 {"id":7730,"date":"2021-04-19T09:39:15","date_gmt":"2021-04-19T09:39:15","guid":{"rendered":"https:\/\/febaradio.co.za\/?p=7730"},"modified":"2022-01-07T12:56:00","modified_gmt":"2022-01-07T12:56:00","slug":"febc-oekraine-bereik-die-kwesbaarste-2","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/febc-oekraine-bereik-die-kwesbaarste-2\/","title":{"rendered":"FEBC OEKRA\u00cfNE BEREIK DIE KWESBAARSTE"},"content":{"rendered":"<p>In \u2018n hartseer tyd van konflik, naby aan die oostelike grens tussen Rusland en die Oekra\u00efne, poog FEBC om hoop in die harte van diegene te plaas wat deur die oorlog geraak word. FEBC saai uit in vyf streke binne hierdie konfliksone en het onlangs \u2018n splinternuwe stasie in Pokrovsk gestig. Een van die pastore in di\u00e9 dorp het die volgende opmerking gemaak; \u201cEk is so bly dat FEBC uiteindelik hier by ons is. Die mense wat oorlog, verraad en onstabiliteit op soveel vlakke ervaar het, is honger vir die waarheid. Op \u2018n vreemde manier het die oorlog vir ons \u2018n se\u00ebn geword. So baie mense is opsoek na antwoorde.\u201d<\/p>\n<p>As gevolg van \u2018n vlootbotsing tussen Rusland en die Oekra\u00efne het die president van die Oekra\u00efne aan die einde van 2018 \u2018n krygswet in 10 streke, vir \u2018n tydperk van 30 dae, afgedwing. Gedurende hierdie tyd is alle evangeliese kerke in die rebel-beheerde gebiede verbied. Dit het daartoe gelei dat FEBC hul sender moes verskuif sodat hul daardie gebiede kon bereik. Al is die krygswet net vir \u2018n kort tydperk toegepas, is mense steeds bekommerd oor hul veiligheid en stabiliteit.<\/p>\n<p>Meeste van die mense aan beide kante van die konflik word nie net ekonomies benadeel nie, maar word ook sielkundig en geestelik be\u00efnvloed. Die vooruitsig van \u2018n onsekere toekoms het gelei tot die styging van moord en selfmoord, honderde milit\u00eare slagoffers, alkoholisme en die misbruik van dwelms.<\/p>\n<p>FEBC vertroos luisteraars deur die boodskap van hoop, wat in Jesus Christus gevind word, uit te saai. Hul doen dit deur berading te bied aan die kwesbaarste mense en hulle fokus daarop om sterk verhoudings met hul luisteraars te ontwikkel.<\/p>\n<p>Tans is daar twee sendelinge wat FEBC in hierdie oorlogsone bedien. Hulle werk met benadeelde kinders. Hulle re\u00ebl ook dikwels kinderkampe. Sommige van die kinders wat hierdie kampe bywoon is weeskinders en ander kom uit gesinne waar die ouers alkoholiste is. Die laaste kamp wat gehou is, was by die FEBC stasie in Shastya, waar hulle 250 kinders bedien het. Baie van die kinders wat di\u00e9 kampe bywoon, gee hul lewens vir die Here.<\/p>\n<p>Die mense wat in hierdie gebiede woon het u gebede baie nodig. Baie van hulle luister na FEBC om antwoorde te vind. Ons moedig u aan om ernstig te bid vir FEBC se luisteraars wat in die oorlogsone woon.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>In \u2018n hartseer tyd van konflik, naby aan die oostelike grens tussen Rusland en die Oekra\u00efne, poog FEBC om hoop in die harte van diegene te plaas wat deur die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":7682,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[58],"tags":[],"class_list":["post-7730","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus-afr"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7730","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=7730"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7730\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":7731,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7730\/revisions\/7731"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media\/7682"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=7730"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=7730"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=7730"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}