 {"id":7713,"date":"2021-04-16T13:03:41","date_gmt":"2021-04-16T13:03:41","guid":{"rendered":"https:\/\/febaradio.co.za\/?p=7713"},"modified":"2022-01-07T12:56:35","modified_gmt":"2022-01-07T12:56:35","slug":"sewe-generasies-deur-febc-se-uitsendings-geslyp","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/sewe-generasies-deur-febc-se-uitsendings-geslyp\/","title":{"rendered":"SEWE GENERASIES DEUR FEBC SE UITSENDINGS GESLYP"},"content":{"rendered":"<p>\u201cOns storie het 50 jaar gelede begin toe my groot, groot, groot ouma op \u2018n dag ingeskakel het op FEBC Liangyou Radio in China. Etlike jare later is my groot oupa deur God geroep om \u2018n pastoor te word en het die Christelike geloof in ons familie begin posvat. Ek is vandag bevoorreg om die sesde generasie van Christene in ons familie te wees. My kinders sal die sewende generasie dan wees wat hierdie nalatenskap aan hulle kinders gaan oordra.\u201d<\/p>\n<p>Hierdie storie van \u2018n Chinese familie wat oor sewe generasies deur ons uitsendings verander is, het ons harte by FEBC verbly. Sover ons weet het hierdie familie talle uitdagings op hul lewenspad ervaar en deurgemaak. Veral omdat die lewe in China ongeveer 40 jaar gelede op \u2018n laagtepunt was en dit onmoontlik vir mense was om kerk te hou. God het tog \u2018n plan gehad vir een jong man wat op die drumpel van \u2018n geestelike depressie was. Sy vrou het hom aan FEBC voorgestel, wat gelei het tot die ontdekking van, wat hy beskryf, as die grootste skat in sy lewe.<\/p>\n<p>\u201cOns het meer gereeld na die uitsendings begin luister en Liangyou Radio het met die verloop van tyd sade van hoop in ons familie gesaai. My sewe kinders en hul families is vandag Christene en dien almal die Here. As dit nie was vir die FEBC-omroepers wat ons fokus op die Here gehou het nie, sou hierdie voorreg nooit deel van ons lewens geword het nie,\u201d het hy vertel.<\/p>\n<p>Een van sy kleinkinders het ook vertel hoe hy van kindsbeen af Liangyou Radio in sy huishouding beleef het; \u201cVir so lank as wat ek kan onthou, het Liangyou Radio reeds \u2018n lang pad saam met ons familie gestap. Ek het baie gehou van die programme en kan nog onthou hoe ek rustig aan die slaap geraak het terwyl ek na die programme geluister het. My ouma het dit verder geneem, deur om dit wat sy oor die radio gehoor het aan ander oor te vertel. Haar vriende het op \u2018n stadium met my dit gedeel dat haar wysheid beter gesmaak het as die kluitjie-etes (dumplings) wat ons by die jaarlikse Lente Fees geniet het.\u201d<\/p>\n<p>\u201cMet my terugkeer na China het ek \u2018n paar dae by my ouma oorgebly, waar ek en sy saans wakker gebly het om na Liangyou Radio te luister. Die klanke van die radio, die bekende stemme van die omroepers en die programinhoud bring vandag net goeie herinneringe van my kinderlewe op.\u201d<\/p>\n<p>\u201cLiangyou Radio het soos \u2018n huiskat deel geword van ons lewe. Ons kan maar net ons dankbaarheid op ons spesiale familie-viering betuig en is dankbaar dat ons met trots vir die Here vandag kan getuig. My boodskap aan die mense by FEBC is dat die Here aan julle \u2018n groter roeping as wat julle kan sien gegee het. Die oes wat julle deur jul bediening deur die jare ingebring het is te groot om te kan begryp. Hou aan om God te dien en vra Hom vir hulp, sodat meer mense se\u00ebn kan ervaar. Baie dankie FEBC!\u201d<\/p>\n<p>Hierdie tipe stories van mense regoor die w\u00eareld en wie se lewens deur ons uitsendings in totaliteit verander is gee ons weer nuwe moed. Dit bevestig dat God se Woord deur die radio nie net by een luisteraar stilstaan nie, maar oorgedra word van generasie tot generasie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u201cOns storie het 50 jaar gelede begin toe my groot, groot, groot ouma op \u2018n dag ingeskakel het op FEBC Liangyou Radio in China. Etlike jare later is my groot [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":5101,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[58],"tags":[],"class_list":["post-7713","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus-afr"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7713","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=7713"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7713\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":7714,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7713\/revisions\/7714"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media\/5101"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=7713"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=7713"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=7713"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}