 {"id":7728,"date":"2021-04-19T09:16:10","date_gmt":"2021-04-19T09:16:10","guid":{"rendered":"https:\/\/febaradio.co.za\/?p=7728"},"modified":"2023-04-18T14:53:27","modified_gmt":"2023-04-18T12:53:27","slug":"feba-luisteraarklubs-vestig-twee-kerke-in-malawi","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/feba-luisteraarklubs-vestig-twee-kerke-in-malawi\/","title":{"rendered":"FEBA-LUISTERAARKLUBS VESTIG TWEE KERKE IN MALAWI"},"content":{"rendered":"<p>In Desember 2018 is twee nuwe kerke in Ndembe en Phililongwe in Malawi gevestig. Beide hierdie kerke het ontstaan uit FEBA-luisteraarklubs wat geestelik en numeries gegroei het. Nadat klublede vir \u2018n paar jaar na FEBA se uitsendings geluister het en deur FEBA Malawi se direkteur, ds Amos Siyabu Phiri, opgelei is, was dit hul hartsbegeerte om hul eie gemeente te vestig.<\/p>\n<p>Bashiri, \u2018n voormalige Moslem Sheik en leier van een van di\u00e9 luisteraarklubs, sal nou die herder en predikant van die kerk in Ndembe wees. Hy s\u00ea; \u201cOns luister al vir baie lank na die \u2018Way of Life\u2019-programme en ons verstaan daardeur die boodskap van verlossing. Dit is hoekom ons glo dat dit nou tyd is om ons eie kerk te vestig. Ons het gegroei tot volwasse gelowiges deur dit wat ons deur die radio geleer het. Ons wil graag vir FEBA dankie s\u00ea vir die radio\u2019s en ander belangrike hulpmiddels wat julle aan ons geskenk het en daarvoor verdien julle eer.\u201d<\/p>\n<p>Ds Phiri is van mening dat beide luisteraarklubs volwasse genoeg is om hul eie gemeentes te bestuur. Hy s\u00ea; \u201cEk is baie opgewonde oor wat hier gebeur het. Ons het daarin geslaag om twee nuwe gemeentes te stig. Baie mense het die eerste diens bygewoon en ons is hartlik deur die hoofman van Ndembe verwelkom.\u201d<\/p>\n<p>Hierdie gebeurtenis is \u2018n groot deurbraak vir die Yao mense. Voorheen was daar geen kerke in hierdie area nie. Dit is ook \u2018n teken dat FEBA se uitsendings \u2018n passie en honger vir Jesus by die luisteraars opwek. Lidmate sal nou op Sondae, onder grasdakke, bymekaar kom om God te aanbid.<\/p>\n<p>Ds Phiri was vergesel deur Past Chirwa en sy span van die Baptiste Kerk in Blantyre, vir die inhuldiging van di\u00e9 twee gemeentes. Gedurende die inhuldiging het verskeie aktiwiteite plaasgevind. Hulle het, onder andere, in \u2018n rolspel die geboorte van Jesus uitgebeeld, leierskapopleiding oor gemeentebestuur aangebied en opleidingsmateriaal en ander hulpmiddels uitgedeel.<\/p>\n<p>Vorentoe sal FEBA Malawi nie verantwoordelik wees vir die operasionele bestuur van di\u00e9 gemeentes nie, maar sal steeds hulpmiddels, opleiding en ander praktiese leiding aan die leierskap gee, om verdere groei te verseker. Ons loof die Heer dat hy FEBA Radio gebruik vir die uitbreiding van Sy Kerk.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>In Desember 2018 is twee nuwe kerke in Ndembe en Phililongwe in Malawi gevestig. Beide hierdie kerke het ontstaan uit FEBA-luisteraarklubs wat geestelik en numeries gegroei het. Nadat klublede vir [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":7699,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[58],"tags":[],"class_list":["post-7728","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus-afr"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7728","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=7728"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7728\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":7729,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7728\/revisions\/7729"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media\/7699"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=7728"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=7728"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=7728"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}