 {"id":7715,"date":"2021-04-16T13:04:34","date_gmt":"2021-04-16T13:04:34","guid":{"rendered":"https:\/\/febaradio.co.za\/?p=7715"},"modified":"2022-01-07T12:56:35","modified_gmt":"2022-01-07T12:56:35","slug":"ons-grootste-geskenk-bring-vrede-in-indonesie-2","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/ons-grootste-geskenk-bring-vrede-in-indonesie-2\/","title":{"rendered":"ONS GROOTSTE GESKENK BRING VREDE IN INDONESI\u00cb"},"content":{"rendered":"<p>Kersfeestyd herinner ons dat die seisoen aangebreek het vir families om weer, na \u2018n lang jaar se harde werk, saam te kom en die stilte vir \u2018n oomblik te geniet. Dit herinner ons ook dat dit wat was afgehandel is, en mense sien uit nou na nuwe uitdagings met die aanbreek van 2021. Maar hierdie jaar gaan Kersfees anders lyk en voel vir talle mense. Baie families sal nie bymekaar kan kom nie, en ander sukkel deur die trauma van verlies. In die duisternis is hopeloosheid onvermydelik, maar in Christus is daar geen duisternis nie.<\/p>\n<p>\u201cD\u00edt is nou die boodskap wat ons by Hom gehoor het en aan julle verkondig: God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie.\u201d 1 Joh. 1:5<\/p>\n<p>Lande regoor die w\u00eareld wat onbeperkte vryheid ervaar het, het \u2018n voorsmaak gekry van hoe die lewe is as vryheid skielik weggeneem word. In sekere lande sal Kersfees vanjaar dieselfde wees as dit nog altyd was, maar vir ander sal dit \u2018n leemte van hopeloosheid wees, net \u2018n ekstra dag uit hul bestaanskalender.<\/p>\n<p>Indonesi\u00eb word w\u00eareldwyd as die grootste Moslem-land erken. \u2018n Indonesiese vrou, Rica Rahim, het met desperaatheid gesoek om van die gevoel van angs wat haar lewe regeer het, bevry te word.<\/p>\n<p>Sy het veral \u2018n behoefte vir vrede gehad, weens sy dit nie in haar eie land kon vind nie. Rica het wel \u2018n Christen-vriend gehad wat \u2018n lewe van vrede geniet het. Tog, kon Rica nie verstaan waarom die vriend gehad het wat sy nie het nie. Haar nuuskierigheid het haar met tyd aangespoor om \u2018n kerkdiens uiteindelik by te woon;<\/p>\n<p>\u201cEk het uiteindelik besluit om \u2018n kerkdiens in die stad by te woon. Dit was vir my \u2018n baie vreemde dag, van die oomblik af toe ek by die deure ingestap het. Ek het niemand geken nie en agter in die kerk gaan sit. Ek het na die liedere en toe die preek geluister, en vir een of ander rede het ek die week daarna teruggekeer om nog \u2018n diens by te woon,\u201d het Rica ges\u00ea.<\/p>\n<p>Na afloop van haar derde kerkdiens het Rica skielik siek geword en in die hospitaal opge\u00ebindig. Dit was toe, terwyl sy daar in haar hospitaalbed gel\u00ea het, dat haar hele lewe verander het.<\/p>\n<p>\u201cEk het \u2018n ervaring gehad wat ek nie kan verduidelik nie. Ek het baie gehuil in die hospitaal. Nie omdat ek siek was nie, maar ek wou die figuur wat ek in die kerk aangevoel het ontmoet \u2014 die figuur wat ek nie kon sien nie. Al wat ek gevoel het was hierdie onbeskryflike vrede terwyl ek in die kerk was.\u201d<\/p>\n<p>Haar swak gesondheidstoestand verhoed tans dat sy enige kerkdienste kan bywoon. Maar te danke aan die radio kan sy steeds die Woord van God hoor en in die geloof groei.<\/p>\n<p>\u201cElke aand wat ek na die radio luister raak ek sterker in Christus,\u201d het sy ges\u00ea.<\/p>\n<p>Daar is vandag miljoene mense regoor die w\u00eareld wat nooit tot die kennis van Jesus Christus sal kom en om \u2018n gelukkige lewe in Hom kan geniet nie. Min van hierdie mense maak kennis met die Here van die kansel af, van die straathoeke af, van \u2018n kerk wat 1500 mense kan akkommodeer en binne loopafstand is; of selfs deur evangeliese musiek te hoor wat tydens opelug konserte gespeel word. Sou dit nie was vir Rica se gelowige vriend wat haar aan die Here blootgestel het nie, sou sy vandag nie oor die vrede beskik wat sy vir so lank na gesoek het nie.<\/p>\n<p><strong>Is jy dalk bereid om die grootste geskenk van Jesus Christus met iemand anders hierdie Kersfees te deel?<\/strong><\/p>\n<p>Jy, die leser, het die kans om iemand in \u2018n afgesonderde deel van die w\u00eareld met die grootste geskenk, die evangelie in Jesus Christus, hierdie Kersfees mee te deel. Veral met mense wat nie direkte of geen toegang tot die evangelie het nie, as gevolg van landswette wat hul vryheid van geloof beperk. Indien jy bereid is om dit te gee, kan die lig en kennis van Jesus Christus iemand uit hul donker omstandighede red, en, selfs \u2018n hele gemeenskap en generasies vorentoe ten goede verander.<\/p>\n<p>Hierdie jaar bestaan ons bediening al vir 75 jaar. Ons vier die Hierdie se guns en goedheid om ons toe te laat om die evanglie na die onbereikte w\u00eareld te bring.<\/p>\n<p>As jy met ons wil kontak maak, skakel ons gerus op 012\u00a0355 5708 of besoek oons webwerf,\u00a0<a href=\"https:\/\/febaradio.co.za\/\">www.febaradio.co.za<\/a>\u00a0vir meer inligting oor ons bediening en hoe jy \u2018n ongelooflike verskil kan maak in die lewens van miljoene mense wat in lande woon waar die evangelie verbode is.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Kersfeestyd herinner ons dat die seisoen aangebreek het vir families om weer, na \u2018n lang jaar se harde werk, saam te kom en die stilte vir \u2018n oomblik te geniet. [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":5597,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[58],"tags":[],"class_list":["post-7715","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus-afr"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7715","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=7715"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7715\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":7716,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7715\/revisions\/7716"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media\/5597"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=7715"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=7715"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=7715"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}