 {"id":15257,"date":"2024-11-13T13:54:44","date_gmt":"2024-11-13T11:54:44","guid":{"rendered":"https:\/\/febaradio.co.za\/?p=15257"},"modified":"2024-11-14T10:58:54","modified_gmt":"2024-11-14T08:58:54","slug":"gee-die-geskenk-van-hoop","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/gee-die-geskenk-van-hoop\/","title":{"rendered":"Radio omskep &#8216;n hele gemeenskap"},"content":{"rendered":"<style><\/style>\t\t<div data-elementor-type=\"wp-post\" data-elementor-id=\"15257\" class=\"elementor elementor-15257\" data-elementor-post-type=\"post\">\n\t\t\t\t\t\t<section data-particle_enable=\"false\" data-particle-mobile-disabled=\"false\" class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-11ab04b1 elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"11ab04b1\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-381b3572\" data-id=\"381b3572\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-c85d553 elementor-widget elementor-widget-text-editor\" data-id=\"c85d553\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"text-editor.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t<p>\u201cDie geloof volg uit die aanhoor van die boodskap,\u201d skryf Paulus in Romeine 10:17 (NLV) en baie in Afrika kan daardie boodskap slegs deur die radio hoor. FEBA se Kersfees-radioprojek beoog om fondse in te samel vir radio\u2019s en oudio-Bybels om die Goeie Nuus aan luisteraars in Tsjad, Malawi, Mali, Mosambiek, Niger, Soedan en Tanzani\u00eb oor te dra.<\/p><h6><em>Malawi<\/em><\/h6><p>FEBA Malawi se bediening groei teen s\u00f3 \u2019n vinnige pas dat hulle nie kan byhou met die aanvraag vir radio\u2019s en oudio-Bybels nie. Die span het onlangs Yao-luisteraars in die Zomba-streek besoek en was \u00a0dankbaar om te sien dat baie Yao Moslems na Christus keer deur FEBA se uitsendings. By een geleentheid het sowat 60 Moslemmans en -vroue by luisteraarklubs aangesluit met die hoop dat hulle meer van God sal leer. Een luisteraar het gedeel: \u201cOns is almal Moslems en die opwenradio\u2019s en oudio-Bybels sal ons inspireer om Jesus Christus in ons harte te aanvaar en by Sy kerk aan te sluit. Baie van ons kan nie lees en skryf nie, so om na Litala FM te luister sal ons help leer wie God is.\u201d<\/p><p>Tot nou toe het die span meer as 70 luisteraarklubs in slegs die Zomba-streek gestig. Daar is tans meer as 19,000 luisteraarklubs in Malawi.<\/p><h6><em>Mali<\/em><\/h6><p>Die oorlog in Mali het miljoene mense al ontwortel en het groot armoede regdeur die land veroorsaak. FEBA Mali se stasie, KanuYah FM, saai die Goeie Nuus in die suidwestelike deel van Mali uit. Die direkteur het onlangs hierdie wonderlike getuienis gedeel: \u201cDie hoofman van \u2019n Minyanka etniese groep oorlogsvlugtelinge in ons streek het vertel dat die gemeenskap elke Sondag hul kerkdienste met behulp van KanuYah FM hou, want hulle het nie \u2019n pastoor nie. Hy het bygevoeg dat die lede van hul gemeenskap in afgele\u00eb dorpies woon wat slegs deur radio maklik bereik kan word, so die stasie is vir hulle \u2019n se\u00ebn.\u201d<\/p><p>Dis veral bemoedigend omdat die Minyanka-mense hoofsaaklike animisties is! Ons prys God vir die wonderlike wyses waarop Hy harte in die mees afgele\u00eb dele van die w\u00eareld aanraak.<\/p><h6><em>Mosambiek<\/em><\/h6><p>Hoewel baie luisteraars in groepe na FEBA se uitsendings luister, skakel baie ook op hul eie in; dan werk God sagkens in hul harte totdat hulle o\u00eb oopgaan en hul lewens omkeer. \u2019n Luisteraar van Nicoadala, Mosambiek, vertel: \u201cVoorheen het ek dikwels verlore en oorweldig gevoel deur die lewe se uitdagings. Nadat ek egter na die Woord van God op Impact FM (FEBA Mosambiek) geluister het, het ek \u2019n gevoel van vrede en betekenis beleef wat ek nooit gedink het moontlik is nie. Die leringe het my gehelp om di\u00e9 te vergewe wat my seergemaak het en het my ge\u00efnspireer om uit te reik en ander in my gemeenskap te help. Die stories en skrifgedeeltes wat tydens die program gedeel word het vir my \u2019n bron van krag geword. Ek begin nou my dag met gebed en nadenke, en ek gebruik dit wat ek geleer het om my dade te rig. Ek is dankbaar vir die positiewe inslag wat hierdie stasie sover op my lewe en die gemeenskap rondom my gehad het. Dis werklik \u2019n se\u00ebn.\u201d<\/p><p>FEBA Mosambiek het ses FM-stasies oral in die land, met \u2019n sewende wat in Cuamba gebou word.<\/p><p>Indien jy die Kersfees-radioprojek wil ondersteun, skakel ons gerus by 012\u00a0335-5708 of besoek <a href=\"http:\/\/www.febaradio.co.za\/ewige-geskenk-2024\">http:\/\/www.febaradio.co.za\/ewige-geskenk-2024<\/a>.<\/p>\t\t\t\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u201cDie geloof volg uit die aanhoor van die boodskap,\u201d skryf Paulus in Romeine 10:17 (NLV) en baie in Afrika kan daardie boodskap slegs deur die radio hoor. FEBA se Kersfees-radioprojek [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":9,"featured_media":15258,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[58],"tags":[],"class_list":["post-15257","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus-afr"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/15257","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/users\/9"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=15257"}],"version-history":[{"count":5,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/15257\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":15269,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/15257\/revisions\/15269"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media\/15258"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=15257"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=15257"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=15257"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}