 {"id":14975,"date":"2024-10-14T12:27:53","date_gmt":"2024-10-14T10:27:53","guid":{"rendered":"https:\/\/febaradio.co.za\/?p=14975"},"modified":"2024-10-14T12:28:18","modified_gmt":"2024-10-14T10:28:18","slug":"feba-help-families-om-konflik-om-te-sit-in-konneksie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/feba-help-families-om-konflik-om-te-sit-in-konneksie\/","title":{"rendered":"FEBA Help Families om Konflik Om te Sit in Konneksie"},"content":{"rendered":"<style><\/style>\t\t<div data-elementor-type=\"wp-post\" data-elementor-id=\"14975\" class=\"elementor elementor-14975\" data-elementor-post-type=\"post\">\n\t\t\t\t\t\t<section data-particle_enable=\"false\" data-particle-mobile-disabled=\"false\" class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-11ab04b1 elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"11ab04b1\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-381b3572\" data-id=\"381b3572\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-c85d553 elementor-widget elementor-widget-text-editor\" data-id=\"c85d553\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"text-editor.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t<p>Familie is \u2019n geskenk. \u2019n Godvresende gesin skep \u2019n sterk bybelse grondslag wat sy lede in staat stel om die w\u00eareld se aanslae te\u00eb te staan. Dit bied \u2019n veilige hawe waar hulle deur ouers en grootouers se voorbeeld van God se onvoorwaardelike liefde en aanvaarding kan leer.<\/p><p>Tog sukkel families oor die hele w\u00eareld in hul verhoudings. In sommige gevalle word die konflik deur eksterne faktore soos armoede, verslawing en mishandeling veroorsaak; ander kere is daar goeie bedoelings, maar gebrekkige kennis. Een luisteraar het teenoor FEBA Kambodja erken: \u201cAs gevolg van my besige lewe het ek nooit genoeg tyd vir my gesin nie, so ek het baie om te leer oor hoe om \u2019n gesin groot te maak en \u2019n goeie voorbeeld vir die gemeenskap te stel.\u201d<\/p><p>FEBA is passievol daaroor om luisteraars te help om gesonde familieverhoudings te geniet.<\/p><h6><em>Modelgesin<\/em><\/h6><p>\u201cSekere aspekte daarvan om \u2019n vrou, \u2019n ma en \u2019n verantwoordelike individu in die gesin te wees, sal altyd uitdagings inhou,\u201d het \u2019n FEBA Kambodja-luisteraar vertel. \u201cEk voel met tye moeg en leeg. Deur na Krusa FM se Comfort at Night-program te luister, kon ek vrede en verligting van my angs vind, te danke aan God se liefde.\u201d<\/p><p>Baie luisteraars van FEBA Kambodja se stasie, Krusa FM (ook bekend as Family FM), kom uit huishoudings waar mishandeling plaasvind, veral in landelike gebiede. Radio is dikwels die enigste medium waardeur die span op \u2019n gereelde basis leiding en bemoediging vir mense daar kan bied.<\/p><p>Hul gesin-seminare is sover ook \u2019n reusesukses. Die seminare word in stede en verafgele\u00eb dorpies gehou, deur plaaslike pastore en organisasies in samewerking met FEBA aangebied, en is oop vir die hele gesin. Elkeen fokus op die tema: \u201cLeef as \u2019n Model Christengesin\u201d. Die aanwesiges leer oor die rolle van mans en vroue in die huwelik, ontvang berading en leer van gesinsbeplanning. Een persoon het ges\u00ea: \u201cDis my eerste keer by \u2019n Krusa FM-seminaar &#8230; ek het baie geleer oor kinderopvoeding, vergifnis en die gesinslewe. Ek en my eggenoot het besluit om te verbeter deur God se Woord toe te pas en Hom toe te laat om ons swakhede te korrigeer.\u201d<\/p><h6><em>Fokus op die gesin<\/em><\/h6><p>FEBA Malawi se Focus on the Family-program beoog om genesing te bring in die vele verhoudings wat sukkel weens swak kommunikasie, verskillende oortuigings of kulture, ekonomiese struikelblokke, en \u2019n gebrek aan kennis wanneer dit kom by gesondheid in die gesin.<\/p><p>Die program dek \u2018n wye verskeidenheid onderwerpe wat beide die huwelik en gesinslewe aanspreek: die rol van man en vrou in die huwelik, intimiteit, wat dit beteken om jou lewe neer te l\u00ea, God se gawes vir die gesin, geestelike groei in die gesin, en baie ander. Party episodes bring die gesin om \u2018n tafel bymekaar om sake te bespreek wat h\u00falle spesifiek pla. Di\u00e9 episodes is besonder gewild onder luisteraars.<\/p><p>Een egpaar se getuienis verduidelik die omskeppende krag van FEBA se boodskap. Hulle stryd om kinders te h\u00ea het huweliksprobleme veroorsaak. \u201cOp \u2018n dag hoor ek toe die Focus on the Family-program, wat die spyker op die kop geslaan het,\u201d het die vrou gedeel. \u201cDie program het vir ons die regte medisyne vir ons gesin gegee. Te danke aan die aanbieder se raad het ons ons eerste kind gehad, wat vir ons \u2019n groot geskenk van God was.\u201d<\/p>\t\t\t\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Familie is \u2019n geskenk. \u2019n Godvresende gesin skep \u2019n sterk bybelse grondslag wat sy lede in staat stel om die w\u00eareld se aanslae te\u00eb te staan. Dit bied \u2019n veilige [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":9,"featured_media":14971,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[58],"tags":[],"class_list":["post-14975","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus-afr"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/14975","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/users\/9"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=14975"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/14975\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":14978,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/14975\/revisions\/14978"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media\/14971"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=14975"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=14975"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=14975"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}