoed; so swaar dat Jesus wonder of Hy nie maar moet vra dat die Vader Hom uit hierdie uur moet red nie&#8230;<\/p><p>Dit impliseer dat Hy s\u00f3 benoud was dat die gedagte om die kruis te systap en daarmee saam sy versoeningswerk, \u2018n wesenlike versoeking was! Dis asof die ontsaglike sielkundige en emosionele druk van die kruisiging skielik so ondraaglik geword het dat Hy sy ewewig vir \u2018n oomblik verloor het en \u2018n alternatief wou vind.<\/p><p>Dit is presies wat deurlopende stres en druk doen: dit maak dat ons maklik perspektief verloor, dat ons nie meer helder kan dink nie en instinktief vanuit vrees reageer. Genadiglik praat Jesus met Homself, korrigeer Hy Homself: \u201c<em>Maar juis hiervoor het Ek gekom, vir hierdie uur.&#8221; <\/em>Hy herinner Homself aan sy roeping, die uitsluitlike doel vir Sy koms na die aarde \u2013 om Sy lewe te gee as \u2018n losprys vir alle mense. En wanneer Hy sy ewewig terugkry, verklaar Hy: \u201c<em>Vader, verheerlik u Naam!\u201d, <\/em>en God antwoord Hom uit die hemel as \u2018n bemoediging en bevestiging van Sy ewige verlossingsplan.<\/p><p><strong>Die dam sonder water<\/strong><\/p><p>Die \u201cLeaky Dam\u201d is \u2018n 100 jaar oue dam in ons gebied wat altyd leeg staan omdat sy wal soos \u2018n sif lek. Al is die 30 meter ho\u00eb damwal meters dik en van versterkte beton gemaak, het dit begin lek as gevolg van tien dekades se stres; die onafgebroke, daaglikse druk van duisende tonne water was uiteindelik net te veel. Vandag spuit water op tallose plekke deur die damwal vir \u2018n week of wat nadat dit uitermatig baie gere\u00ebn het. Die res van die tyd is dit sonder water.<\/p><p>Die lewe is nie maklik nie, daarvan kan enigiemand ouer as twintig met oorgawe getuig. Om die waarheid te s\u00ea, elke mens wat \u2018n 40ste verjaardag vier en steeds relatief normaal is, sonder om gereeld tyd in slaapklinieke en rehabilitasiesentrums te spandeer, behoort \u2018n medalje te kry! Verhoudings, familie, loopbane, studies, finansies, siektes en pandemies plaas geweldige, deurlopende druk op die menslike psige. Ons gaan slaap met stres en staan op met stres. Net soos ons Leaky Dam se wal moet ons sterk bly staan ten spyte van ononderbroke druk \u2013\u00a0 geestelik, emosioneel en intellektueel. En by dit alles moet ons nog kompeteer om in \u2018n grootliks genadelose w\u00eareld kop bo water te hou! Die stres van die moderne samelewing is duidelik te sien in dwelm-, alkohol- en pilverslawing, egskeidings, gebroke families en slegte verhoudings wat endemies is aan kulture w\u00eareldwyd.<\/p><p>So, wat staan ons te doen? Ek glo dat elkeen van ons moet leer om, net soos Jesus in Sy tyd van uiterste benoudheid, met onsself \u2018n eerlike gesprek te h\u00ea. Jesus moes Sy normale instinkte van benoudheid, vrees en\u00a0 twyfel in die rede val met die waarheid van Sy roeping, betekenis, die Vader se teenwoordigheid, Sy onveranderlike liefde en geborgenheid. Hy het juis na die aarde gekom vir hierdie uur! Slegs deur Homself aan di\u00e9 waarhede te herinner kon Hy weer sy balans herwin en stabiliteit en krag vind vir die week van pyn wat eindeloos voor Hom uitgestrek het.<\/p><p>Elkeen van ons moet ook besef dat God ons juis geskep en gestuur het vir hierdie tyd en omstandighede \u2013 met die voorkoms, talente en gawes wat ons ontvang het \u2013 om Hom te verteenwoordig en Sy wil te doen tussen die familie, vriende en kollegas wat Hy om ons geplaas het. Niks is per ongeluk, per toeval, of uit plek in ons lewens nie. Ons sal ons dikwels verwronge vrees- en twyfelgedagtes net eenvoudig in die rede moet val met die Waarheid, en onbevange en onbevrees voortbeur. Immers, die <em>\u201cvolmaakte liefde (van God) verdryf vrees\u201d <\/em>(1 Joh. 4:18)!<\/p><p><strong>\u2018n Les uit die <em>Kronieke van Narnia<\/em><\/strong><\/p><p>In die laaste boek van CS Lewis se <em>Kronieke van Narnia-<\/em>reeks<em>, The Last Battle,<\/em> lees ons hierdie aangrypende woorde na afloop van die laaste geveg tussen goed en kwaad:<\/p><p><em>\u201cIsn\u2019t it wonderful?\u201d said Lucy. \u201cHave you noticed that one can\u2019t feel afraid, even if one wants to? Try it.\u201d <\/em><\/p><p><em>\u201cBy Jove, neither one can,\u201d said Eustace after he had tried.\u00a0 <\/em><\/p><p>In terme van ons kronologiese tyd hier op aarde, het die finale afrekening met die Duiwel, die sonde en die dood, nog nie aangebreek nie. Dit doen egter niks afbreek aan die Waarheid nie: Jesus het, in beginsel, die oorlog reeds 2,000 jaar gelede geveg en afgehandel. Hy s\u00ea juis in ons skrifgedeelte hierbo: \u201c\u2018<em>Nou kom die oordeel oor hierdie w\u00eareld; nou sal die owerste van hierdie w\u00eareld uitgegooi word buitentoe.\u2019\u201d<\/em><\/p><p><em>\u00a0<\/em>Al het die finale voltrekking van die vyand se vonnis dus nog nie aangebreek nie, is die finale oorlog reeds lank gelede gewen en afgehandel. As kinders van die Lig is ons daagliks hard aan die werk om, as verteenwoordigers van God, hierdie oorwinning af te dwing in die detail van ons lewens. Deur elke emosionele-, intellektuele-, verhoudings-, gesondheids-, finansi\u00eble- en geloofsoorwinning, beur Christene vorentoe deur die ononderbroke druk en weerstand van die lewe, na die heerlike beloning wat na ons roep! Paulus som dit so mooi op: \u00a0<\/p><p><em>\u201cEk is daarvan oortuig dat die lyding wat ons nou moet verduur, nie opweeg teen die heerlikheid wat God vir ons in die toekoms sal laat aanbreek nie\u2026Wat is nou ons gevolgtrekking oor al hierdie dinge? D\u00edt: God is v\u00edr ons, wie kan dan teen ons wees?&#8230; Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here\u201d\u00a0<\/em>(Rom. 8:18, 31, 38-39 Afr83).<em>\u00a0 <\/em><\/p><p><em> \u00a0 \u00a0 \u00a0\u00a0<\/em><\/p>\t\t\t\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>deur Dr Jurie Vermeulen In die evangelie van Johannes lees ons: \u201cNou is Ek diep ontsteld. En wat moet Ek s\u00ea? Moet Ek s\u00ea: Vader, red My uit hierdie uur? [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":9,"featured_media":14565,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[66,55],"tags":[],"class_list":["post-14570","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-blog-afr","category-van-die-direkteur"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/14570","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/users\/9"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=14570"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/14570\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":14573,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/14570\/revisions\/14573"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media\/14565"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=14570"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=14570"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=14570"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}