 {"id":7707,"date":"2021-04-16T12:52:11","date_gmt":"2021-04-16T12:52:11","guid":{"rendered":"https:\/\/febaradio.co.za\/?p=7707"},"modified":"2022-01-07T12:56:36","modified_gmt":"2022-01-07T12:56:36","slug":"van-chaos-tot-christus-2","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/van-chaos-tot-christus-2\/","title":{"rendered":"VAN CHAOS TOT CHRISTUS"},"content":{"rendered":"<p>Die situasie in Kirgisi\u00eb het die afgelope maand \u2018n paar keer die internasionale media se aandag gehad, nadat duisende aggressiewe betogers aan die begin van Oktober die parlementsgebou bestorm het oor gerugte van inmenging tydens die land se nasionale verkiesing. In die ure wat gevolg het na die oproer het die regering die besluit geneem om die verkiesing nietig te verklaar en is \u2018n tussentydse eersteminister aan bewind gestel. Die oproer het in die stad Bishek in anargie ontaard terwyl landsburgers aangehou het met eise dat die president tot verantwoording geroep moet word.<\/p>\n<p>Die betogers was daarop uit om \u2018n konfrontasie met die gereg uit te lok en ekstremiste het die chaos misbruik om vandalisme, geweld en diefstal te pleeg.<\/p>\n<p>Suid-Afrikaners ken hierdie soort chaos al te goed, want daar is veral deesdae \u2018n groeiende tendens van onsekerheid, soos wat deesdae in elke land heers. Vir die mense van Kirgisi\u00eb is politieke onstabiliteit nie ongewoon nie.<\/p>\n<p>\u201cHierdie vergrype het al \u2018n paar keer oor die afgelope 15 jaar plaasgevind,\u201d volgens FEBC se Ethan Froelich. \u201c\u2019n Nuwe regering kom aan bewind en vir meeste van die mense in Kirgisi\u00eb gaan die lewe aan soos normaal.\u201d<\/p>\n<p>Die groter kommer, in vergelyking met die ongewone gebeure, is die mense wat sonder Christus leef. Dit is sulke mense wie die slagoffers word van angs en \u2018n oorweldigende gevoel van hopeloosheid, wat op die ou end in depressie, en sonder Christus, vasgevang word.<\/p>\n<p>Kirgisi\u00eb is wel \u2018n klein land, maar beskik oor \u2018n groot meerderheid mense wat in Islam glo en moeilik met die evangelie bereik word. Minder as 1% van die bevolking glo in Jesus. Die jammerte l\u00ea daarin dat die meerderheid op hul sterfbed opeindig en nooit eers sal hoor wat Jesus vir hulle werklik gedoen het. Dit is egter besig om te verander\u2026<\/p>\n<p>God is besig om deure in die land oop te maak sodat die evangelie die bevolking kan bereik. Christelike radiouitsendings het 10 jaar gelede nie bestaan nie, maar daar is vandag ses FM-stasies in die land gevestig wat die Goeie Nuus uitsaai \u2013 te danke aan volgehoue ondersteuning van ons vennote en donateurs. Die voordeel is dat die luisteraars na die Woord in hul eie taal kan luister.<\/p>\n<p>Soos wat die protesoptogte deur die onveilige strate van Bishek gewoed het, en die woede en haat vir die regering tot \u2018n breekpunt gestyg het, het FEBC nie gestop om die boodskap van hoop in Jesus Christus uit te saai nie. \u201cOns kies geen kant wanneer politiek ter sprake is nie,\u201d het FEBC se Sentraal Asi\u00eb-direkteur, Rudi Wiens, ges\u00ea. \u201cOns saai inligting uit waar mense gedurende die protesoptogte kos of mediese behandeling kan kry wanneer dit handuitruk. Dit is in tye soos hierdie waar mense na hoop soek en ons versoek ons luisteraars om eerder vir die regering te bid en dat daar \u2018n spoedige oplossing vir die chaos gevind sal word. Ons doen moeite om mense ten spyte van die chaos, steeds van Jesus te vertel.<\/p>\n<p>Kirgisi\u00eb is \u2018n relatiewe klein nasie in Asi\u00eb wat sy grens met Sjina deel. Vanuit die totale Kirgisiese bevolking wat hoofsaaklik Islam volg, erken slegs 1% van die 6,3 miljoen landsburgers dat hulle in Jesus glo. Al toon die syfers dat hierdie land nog min met die evangelie te doen gehad het, is God besig om dit te verander. Die mense is uitgehonger vir ware sielskos, al is die idee van die Goeie Nuus vir hulle uiters vreemd. Ten spyte hiervan is ons baie bemoedig deur die groot getalle mense wat tans positief reageer, Jesus aaneem en nuwe mense word. Kyk gerus na die volgende video wat God besig is om te doen in Kirgisi\u00eb.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die situasie in Kirgisi\u00eb het die afgelope maand \u2018n paar keer die internasionale media se aandag gehad, nadat duisende aggressiewe betogers aan die begin van Oktober die parlementsgebou bestorm het [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":5296,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[58],"tags":[],"class_list":["post-7707","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus-afr"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7707","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=7707"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7707\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":7708,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7707\/revisions\/7708"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media\/5296"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=7707"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=7707"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=7707"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}