 {"id":15498,"date":"2024-12-10T12:16:53","date_gmt":"2024-12-10T10:16:53","guid":{"rendered":"https:\/\/febaradio.co.za\/?p=15498"},"modified":"2024-12-10T12:17:30","modified_gmt":"2024-12-10T10:17:30","slug":"n-jaar-van-wonderbaarlike-groei","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/n-jaar-van-wonderbaarlike-groei\/","title":{"rendered":"\u2018n Jaar van Wonderbaarlike Groei"},"content":{"rendered":"<style><\/style>\t\t<div data-elementor-type=\"wp-post\" data-elementor-id=\"15498\" class=\"elementor elementor-15498\" data-elementor-post-type=\"post\">\n\t\t\t\t\t\t<section data-particle_enable=\"false\" data-particle-mobile-disabled=\"false\" class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-11ab04b1 elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"11ab04b1\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-381b3572\" data-id=\"381b3572\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-c85d553 elementor-widget elementor-widget-text-editor\" data-id=\"c85d553\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"text-editor.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t<p>Daar was \u2019n jong Hmong man wat daarvan gedroom het om \u2019n toergids te word. In \u2019n poging om di\u00e9 droom \u2019n werklikheid te maak, het hy begin om Engels deur YouTube aan te leer&#8230;en daar kom hy op FEBA se uitsendings af waar hy die Goeie Nuus in sy eie Hmong-taal ontdek. Hy het kontak met een van FEBA se pastore gemaak, sy dissipelskap-reistog deur FEBA se Facebook-bediening begin en gesien hoe sy skoonsuster wonderbaarlik genees word.<\/p><p>Hoewel dit onwettig is om \u2019n Christen in Laos te wees, dien hierdie jong man tans as \u2019n pastoor wat die evangelie met ander deel ten spyte van vervolging.<\/p><p>2024 was \u2018n opwindende jaar vir FEBA. Die bediening het, ten spyte van groot uitdagings, reg oor die w\u00eareld verstommende groei getoon \u2013 in so \u0149 mate dat FEBA nou daagliks \u2019n potensi\u00eble gehoor van 4 miljard mense bereik! Na raming is 17,777 radio\u2019s en luistertoestelle onder onbereikte mense, asook kerke, versprei wat gretig is om God se Woord te hoor. Di\u00e9 wonderlike groei spoor mens aan om soos Dawid te s\u00ea: \u201cHere my God, U het baie wonderlike dinge gedoen&#8230;\u201d (Psalm 40:6 Afr83).<\/p><h6><strong><em>\u2019n Klompie van die Hoogtepunte<\/em><\/strong><\/h6><p>FEBA se Etniese Bedienings, deur wie die bogenoemde jong man Christus gevind het, saai deesdae in 117 etniese tale reg oor Suidoos-Asi\u00eb uit.<\/p><p>Thailand se Kersfees-uitreik, die <em>Give with Love-<\/em>veldtog, het in 2023 sowat 1.8 miljoen mense bereik. As gevolg hiervan was daar soveel skenkings dat die veldtog Kersgeskenke vir sowat 30,000 minderbevoorregte kinders kon gee, waarvan baie nog nooit \u2019n geskenk ontvang het nie. Boonop het byna 7,000 mense hul lewens aan Christus gegee.<\/p><p>Thailand se Bybel-korrespondensiekursus het ook gegroei, veral in gevangenisse, van waar hulle gereeld getuienisse soos die volgende ontvang: \u201cEk glo in God met my hele hart en siel&#8230;Elke Sondag is ek deel van die aanbiddingsgroep in die gevangenis&#8230;Ek s\u00ea Bybelverse op om hulle te onthou en in my hart te b\u00eare, want ek kan hulle op my daaglikse lewensaksies en keuses toepas.\u201d FEBA bied soortgelyke kursusse aan in Malawi en Noordoos-Afrika. Daar is tans 11,358 studente tussen hierdie drie lande.<\/p><p>Benewens die Bybelkursus het FEBA Malawi volgehou om die luisterklubmodel \u2013 waar mense bymekaarkom om as \u2019n groep na Litala FM se uitsendings te luister \u2013 effektief te gebruik. Die aantal luisteraarklubs in Malawi staan al amper op 20,000! FEBA Malawi se span het Tanzani\u00eb besoek om luisteraarklubs onder die Yao Moslems daar te vestig. FEBA se bediening het ook uitgebrei na Niger toe en daar het ook \u2019n deur oopgegaan na Soedan, waar voorbereidings tans gedoen word om \u2019n stasie te bou, wat die Goeie Nuus vir die eerste keer ooit met sowat 100 onbereikte stamme in die Nuba-berge sal deel.<\/p><p>Selfs die Chinese Bedienings, wat vanjaar met geweldige uitdagings te kampe gehad het, se werk het baie vrug gedra: luisteraars het meer as 816,000 ure se aanlynuitsendings in China en Hong Kong gestroom, terwyl meer as 335,000 selfoontoepassing-verbruikers met FEBA se Chinese Bedieningspan kontak gehou het om meer van Christus te leer.<\/p><p>\u201cEk sou [van al U dade] wou vertel en daaroor praat, maar dit is te veel om op te noem,\u201d s\u00ea Dawid verder in Psalm 40. En hoewel dit inderdaad onmoontlik is om God se liefde en genade tot volle reg te laat kom, sal FEBA aanhou om daarvan te praat en te vertel, totdat almal gehoor het.<\/p>\t\t\t\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Daar was \u2019n jong Hmong man wat daarvan gedroom het om \u2019n toergids te word. In \u2019n poging om di\u00e9 droom \u2019n werklikheid te maak, het hy begin om Engels [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":9,"featured_media":15486,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[58],"tags":[],"class_list":["post-15498","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus-afr"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/15498","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/users\/9"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=15498"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/15498\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":15501,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/15498\/revisions\/15501"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media\/15486"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=15498"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=15498"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=15498"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}