 {"id":15822,"date":"2025-03-12T14:55:51","date_gmt":"2025-03-12T12:55:51","guid":{"rendered":"https:\/\/febaradio.co.za\/?p=15822"},"modified":"2025-03-12T14:58:00","modified_gmt":"2025-03-12T12:58:00","slug":"n-reis-van-bemoediging-en-feestelikheid","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/n-reis-van-bemoediging-en-feestelikheid\/","title":{"rendered":"\u2019n Reis van Bemoediging en Feestelikheid"},"content":{"rendered":"<style><\/style>\t\t<div data-elementor-type=\"wp-post\" data-elementor-id=\"15822\" class=\"elementor elementor-15822\" data-elementor-post-type=\"post\">\n\t\t\t\t\t\t<section data-particle_enable=\"false\" data-particle-mobile-disabled=\"false\" class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-11ab04b1 elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"11ab04b1\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-381b3572\" data-id=\"381b3572\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-c85d553 elementor-widget elementor-widget-text-editor\" data-id=\"c85d553\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"text-editor.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t<p>Fisiese mishandeling. Verwerping. Dreigemente. Sedert Nesi in 2019 \u2019n Christen geword het, het sy d\u00edt en nog meer verduur van die mense in haar Malawiese dorpie.<\/p><p>\u201cEk het baie uitdagings in die gesig gestaar. Baie van die leiers in die dorp het ons seergemaak, fisies gestraf, en selfs my familie het van my af weggebreek.\u201d Haar geloof het haar ook ongeskik gemaak as vrou en geen man wil met haar trou nie. \u201cOmdat ek gekies het om Jesus Christus te verkondig, is ek nou ten volle afhanklik van Hom. Ten spyte van al die fisiese mishandeling het ek nog nooit weer \u00a0\u2019n voet in hulle godsdiens gesit nie. Ek hou aan bedien in Jesus Christus se naam.\u201d<\/p><p>\u2018n Ander vrou, Padma, deel: \u201cMy oom het na my toe gekom en ges\u00ea ek moet die dorp verlaat, en selfs al was ek sterwend, sou hulle my nie help nie. My familielede is nie by my nie en mag nie eens my huis betree nie. Selfs die dorpshoof gee nie om oor my lewe nie.\u201d<\/p><p>Nesi en Padma se getuienisse is twee van verskeie wat FEBA Radio SA se nasionale direkteur, dr Jurie Vermeulen, en FEBA Kanada se direkteur, Evert van Steenbergen, gehoor het tydens hul toer na Malawi en Mosambiek aan die einde van Februarie. Die hoofdoel van die toer was om die inhuldiging van FEBA Mosambiek se sewende radiostasie, <em>Victory FM<\/em>, op 21 Februarie in Cuamba by te woon, maar die twee direkteure het eers Malawi toe gereis om vervolgde gelowiges te bemoedig en saam met hulle te bid.<\/p><p>Hoewel Malawi\u00ebrs grootliks verdraagsaam is teenoor die Christendom, word dit met haat en straf begroet onder die Yao, wat merendeels Moslem is. Dis nie ongewoon vir Christene om uit hul dorpe verjaag te word, of dat hul huise vernietig word nie.<\/p><h5><em>\u2019n Nuwe stem in Cuamba<\/em><\/h5><p><em>Victory FM<\/em> is tot stand gebring in reaksie op aanhoudende versoeke van Cuamba se inwoners wat na programme van \u2019n ander FEBA Mosambiek stasie, <em>Fountain of Truth<\/em>, 300 km weg geluister het. Toe FEBA die nuwe stasie begin bou, het plaaslike inwoners dit op hulself geneem om self die bakstene vir die projek te maak. Meer as \u2019n honderd van hulle het die inhuldiging bygewoon en was verheug toe hulle iets te ete en te drinke kry.<\/p><p>Malawi en Mosambiek is verskriklike arm lande en die ergste deel van die armoede \u2013 volgens FEBA Mosambiek se direkteur, Bright Sonjera \u2013 is die hongersnood. \u201cMense het nie kos nie,\u201d s\u00ea hy, \u201cen hulle gaan dood as gevolg daarvan.\u201d<\/p><p>Ten spyte van die moeilike omstandighede bly FEBA se personeel en luisteraars in Malawi en Mosambiek sterk staan in hulle geloof en vertrou hulle op God. Direkteur Sonjera hou FEBA se ware doel altyd voor o\u00eb en het dit as volg opgesom toe hy praat oor sy visie vir <em>Victory FM<\/em>:<\/p><p>\u201cDaar is baie mense wat onbereik is en die radio sal hulle help om die evangelie te hoor.\u201d<\/p>\t\t\t\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Fisiese mishandeling. Verwerping. Dreigemente. Sedert Nesi in 2019 \u2019n Christen geword het, het sy d\u00edt en nog meer verduur van die mense in haar Malawiese dorpie. \u201cEk het baie uitdagings [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":9,"featured_media":15808,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[58],"tags":[],"class_list":["post-15822","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus-afr"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/15822","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/users\/9"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=15822"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/15822\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":15826,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/15822\/revisions\/15826"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media\/15808"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=15822"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=15822"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=15822"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}