 {"id":14812,"date":"2024-09-12T10:29:37","date_gmt":"2024-09-12T08:29:37","guid":{"rendered":"https:\/\/febaradio.co.za\/?p=14812"},"modified":"2024-09-12T10:39:17","modified_gmt":"2024-09-12T08:39:17","slug":"slagoffer-of-soldaat","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/slagoffer-of-soldaat\/","title":{"rendered":"Slagoffer of Soldaat?"},"content":{"rendered":"<style><\/style>\t\t<div data-elementor-type=\"wp-post\" data-elementor-id=\"14812\" class=\"elementor elementor-14812\" data-elementor-post-type=\"post\">\n\t\t\t\t\t\t<section data-particle_enable=\"false\" data-particle-mobile-disabled=\"false\" class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-7c4dbaa6 elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"7c4dbaa6\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-22e2f77\" data-id=\"22e2f77\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-786fd533 elementor-widget elementor-widget-text-editor\" data-id=\"786fd533\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"text-editor.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t<p><em>deur Dr Jurie Vermeulen<\/em><\/p><p><em>\u201cDaar het toe oorlog gekom in die hemel: Migael en sy engele moes oorlog voer teen die draak. Die draak en sy engele het oorlog gevoer, maar hulle is verslaan. In die hemel was daar geen spoor meer van hulle te vind nie, want die groot draak, die slang van ouds, wat die duiwel en die Satan genoem word en wat die hele w\u00eareld verlei, is uit die hemel uit gegooi. Hy is op die aarde gegooi en sy engele saam met hom&#8230;Maar vir julle, land en see, wag daar ellende omdat die duiwel na julle toe gekom het met groot woede en met die wete dat hy min tyd het\u201d<\/em> (Openbaring 12:7-9, 12*).<\/p><p>Waarom aanskou elke mens sy eerste lewenslig binne in \u2018n aktiewe oorlogsone? Ons kom die w\u00eareld in met \u2019n teiken op ons rug, omring deur allerhande boosheid: bose geeste wat ons ondergang beraam, oorlo\u00eb wat eindeloos herhaal, geweld, rasse- en nasionalistiese haat, onderdrukking, vervolging, verslawing en dood. Daarbenewens het ons te kampe met uitdagings in ons finansies, verhoudings, gesondheid, geestesgesondheid, onsekerheid, onveiligheid, verwarring, eensaamheid, depressie, vrees en verwerping.<\/p><p>Dit het sommige van die meer swartgallige filosowe en digters aangespoor om te wonder: <em>\u201cWat is die punt daarvan om te leef as die lewe net lyding beteken totdat jy doodgaan?\u201d <\/em>Een siel het op die di\u00e9 vraag geantwoord: <em>\u201cEers toe ek aanvaar het dat my lewe nooit enige punt of ware betekenis sal h\u00ea nie, het ek besluit om&#8230;op \u2019n manier te leef wat my gelukkiger maak.\u201d <\/em>Ander het bygevoeg: <em>\u201cDaar is geen punt aan die lewe nie. Selfdood is iets wat ek wens ek die moed voor gehad het\u201d, <\/em>en meer ironies: <em>\u201cWel, iemand moet my kat voer en sy sandbak skoonmaak.\u201d<\/em><\/p><p>Ek verstaan volkome dat dit alles donker en neerdrukkend voorkom, maar dis \u2019n baie werklike deel van ons moderne samelewing. Om weg te hardloop of dit te ontken sal nie die tallose wanhopige slagoffers van hierdie oorlog help nie. Die Bybel verduidelik die teenwoordigheid van di\u00e9 boosheid in Genesis 3:1: <em>\u201cDie slang was listiger as al die wilde diere wat deur die Here God gemaak is en het vir die vrou gevra: \u2018Het God werklik ges\u00ea julle mag van geen boom in die tuin eet nie?\u2019\u201d <\/em>Ons almal ken die uiteinde van di\u00e9 storie: Adam en Eva uit die tuin verban, die vloek van die dood geaktiveer oor alle lewende dinge, selfs die aarde, wat dorings en distels begin oplewer het! N\u00e1 duisende jare is hierdie antieke, bose slang steeds vir ons almal \u2019n alomteenwoordige bedreiging.<\/p><p>Maar waarom sou God ons geskep het, net om ons aan die gevare en gruwels van hierdie oorlog bloot te stel? Ek glo ons vind \u2019n gedeelte van die antwoord in Genesis 4:6-7: <em>\u201cToe s\u00ea die Here vir Kain: \u2018Waarom is jy kwaad?&#8230;As jy nie goed doen nie \u2013 die sonde wag jou in daarbuite en hy wil jou in sy mag kry. <u>Maar jy moet oor hom heers<\/u>.\u2019\u201d <\/em>In Openbaring herhaal Jesus nie minder nie as sewe keer: <em>\u201cAan elkeen wat die oorwinning behaal&#8230;\u201d <\/em>(2:7, 11, 17, 26; 3:5, 12, 21).