 {"id":15938,"date":"2025-04-09T14:05:46","date_gmt":"2025-04-09T12:05:46","guid":{"rendered":"https:\/\/febaradio.co.za\/?p=15938"},"modified":"2025-04-09T14:08:09","modified_gmt":"2025-04-09T12:08:09","slug":"christen-wees-is-menslik-onmoontlik","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/christen-wees-is-menslik-onmoontlik\/","title":{"rendered":"Christen-wees is menslik onmoontlik"},"content":{"rendered":"<style><\/style>\t\t<div data-elementor-type=\"wp-post\" data-elementor-id=\"15938\" class=\"elementor elementor-15938\" data-elementor-post-type=\"post\">\n\t\t\t\t\t\t<section data-particle_enable=\"false\" data-particle-mobile-disabled=\"false\" class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-7c4dbaa6 elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"7c4dbaa6\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-22e2f77\" data-id=\"22e2f77\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-786fd533 elementor-widget elementor-widget-text-editor\" data-id=\"786fd533\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"text-editor.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t<p><em>deur Dr Jurie Vermeulen<\/em><\/p><p><em>\u201c<\/em><span style=\"font-family: Calibri, sans-serif; text-align: justify;\">In Lukas 18:9-14 lees ons: <\/span><i style=\"font-family: Calibri, sans-serif; text-align: justify;\">\u201cMet die oog op mense wat seker was dat hulle eie saak met God reg is en wat op ander neergesien het, het Jesus hierdie gelykenis vertel:\u00a0\u2018Twee mense het na die tempel toe gegaan om te bid. Die een was &#8216;n Farise\u00ebr en die ander een &#8216;n tollenaar.\u00a0Die Farise\u00ebr het gaan staan en by homself so gebid: \u201cO God, ek dank U dat ek nie soos ander mense is nie: diewe, bedrie\u00ebrs, egbrekers, en ook nie soos hierdie tollenaar nie. Ek vas twee keer in die week en ek gee &#8216;n tiende van my hele inkomste.\u201d\u00a0Maar die tollenaar het daar ver bly staan en wou selfs nie na die hemel opkyk nie. Hy het bedroef op sy bors geslaan en ges\u00ea: \u201cO God, wees my, sondaar, genadig.\u201d\u00a0Ek s\u00ea vir julle: Hierdie man, en nie die ander een nie, het huis toe gegaan as iemand wie se saak met God reg is. Elkeen wat hoogmoedig is, sal verneder word; en hy wat nederig is, sal verhoog word.\u2019\u201d<\/i><\/p><p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\" style=\"font-family: 'Calibri',sans-serif;\">In hierdie gelykenis verduidelik Jesus \u2019n belangrike, bevrydende waarheid: dat Christen-wees in werklikheid menslik onmoontlik is. Laat ek verduidelik: <\/span><\/p><p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\" style=\"font-family: 'Calibri',sans-serif;\">Ons vind hier \u2019n baie persoonlike prentjie: twee mense in dieselfde sinagoge nader tot dieselfde God, maar vanuit twee verskillende oortuigings en gesindhede. Elkeen het sy eie begrip van God, geregtigheid en saligheid. <\/span><\/p><p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\" style=\"font-family: 'Calibri',sans-serif;\">Die Farise\u00ebr loop oor van selfvertroue. Hy is van mening dat hy soveel godsdienstige krediete opgebou het dat die hemel hom nie kan weier nie. Hy hoop nie bloot vir die beste wanneer die skaal op die oordeelsdag gelaai word met sy debiete en krediete nie; nee, hy meen selfs dat hy \u2018n goeie kans staan om die Nobelprys vir godsdienstigheid te wen met al sy goeie werke! <\/span><\/p><p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\" style=\"font-family: 'Calibri',sans-serif;\">Die ander persoon in die verhaal is die spreekwoordelike sondaar van die antieke Joodse godsdiens: \u2018n tollenaar. Hy staan eenkant en bid, maar is so bewus van sy geestelike onwaardigheid en verlorenheid dat hy nie eens sy o\u00eb kan ophef nie. Hy het niks om by te dra tot sy eie saligheid nie \u2013 niks wat God sal motiveer om hom te ontvang nie. Al waartoe hy in staat is, is om op sy bors te slaan en te bely dat hy \u2018n sondaar is wat nooit aan God se ho\u00eb eise sal kan voldoen nie. Volgens Jesus ruil die twee siele in werklikheid plekke: die tollenaar stap as regverdige uit, en die Farise\u00ebr as verlorene! <\/span><\/p><p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\" style=\"font-family: 'Calibri',sans-serif;\">Twee verdere voorvalle in die hoofstuk illustreer dieselfde waarheid: die kindertjies wat godsdienstig tot geen meriete in staat is nie, is voorbeelde van regverdiges, terwyl die ryk jong man se krag, naamlik sy rykdom, hom juis diskwalifiseer en uit die koninkryk van God hou \u2013 net soos die goeie werke van die Farise\u00ebr. Die retoriese klimaks van die gedeelte is waar die omstanders verbaas vra: <i>\u201c\u2018Wie kan dan gered word?