 {"id":7726,"date":"2021-04-19T09:13:42","date_gmt":"2021-04-19T09:13:42","guid":{"rendered":"https:\/\/febaradio.co.za\/?p=7726"},"modified":"2023-04-18T14:54:06","modified_gmt":"2023-04-18T12:54:06","slug":"feba-stig-nuwe-radiostasie-in-ndjamena-tsjad","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/feba-stig-nuwe-radiostasie-in-ndjamena-tsjad\/","title":{"rendered":"FEBA STIG NUWE RADIOSTASIE IN N\u2019DJAMENA, TSJAD"},"content":{"rendered":"<p>Op 18 Mei 2019 het ons nasionale direkteur, dr Jurie Vermeulen, na N\u2019Djamena, die hoofstad van Tsjad gereis om \u2018n nuwe radiostasie te stig. Daar het hy ps Thomassin Gotingar ontmoet wat die nuwe stasie in die toekoms sal bestuur. Tydens dr Vermeulen se besoek kon hy met ps Gotingar en mnr Ayeta Pauli, \u0149 gekwalifiseerde klankingenieur, \u0149 volhoubare werksverhouding bou. Mnr Pauli sal in die toekoms as produksiebestuurder van di\u00e9 radiostasie dien. Dr Vermeulen het ook kantoorspasie by \u2018n plaaslike televisiestasie bekom, wat die radiostasie sal huisves.<\/p>\n<p>In \u2018n onderhoud het ps Gotingar di\u00e9 volgende ges\u00ea; \u201cEk glo die stasie sal \u2018n groot impak maak, aangesien daar so baie verskillende etniese groepe in nabye landelike areas woon, wat nog nie die evangelie gehoor het nie.\u201d<\/p>\n<p>Tsjad is \u2018n diverse land wat in die Sahel-streek van Noordelike Afrika gele\u00eb is. Die land is die tuiste van 141 verskillende mensegroepe en het \u2018n bevolking van meer as 15 miljoen mense. Slegs 26% van die bevolking is Christen waarvan die meerderheid katoliek is. Behalwe vir radikale Islamiete, is korrupsie en armoede ook baie ernstige probleme in Tsjad. Korrupsie vind op elke vlak van die ekonomie plaas as gevolg van swak wetstoepassing en \u2018n gebrek aan sekuriteit. Tsjad is ook een van die armste lande in die w\u00eareld.<\/p>\n<p>Ons nuwe stasie in N\u2019Djamena sal die evangelie in ses verskillende etniese tale, asook in Frans en Arabies, uitsaai. Di\u00e9 nuwe stasie het ook die potensiaal om binne \u2018n 200km radius, twee miljoen mense te bereik. Deur die goedheid en genade van die Here sal ons nuwe stasie aan die einde van 2019 amptelik begin uitsaai. Ons sien uit daarna om in die nabye toekoms \u2018n oorvloed van nuwe getuienisse vanuit Tsjad te deel.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Op 18 Mei 2019 het ons nasionale direkteur, dr Jurie Vermeulen, na N\u2019Djamena, die hoofstad van Tsjad gereis om \u2018n nuwe radiostasie te stig. Daar het hy ps Thomassin Gotingar [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":5581,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[58],"tags":[],"class_list":["post-7726","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus-afr"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7726","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=7726"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7726\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":7727,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7726\/revisions\/7727"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media\/5581"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=7726"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=7726"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=7726"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}