 {"id":7711,"date":"2021-04-16T12:58:12","date_gmt":"2021-04-16T12:58:12","guid":{"rendered":"https:\/\/febaradio.co.za\/?p=7711"},"modified":"2023-04-18T14:55:23","modified_gmt":"2023-04-18T12:55:23","slug":"ten-spyte-van-covid-19-bereik-christelike-radiogolwe-miljoene-in-kirgisie-se-tweede-grootste-stad","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/ten-spyte-van-covid-19-bereik-christelike-radiogolwe-miljoene-in-kirgisie-se-tweede-grootste-stad\/","title":{"rendered":"TEN SPYTE VAN COVID-19, BEREIK CHRISTELIKE RADIOGOLWE MILJOENE IN KIRGISI\u00cb SE TWEEDE GROOTSTE STAD"},"content":{"rendered":"<p>Kairat, \u2018n 38-jarige Moslem-man, woon in Sentraal-Asi\u00eb. Ons het hierdie epos van hom ontvang, Kort nadat hy vir die eerste keer na een van ons programme geluister het.<\/p>\n<p>\u201cEk besit \u2018n goeie besigheid en het \u2018n wonderlike familie. Jul program het egter my o\u00eb oopgemaak dat ek eintlik \u2018n probleem het. Ek het grootgeword in \u2018n arm huishouding. My pa was \u2018n alkoholis en elkeen in die gesin het daaronder gely. Ek het daagliks hard probeer om myself te bewys, wat my maak glo het dat dit die enigste manier was hoe ek enigiets kon vermag. Ek het my doelstellings in die lewe bereik, maar ek was altyd ongelukkig. Terwyl ek na jul program geluister het, het ek di\u00e9 woorde gehoor uit&nbsp;Joh.7:46:&nbsp;\u2018Nog nooit het \u2018n mens gepraat soos hierdie man nie.\u2019\u201d<\/p>\n<p>Kairat het al hoe meer begin Bybel lees. Soos wat hy een vir een deur die bladsye geblaai het, het hy besef dat liefde nie in sy rykdom gevind kon word nie.<\/p>\n<p>\u201cEk het ontdek dat ware liefde slegs in God gevind kan word. Soos die liefde van God my daagliks vervul, kan ek ook ander liefh\u00ea en dien.\u201d<\/p>\n<p>God gebruik FEBC Kirgisi\u00eb op \u2018n kragtige wyse om hierdie Moslem-mense in Sentraal-Asi\u00eb met die lewende waters van die evangelie aan te raak. Getuienisse soos hierdie word al hoe meer gedeel, en danksy ons uitsendings het hierdie deel van die w\u00eareld die tuiste geword van \u2018n snel-groeiende, eerste generasie kerk!<\/p>\n<p>Die Here is tans besig om wonderlike veranderings in Kirgisi\u00eb te bring. Die FEBC-span het onlangs hul sesde radiostasie, OK FM 88.4, in die stad, Osh, gestig. Kort nadat die stasie tot stand gekom het is 500 radio\u2019s aan die gemeenskap geskenk. Die stad bestaan uit 5.5 miljoen mense, waarvan slegs 1% Christene is. Osh is ook die tweede grootste stad in die hele land.<\/p>\n<p>Weens die onstuimige politieke klimaat, het Kirgisi\u00eb \u2018n groot behoefte aan gebed. Nuusagentskappe het die land gedurende Oktober 2020 in die kollig geplaas nadat duisende gewelddadige betogers die parlement binnegedring het. Die rede hiervoor was die algemene indruk dat daar met die verkiesinguitslae gekonkel was. Die stad, Bischek, was in \u2018n ramptoestand en anargie gedompel.<\/p>\n<p>Kirgisi\u00ebrs se grootste behoefte bly steeds die liefde en hoop wat in Jesus Christus gevind kan word. Dit is waarom ons, saam met ons vennote, ons bes doen om mense soos Kairat toegang tot die Woord van God te gee en tot bekering roep.<\/p>\n<p>Ons span in Kirgisi\u00eb oorkom daagliks enorme uitdagings in hul poging om toe te sien dat die boodskap van die lewende evangelie die harte van mense vul en hul omstandighede verander. Ten spyte van die regering se grendelstaatregulasies, kon ons span hul daaglikse aktiwiteite voortsit. Die uitsendings bereik reeds tallose gesinne; mense wat vir die eerste keer kennis maak met die Lewende Hoop, voortgedra deur die radiogolwe.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Kairat, \u2018n 38-jarige Moslem-man, woon in Sentraal-Asi\u00eb. Ons het hierdie epos van hom ontvang, Kort nadat hy vir die eerste keer na een van ons programme geluister het. \u201cEk besit [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":4884,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[58,64],"tags":[],"class_list":["post-7711","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus-afr","category-stories-en-getuienisse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7711","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=7711"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7711\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":11882,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7711\/revisions\/11882"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media\/4884"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=7711"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=7711"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=7711"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}