\u2019\u00a0En Hy antwoord: \u2018Wat onmoontlik is by mense, is by God moontlik\u2019\u201d <\/i>(vv. 26-27). <\/span><\/p><p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify;\"><a name=\"_Hlk194573926\"><\/a><span lang=\"AF\" style=\"font-family: 'Calibri',sans-serif;\">Die gevolgtrekking? Christen-wees is menslik onmoontlik \u2013 dis \u201ckameel deur die oog van \u2018n naald\u201d- onmoontlik; net God kan van jou \u2018n Christen maak, jou geestelik lewend maak deur weergeboorte (Joh. 3:3). Omdat die sonde-kloof tussen ons en God kwalitatief van aard is en nie kwantitatief nie, kan geen hoeveelheid (kwanta) menslike inspanning en goeie werke ooit die kruis van Jesus vervang en die kloof oorbrug nie. Dis immers die verskil tussen dood en lewe, duisternis en lig. Dis ook kwalitatief van aard omdat God net een unieke oplossing vir die probleem erken&#8230;die offer van die sondelose Lam. <\/span><\/p><p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\" style=\"font-family: 'Calibri',sans-serif;\">Ten spyte hiervan kom ek dikwels Christene uit alle denominasies te\u00eb wat die kwantitatiewe oplossing met wisselende intensiteit beoefen \u2013 van \u201cek ondersteun ten minste die DBV\u201d tot kerk-betrokkenheid, gemeenskapsdiens en naastediens in vele vorme. Hul evangelie kan opgesom word met: \u201cLeef so goed moontlik en hoop vir die beste op die oordeelsdag \u2013 God is tog genadig.\u201d Almal wat so dink, leef met dieselfde siddering vir die oordeelsdag, want dan word die somme bereken, jou krediete en debiete op die skale geweeg en die uitslag van die toets oor jou ewige eindbestemming bekend gemaak. <\/span><\/p><p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify;\"><a name=\"_Hlk194577588\"><\/a><span lang=\"AF\" style=\"font-family: 'Calibri',sans-serif;\">Dis presies die filosofie wat ek voortdurend op my reise na nie-Christelike lande vind: van Juda\u00efsme tot Islam en alles tussen-in, is dit \u2018n naarstiglike brugbouery, elkeen met sy eie resep. Die Juda\u00efsme werk steeds met dieselfde 2000 jaar-oue stelsel van meriete en krediete gebaseer op gebed en vas, Tora-studie, <i>mitzvah <\/i>(goeie werke) en <i>tzedakah <\/i>(aalmoese). Vandag nog kan Jode wat godsdienstig minder aktief is, deur middel van bydraes aan Ortodokse groepe, deel in die meriete wat befaamde Joodse heiliges verdien het tydens hul lewens. Dis soortgelyk aan die Middeleeuse gebruike van die Roomse Kerk wat gelei het tot Martin Luther se opstand en die daaropvolgende Reformasie. <\/span><\/p><p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\" style=\"font-family: 'Calibri',sans-serif;\">Islam het ook geen konsep van genade of regverdigmaking deur die geloof nie. Hul \u201cevangelie\u201d vereis dat hulle die pad na die paradys oopwerk deur die Pilare van Islam nougeset te beoefen. Daar is geen waarborg of sekerheid van redding moontlik aan di\u00e9 kant van die graf nie. Op die oordeelsdag besluit Allah of jy genoeg gedoen het om die skaal in jou guns te swaai, of nie. Die Hindoes se weergawe hiervan is <i>Karma<\/i>; die Boeddhiste onderhou Boeddha se beginsels; die Tao\u00efsme, animisme en al die ander mensgemaakte godsdienste volg dieselfde resep: \u201cDoen jou bes, en hoop vir die beste!