 {"id":7724,"date":"2021-04-19T09:10:04","date_gmt":"2021-04-19T09:10:04","guid":{"rendered":"https:\/\/febaradio.co.za\/?p=7724"},"modified":"2023-04-18T14:54:44","modified_gmt":"2023-04-18T12:54:44","slug":"die-mense-van-vietnam-word-deur-innoverende-media-bereik","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/die-mense-van-vietnam-word-deur-innoverende-media-bereik\/","title":{"rendered":"DIE MENSE VAN VI\u00cbTNAM WORD DEUR INNOVERENDE MEDIA BEREIK"},"content":{"rendered":"<p><em>\u201cEk maak gebruik van FEBC se tegnologie en kyk na die wonderlike Bybelprogramme saam met my universiteitsgroep. Almal is lief vir die programme en ons gebruik dit om die Bybel in ons groep te bestudeer. Die goeie kwaliteit beeldmateriaal maak die lesse interessant en maklik om te volg. Ons stop soms die video om die punte verder te bespreek, wanneer ons bymekaar kom. Almal neem aan die gesprek deel. Ons het \u2018n paar ongelowiges in ons groep. Hulle het baie vrae oor die Bybel. Ek kan die vrae wel beantwoord, omdat die video\u2019s baie effektief is. Ons sal aanhou om hierdie video-lesse in ons Bybelstudiegroep te gebruik.\u201d<\/em><\/p>\n<p>FEBC se dinamiese, w\u00eareldwye mediabediening is voortdurend besig om te ontwikkel en om verlore siele op innoverende wyses te bereik. Talle mense se lewens word deur God en ons bediening aangeraak, terwyl ons die w\u00eareld aan die ewige Here en Verlosser bekendstel.<\/p>\n<p>Vi\u00ebtnam is een van die laaste kommunistiese lande wat tans in die w\u00eareld bestaan. Alhoewel di\u00e9 land se grondwet geloofsvryheid toelaat, het die regering wetgewing ingestel wat verskeie godsdienstige praktyke verbied. Alle godsdienstige werk word deur die regering dopgehou en mense wat kerkdienste bywoon word gereeld oor hulle doen en late, ondervra. Kerke word gereeld deur die owerhede besoek en die regering is agterdogtig oor alles wat hulle doen. Selfs die wyse waarop hulle dienste aanbied, word onder die soeklig geplaas. D\u00edt is die omstandighede waarin Christene in Vi\u00ebtnam gedwing word om te leef.<\/p>\n<p>Tydens dr Vermeulen se besoek het hy ook iets interessant ontdek. Hoewel FEBC in Vi\u00ebtnam uitsaai, word hulle nie toegelaat om \u2018n radiostasie in die land te bedryf nie. Verskillende platforms wat ons in ander lande gebruik, word ongelukkig onder sensuur geplaas. As gevolg hiervan, moes FEBC se span in Vi\u00ebtnam ander metodes gebruik om die evangelie te versprei. \u2018n Groep jong programmeerders het \u2018n manier gevind om tegnologie met evangeliese inhoud op, te versprei in areas waar sensuur toegepas word. Op hierdie wyse kom duisende Vi\u00ebtnamese mense tot bekering.<\/p>\n<p>Soos die tyd verbygaan, wend ons bediening innoverende metodes aan om mense met die evangelie te bereik. Alles wat ons doen is tot eer van God. As u hierdie nuusbrief lees, weet ons dat u net so toegewyd is om God se Woord aan die nasies te versprei, sodat elke man, vrou en kind kan hoor dat God vir hulle ook lief is.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u201cEk maak gebruik van FEBC se tegnologie en kyk na die wonderlike Bybelprogramme saam met my universiteitsgroep. Almal is lief vir die programme en ons gebruik dit om die Bybel [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":4724,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[58,64],"tags":[],"class_list":["post-7724","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus-afr","category-stories-en-getuienisse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7724","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=7724"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7724\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":7725,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7724\/revisions\/7725"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media\/4724"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=7724"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=7724"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=7724"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}