 {"id":7638,"date":"2021-03-10T10:32:02","date_gmt":"2021-03-10T10:32:02","guid":{"rendered":"https:\/\/febaradio.co.za\/?p=5597"},"modified":"2022-01-07T12:56:36","modified_gmt":"2022-01-07T12:56:36","slug":"5597","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/5597\/","title":{"rendered":"LIEFDE DRING RUSLAND BINNE"},"content":{"rendered":"<p><strong><u>LIEFDE DRING RUSLAND BINNE<\/u><\/strong><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Geen persoon kon sinvolle antwoorde bied nadat Covid-19 Rusland in 2020 getref het nie. Selfs ate\u00efsme, wat \u2018n houvas op die bevolking se ideale het, kon geen hoop vir mense bied, en baie mense alleen, moes sonder enige hoop en hulp al die krisisse rondom gesondheid, finansies en verhoudings self hanteer.<\/p>\n<p>Tydens die hoogtepunt van die pandemie het &#8216;n groot skare Russe hul radio\u2019s aangeskakel, en ingeskakel op geloofsgebaseerde programme. Baie het uitgereik na FEBC Rusland vir die eerste keer en was opgewonde om met die vriendelike omroepers oor God te praat. Rusland se omroepers het in dieselfde asem berading en leiding aan die mense gebied, wat daartoe gelei dat talle mense na Christus gedraai het.<\/p>\n<p>Die mense op die voorgrond word tot vandag toe belas met die tragiese werklikheid; soos sterftes en die negatiewe ervaring wat daarmee gepaardgaan. FEBC het as die ligdraer toegetree om die hoop weer terug te bring, soos blyk uit die getuienis van \u2018n dokter wat deurlopend ongevalle moes hanteer.<\/p>\n<p>FEBC se uitsendings was vir haar \u2018n bron van hoop in die lang maande waar sy Covid-19-pasi\u00ebnte behandel het;<\/p>\n<p><em>\u201cEk kan nie beskryf hoeveel hulp jul uitsendings vir my persoonlik beteken het nie, asook vir ons paramedici. Ons luister na jul programme daagliks en ons voel na elke program aangemoedig, gese\u00ebnd en opgehef. Geen van ons het voorheen enige geloof beoefen nie. Ons was nie as sulks ate\u00efste nie, maar ons aandag was nie op God gerig nie. Ons weet nou dat God vir ons omgee en deel is van ons bestaan. Ek bid elke dag tot Jesus en ek weet dat elke nooddienswerker werklik gese\u00ebn word deur jul programme.\u201d<\/em><\/p>\n<p>Rusland se luisteraarsbasis bevat \u2018n kombinasie van ongelowiges, wat wissel van slegs &#8216;n oppervlakkige belangstelling, tot die wat werklik na geestelike antwoorde soek en Jesus heelhartig wil volg. Dit is waarom die programme deeglik beplan word om die luisteraars se aandag te lok, deur om \u2018n verskeidenheid van aktuele en Bybel-gebaseerde programme aan te bied \u2014 om mense, waar ook al hulle op hul lewenspad is, te bereik.<\/p>\n<p>Die gewildheid van Bybelprogramme wat praktiese lewenslesse leer, het veral tydens die pandemie-tydperk toegeneem. Miljoene luisteraars het \u2018n behoefte na geestelike waarheid en het besef dat die Bybel in alle opsigte relevant tot hul lewens is \u2014 \u2018n leefwyse wat ongekende verandering kan bring, indien mense hulself oopstel vir God se woord.<\/p>\n<p>\u2018n Omroeper van FEBC Moskou, past. Andrey, het gedeel; \u201cMy program is eenvoudig; ek deel die feite wat die Bybel te s\u00ea het oor ons lewens en dan gee ek antwoorde op mense se vrae. Dit is ongelooflik om te sien hoe God se woord die harte van luisteraars verander en genees. Ek het al telkemale gesien hoe God talle mense se lewens deur ons uitsendings red. Dankie dat jy ons help om die lewendmakende woord aan miljoene te kan uitsaai.\u201d<\/p>\n<p>Een van FEBC se kernwaardes is om met luisteraars verhoudings te bou. Dit is waarom \u2018n hele klomp opwindende, kort multi-media-reekse oor die volgende paar maande met ongelowiges gedeel gaan word. Die idee hiermee is dat luisteraars God se woord self kan verken en om met plaaslike kerke in verbinding te tree waar leraars gereedstaan om nuwe dissipels van mense te maak.<\/p>\n<p>FEBC Rusland is verder van plan om die bediening uit te brei, deur om vanuit mobiele ateljees in die strate, kafees, op busse en in mense se wonings uitsendings te doen. Hierdie ongewone benadering sal definitief gewild wees onder jongmense wat hou van oorspronklikheid. Deur middel van soortgelyke innoverende idees bring ons radio stasies in Afrika die evangelie met groot vrug, aan duisende mense in stede en dorpies. Voortdurende innovering bly krities indien ons wil voortgaan om miljoene regoor die w\u00eareld aan Christus voor te stel.<\/p>\n<p>*Aangespaste weergawe vanaf febc.org<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>LIEFDE DRING RUSLAND BINNE &nbsp; Geen persoon kon sinvolle antwoorde bied nadat Covid-19 Rusland in 2020 getref het nie. Selfs ate\u00efsme, wat \u2018n houvas op die bevolking se ideale het, [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":7641,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[58],"tags":[],"class_list":["post-7638","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus-afr"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7638","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=7638"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7638\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":7646,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7638\/revisions\/7646"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media\/7641"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=7638"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=7638"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=7638"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}