<\/p><p>Dit wil my voorkom asof hierdie oorlog wel \u2019n doel dien \u2013 ons is almal in aarde-skool, \u2018n \u201cboot camp\u201d vir oorwinnaars! Jakobus beskryf dit as volg: <em>\u201cMy broers, julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom, want, soos julle weet, as julle geloof die toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te volhard. En die volharding moet end-uit volgehou word sodat julle tot volle geestelike rypheid kan kom, sonder enige tekortkoming&#8230;Gelukkig is die mens wat in versoeking standvastig bly. As hy die toets deurstaan het, sal hy as oorwinningsprys die lewe ontvang wat die Here belowe het aan di\u00e9 wat Hom liefhet&#8230;<\/em> <em>Onderwerp julle dan aan God. Staan die duiwel te\u00eb en hy sal van julle af wegvlug\u201d <\/em>(1:2-4, 12; 4:7)<em>\u00a0<\/em><\/p><p>Petrus het ook iets oor hierdie oorlog te s\u00ea: <em>\u201cVerheug julle hieroor, selfs al is dit nodig dat julle \u2019n kort tydjie bedroef gemaak word deur allerhande beproewings sodat die egtheid van julle geloof getoets kan word. Julle geloof is baie kosbaarder as goud, goud wat vergaan. Selfs die suiwerheid van goud word met vuur getoets, en die egtheid van julle geloof moet ook getoets word, sodat dit lof en heerlikheid en eer waardig mag wees by die wederkoms van Jesus Christus\u201d <\/em>(1 Pet. 1:6-7).<\/p><p>God het ons na Sy eie beeld en gelykenis geskep sodat Hy ons kan oplei om Hom op aarde te verteenwoordig, die duiwel te\u00eb te staan, volwasse te raak in die geloof, en onder Sy gesag en mag oor die ganse skepping te regeer (Gen. 1:26). Hoewel die sondeval dinge tydelik gekompliseer het, het Jesus gekom om Sy goddelike gesag te herstel, ons te verlos, en ons weer vry te laat as Sy verteenwoordigers op aarde. <em>\u201cAangesien hierdie kinders mense van vlees en bloed is, het Hy [Jesus] ook net soos hulle mens geword. Dit het Hy gedoen om deur sy dood di\u00e9 een wat mag het oor die dood, dit is die duiwel, te vernietig en om hulle wat uit vrees vir die dood hulle hele lewe lank in slawerny was, te bevry\u201d <\/em>(Heb. 2:14-15).<\/p><p>Ons staan nou voor \u2018n keuse: ons kan kies om gebonde \u00f3f vry te wees; om as hulpelose slagoffers of soldate te leef; om te kla of te oorwin, onsself oor te gee of te verset! Ek kies om my krag te soek <em>\u201cin die Here en in sy groot mag.\u201d <\/em>En as jy met my saamstem: \u201c<em>Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle op julle pos kan bly ondanks die listige aanslae van die duiwel. Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige w\u00eareld, teen elke bose gees in die lug\u201d <\/em>(Ef. 6:10-12).<\/p><p>Hoe is God se krygers veronderstel om teen hierdie donker magte te \u201cstry\u201d? Dis verbasend maklik \u2013 aangesien Jesus die oorlog reeds 2,000 jaar gelede gewen het, hoef ons slegs God se oorwinning af te dwing deur sterk te staan soos Paulus in bogenoemde skrifgedeelte verduidelik. Dis nie nodig vir \u2019n uitgerekte stryd nie. Ons \u201cstaan\u201d bloot vas in geloof en outoriteit, weerstaan die duiwel se planne, dwing God se oorwinning af deur ons gesindheid, woorde en dade waar ons ook al gaan. Johannes beskryf dit mooi: <em>\u201cHulle het self die oorwinning oor hom behaal danksy die bloed van die Lam en die boodskap waarvan hulle getuig het; en hulle het nie hulle lewens so liefgehad dat hulle onwillig was om vir Hom te sterwe nie\u201d <\/em>(Open. 12:11). Oorwinnaars staan vas op die onbeweeglike fondament van Jesus se bloed met die krag van God se Evangelie-woord in hul monde!<\/p><p>Daar is wysheid in hierdie oorlog! <em>\u201cDie Here is oorwinnaar in die stryd\u201d <\/em>(Eks. 15:3) en Hy rig oorwinnaars op om Hom en Sy gesag op aarde te verteenwoordig.<\/p><p><em>\u201cDie Here is met jou, dapper kryger\u201d <\/em>(Rig. 6:12 Afr20)!<\/p><p><em>*Alle Skrifverwysings is uit die Afr83-vertaling, tensy anders gemeld.<\/em><\/p>\t\t\t\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>deur Dr Jurie Vermeulen \u201cDaar het toe oorlog gekom in die hemel: Migael en sy engele moes oorlog voer teen die draak. Die draak en sy engele het oorlog gevoer, [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":9,"featured_media":14813,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[66,55],"tags":[],"class_list":["post-14812","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-blog-afr","category-van-die-direkteur"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/14812","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/users\/9"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=14812"}],"version-history":[{"count":7,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/14812\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":14825,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/14812\/revisions\/14825"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media\/14813"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=14812"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=14812"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=14812"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}