 {"id":15718,"date":"2025-02-11T12:39:08","date_gmt":"2025-02-11T10:39:08","guid":{"rendered":"https:\/\/febaradio.co.za\/?p=15718"},"modified":"2025-02-11T12:39:31","modified_gmt":"2025-02-11T10:39:31","slug":"lewende-hoop-in-die-skadu-van-die-dood","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/lewende-hoop-in-die-skadu-van-die-dood\/","title":{"rendered":"Lewende Hoop in die Skadu van die Dood"},"content":{"rendered":"\t\t<div data-elementor-type=\"wp-post\" data-elementor-id=\"15718\" class=\"elementor elementor-15718\" data-elementor-post-type=\"post\">\n\t\t\t\t\t\t<section data-particle_enable=\"false\" data-particle-mobile-disabled=\"false\" class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-11ab04b1 elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"11ab04b1\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-381b3572\" data-id=\"381b3572\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-c85d553 elementor-widget elementor-widget-text-editor\" data-id=\"c85d553\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"text-editor.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t<p>Drie jaar gelede, op 24 Februarie, het Rusland die Oekra\u00efne binnegeval. Meer as 1\u00a0000 dae al gaan die mans van Oekra\u00efne oorlog toe en laat hulle geliefdes agter om te wag. Die lewe het op ondenkbare maniere verander: die klank van sirenes en missielaanvalle is nou alledaags; die parke en pleine is vol blomme en foto\u2019s van di\u00e9 wat gesneuwel het. Soldate wat huis toe keer, vind dit soms s\u00f3 moeilik om by die burgerlike lewe aan te pas dat hulle verkies om terug te keer na die oorlogsfront. Families word uitmekaar geskeur deur dood en egskeiding, soos die meedo\u00ebnlose stres sy tol van mense se geestesgesondheid eis.<\/p><p>Een vrou het vir \u2019n FEBA-berader vertel: \u201cEk begin bewe elke keer wanneer die sirene loei. Ek kan myself nie help nie. Ek is heeltyd angstig \u2013 nee, ek is bang. Bang dat \u2019n missiel deur die venster vlieg en my lewe be\u00ebindig. Ek weet nie wanneer laas ek \u2018n nag deurgeslaap het nie.\u201d<\/p><p>Na drie jaar is die mense uitgeput en twyfel hulle of die oorlog ooit sal end kry. Selfs Christene begin vra: \u201cAs God goed is en gebed verhoor, waarom sleep hierdie oorlog dan so voort?\u201d<\/p><p>Maar&#8230;mense bly steeds soekend na God. Volgens die FEBA Oekra\u00efne-span het hulle ten minste \u2018n 30% toename gesien in die aantal nuwe gelowiges en in kerkbywoning. Victor Akhterov, direkteur van FEBA Eurasi\u00eb, s\u00ea die oorlog het mense voorberei op die evangelie. \u201c[Mense] kom met oop harte, want die pyn van oorlog, die lyding van oorlog, het hulle harte oopgemaak. Gebroke harte is oop vir Jesus.\u201d<\/p><p>FEBA Oekra\u00efne ondersteun nie alleen burgerlikes deur hul radio-uitsendings en uitreike nie, maar ook soldate. Hulle het byvoorbeeld programme wat soldate spesifiek help met hul pyn en vrees. Soldate bel selfs uit die loopgrawe om meer van Christus te leer, s\u00ea Direkteur Akhterov. \u201cJy hoor ontploffings in die agtergrond, maar hulle s\u00ea: \u2018Hou aan praat! Ignoreer die ontploffings \u2013 ek luister, want ek wil hierdie hoop h\u00ea.\u2019\u201d<\/p><p>Agt van FEBA Oekra\u00efne se spanlede dien tans in die weermag \u2013 drie as kapelane en vyf as soldate. Een personeellid is ernstig gewond en ondergaan steeds rehabilitasie. Almal van hulle het families wat op hulle wag.<\/p><p>Op die tuisfront saai FEBA programme vir vroue en kinders uit en hulle bedryf \u2019n beradingslyn om luisteraars te ondersteun wat moeilike vrae vra. Die span hou ook van tyd tot tyd byeenkomste vir soldate se vrouens en dogters. Te danke aan FEBA Oekra\u00efne se onlangse uitreik (\u201cEmbrace\u201d), soek baie vroue nou meer opreg na God en sluit hulle by kerke aan.<\/p><p>Die volgende getuienis wys die kragtige effek van FEBA Oekra\u00efne se bediening baie goed: Olga het FEBA Oekra\u00efne se beraders gebel op soek na hulp met haar vrees vir die dood \u2013 haar eie, asook haar skoonseun op die oorlogsfront s\u2019n. Toe die berader die Goeie Nuus met haar deel en sy hoor van God se liefde vir haar as Sy dogter, het Olga begin huil. Sy het besluit om op Christus te vertrou. \u201cDankie,\u201d het sy ges\u00ea. \u201cEk het gedink ek is alleen. Dankie dat julle saam met my is en my aan my Vader bekendgestel het.\u201d<\/p>\t\t\t\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Drie jaar gelede, op 24 Februarie, het Rusland die Oekra\u00efne binnegeval. Meer as 1\u00a0000 dae al gaan die mans van Oekra\u00efne oorlog toe en laat hulle geliefdes agter om te [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":9,"featured_media":15708,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[58],"tags":[],"class_list":["post-15718","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus-afr"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/15718","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/users\/9"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=15718"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/15718\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":15721,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/15718\/revisions\/15721"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media\/15708"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=15718"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=15718"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=15718"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}