\u201d<\/span><\/p><p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\" style=\"font-family: 'Calibri',sans-serif;\">Jesus illustreer vir ons in hierdie gelykenis die enigste geldige evangeliese antwoord op die \u201ctoets\u201d: dis die tollenaar se diepe besef van sy eie ongeneeslike geestelike bankrotskap, verlorenheid en onvermo\u00eb. Hierdie totale oorgawe trek \u2018n soekende God nader en aktiveer Sy genade \u2013 geloof in Sy kruis en Sy bloed lei tot vergifnis, wedergeboorte en regverdigmaking&#8230;alles aan hierdie kant van die graf. Paulus se leer van regverdigmaking deur die geloof beteken dat die toets n\u00f3\u00fa geskryf en geslaag word; dat hemel en hel n\u00f3\u00fa reeds beslis word. Niemand hoef met \u2018n ondraaglike geloofsonsekerheid te probeer leef tot by die oordeelsdag nie. <\/span><\/p><p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\" style=\"font-family: 'Calibri',sans-serif;\">Paulus som Jesus se boodskap treffend op in Efesi\u00ebrs 2:1-9:<\/span> <i><span lang=\"AF\" style=\"font-family: 'Calibri',sans-serif;\">\u201cJulle was dood as gevolg van julle oortredings en sondes\u00a0wat voorheen julle lewenswyse gekenmerk het. Julle het gelewe soos hierdie sondige w\u00eareld en julle laat lei deur die vors van die onsigbare magte, die gees wat daar nou aan die werk is in die mense wat aan God ongehoorsaam is. So het ons trouens vroe\u00ebr ook almal gelewe. Ons is deur ons sondige begeertes oorheers en het gedoen net waartoe ons luste ons gelei het en wat in ons gedagtes opgekom het. Vanwe\u00eb ons sondige natuur sou ons net soos die ander mense deur God gestraf moes word.\u00a0Maar God is ryk in barmhartigheid en het ons innig lief. Deur sy groot liefde het Hy ons wat dood was as gevolg van ons oortredings, saam met Christus lewend gemaak. Uit genade is julle gered!\u00a0Ja, in Christus Jesus het Hy ons saam met Hom opgewek uit die dood en ons saam met Hom &#8216;n plek in die hemel gegee\u2026 Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is &#8216;n gawe van God.\u00a0Dit kom nie deur julle eie verdienste nie, en daarom het niemand enige rede om op homself trots te wees nie.\u201d\u00a0<\/span><\/i><\/p><p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify;\"><a name=\"_Hlk194578829\"><\/a><span lang=\"AF\" style=\"font-family: 'Calibri',sans-serif;\">Johannes formuleer dieselfde gedagte as volg: <i>\u201cWie die Seun het, het die lewe; wie nie die Seun van God het nie, het ook nie die lewe nie. Hierdie brief skrywe ek vir julle, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het, julle wat in die Seun van God glo\u201d<\/i> (1 Joh. 5:12-13). \u00a0<\/span><\/p><p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\" style=\"font-family: 'Calibri',sans-serif;\">Gereformeerde teoloog, Johannes Calvyn, wat sekerheid beskou het as deel van geloof, beaam dit soos volg: \u201cThe\u00a0principal point in this subject (justification\/regverdigmaking) has been now explained: as justifications if dependent upon works, cannot possibly stand in the sight of God, it must depend solely on the mercy of God and communion with Christ, and therefore on faith alone\u201d (Calvin, <i>The Institutes<\/i>, 15.1). <\/span><\/p><p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\" style=\"font-family: 'Calibri',sans-serif;\">Ons prys die Here vir die goeie nuus van die evangelie: <i>\u201cMy genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is\u201d<\/i> (2 Kor. 12:9)!\u00a0<\/span><\/p>\t\t\t\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>deur Dr Jurie Vermeulen \u201cIn Lukas 18:9-14 lees ons: \u201cMet die oog op mense wat seker was dat hulle eie saak met God reg is en wat op ander neergesien [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":9,"featured_media":15928,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[66,55],"tags":[],"class_list":["post-15938","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-blog-afr","category-van-die-direkteur"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/15938","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/users\/9"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=15938"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/15938\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":15941,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/15938\/revisions\/15941"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media\/15928"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=15938"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=15938"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=15938"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}