 {"id":14806,"date":"2024-09-12T10:20:14","date_gmt":"2024-09-12T08:20:14","guid":{"rendered":"https:\/\/febaradio.co.za\/?p=14806"},"modified":"2024-09-12T10:22:33","modified_gmt":"2024-09-12T08:22:33","slug":"juigend-en-singend-voor-die-here","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/juigend-en-singend-voor-die-here\/","title":{"rendered":"Juigend en Singend voor die Here"},"content":{"rendered":"<style><\/style>\t\t<div data-elementor-type=\"wp-post\" data-elementor-id=\"14806\" class=\"elementor elementor-14806\" data-elementor-post-type=\"post\">\n\t\t\t\t\t\t<section data-particle_enable=\"false\" data-particle-mobile-disabled=\"false\" class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-11ab04b1 elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"11ab04b1\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-381b3572\" data-id=\"381b3572\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-c85d553 elementor-widget elementor-widget-text-editor\" data-id=\"c85d553\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"text-editor.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t<p>\u201cNaas God se Woord verdien musiek die hoogste lof,\u201d skryf Martin Luther. \u201cDie gawe van taal is tesame met die gawe van sang aan die mens gegee sodat hy God se Woord deur musiek sou verkondig.\u201d<\/p><p>Van Genesis tot Openbaring vorm musiek \u2019n onlosmaaklike deel van die verhouding tussen God en die mensdom. Of dit nou lofprysing of weeklag is, vind ons diepste emosies dikwels die beste uiting in sang, en di\u00e9 liedere het die vermo\u00eb om tot ander te spreek op \u2019n wyse wat blote woorde nie kan nie.<\/p><p>\u2019n Koreaanse luisteraar skryf aan FEBA Korea: \u201cEk het vir jare van God af weggedwaal. Terwyl ek onlangs die radio in my nuwe kar ingestel het, het ek aanbiddingsmusiek op julle stasie gehoor wat my hart aangeraak het. Jul uitsendings het my aangespoor om kerk by te woon. Ek het weer vreugde in Christus gevind.\u201d Dit is waarskynlik waarom Henry Wadsworth Longfellow musiek die \u201cuniversele taal van die mensdom\u201d genoem het.<\/p><h6><em>Bring mense bymekaar<\/em><\/h6><p>Drie van FEBA Mosambiek se radiostasies het onlangs met buite-uitsendings begin. Hulle ry deur stede en dorpies in \u2019n voertuig wat toegerus is met \u2019n mobiele ateljee en gesels met mense op straat in regstreekse uitsendings. Die beste manier om mense nader te lok, het hulle gevind, is met musiek.<\/p><p>Kompetisies is \u2019n anderse en prettige benadering waarop mense byeengebring kan word. FEBA Indonesi\u00eb het besluit om vanjaar hul land se 79<sup>ste<\/sup> jaar van onafhanklikheid met die \u201cSing for Nation 2024\u201d-kompetisie te vier, waar tieners reg oor die land uitgenooi is om hul talente ten toon te stel deur geestelike liedere te sing.<\/p><p>Geestelike liedere is \u2019n kragtige voertuig vir die Goeie Nuus. Hulle spreek tot alle ouderdomme en alle omstandighede. In die 1950s is FEBA se uitsendings na die Sowjet-Unie gereeld geblokkeer, totdat \u2019n Russiese luisteraar vir die span ges\u00ea het: \u201cDie Kommuniste besef nie dat die beste evangelistiese propaganda in die kerk se liedere is nie. Hou aan om die musiek uit te saai. Hulle blokkeer dit glad nie.\u201d<\/p><p>Hoe kosbaar moes dit nie vir gelowiges in geslote lande gewees het om hierdie boodskappe van hoop en bemoediging in hul eie tale te hoor nie!<\/p><h6><em>Persoonlike aanbidding<\/em><\/h6><p>Dit is \u2019n voorreg om geestelike liedere in jou hartstaal te h\u00ea. Toe FEBA vanaf die Filippyne begin uitsaai het, het hulle geestelike liedere in Engels, of uit Engels vertaal, gebruik. Teen die 1970s het die span egter besef dat daar \u2019n behoefte aan oorspronklike Filippynse aanbiddingsliedere is. Die projek wat hulle begin het om hierdie liedere te skep, het gegroei tot die reuse jaarlikse <em>Papuri!-<\/em>musiekfees, waar duisende byeenkom om God in hulle plaaslike tale te prys en aanbid.<\/p><p>FEBA in Mongoli\u00eb en Thailand het albei in 2023 hul eerste liedjieskryfkompetisies gehou. In albei di\u00e9 lande beskou baie mense steeds die Christendom as \u2018n \u201cuitheemse\u201d godsdiens, en die gebruik van Westerse liedere bevorder slegs di\u00e9 idee. \u201cOns glo regtig dat die aanbiddingsliedere vanuit die harte van Mongoolse gelowiges sal moet kom,\u201d het Batjargal Tuvshintsengel, FEBA Mongoli\u00eb se direkteur, n\u00e1 die aankondiging van die kompetisie ges\u00ea. Hy en sy span het bewus geraak van \u2019n behoefte aan geestelike liedere wat nie slegs Mongoolse lirieke het nie, maar ook uit \u2019n Mongoolse konteks gebore is en in \u2019n Mongoolse styl uitgedruk word. FEBA Mongoli\u00eb het meer as 100 inskrywings ontvang, waaruit hulle hul gunstelinge gekies het om op te neem en aan plaaslike kerke beskikbaar te stel.<\/p><p>Direkteur Tuvshintsengel se reaksie weerspie\u00ebl di\u00e9 van menige FEBA-luisteraar die w\u00eareld oor: \u201cEk kan nie vir julle s\u00ea hoe pragtig dit is om hierdie aanbiddingsliedere in my eie taal te hoor nie!\u201d<\/p>\t\t\t\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u201cNaas God se Woord verdien musiek die hoogste lof,\u201d skryf Martin Luther. \u201cDie gawe van taal is tesame met die gawe van sang aan die mens gegee sodat hy God [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":9,"featured_media":14802,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[58],"tags":[],"class_list":["post-14806","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus-afr"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/14806","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/users\/9"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=14806"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/14806\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":14810,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/14806\/revisions\/14810"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media\/14802"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=14806"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=14806"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=14806"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}