 {"id":7738,"date":"2021-04-19T09:56:59","date_gmt":"2021-04-19T09:56:59","guid":{"rendered":"https:\/\/febaradio.co.za\/?p=7738"},"modified":"2023-04-18T14:51:52","modified_gmt":"2023-04-18T12:51:52","slug":"koronavirus-eis-mense-maar-nie-siele-nie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/koronavirus-eis-mense-maar-nie-siele-nie\/","title":{"rendered":"KORONAVIRUS EIS MENSE MAAR NIE SIELE NIE"},"content":{"rendered":"<p>Radio Liangyou (FEBC Chinese bediening) het in Januarie vanjaar, \u2018n regstreekse uitsending aangebied om te bid vir die mense in die Wuhan en Hubei provinsies, waar die koronavirus uitgebreek het. Huidiglik werk ons Chinese personeel meestal van die huis af; slegs 25% is daagliks op kantoor. Dit help om kontak met draers van die koronavirus te beperk. Ons personeel ervaar tans \u2018n groot tekort aan maskers, wat nou baie skaars en duur is.<\/p>\n<p>Die situasie in Wuhan het groot kommer gewek nadat talle mense aanges\u00ea is om nie hul wonings of die stad te verlaat nie \u2014 in \u2018n poging om verdere verspreiding van die virus te keer. Talle mense dra reeds maskers om moontlike infeksie te vermy; om dit op hierdie wyse nie aan vriende of familielede oor te dra nie.<\/p>\n<p>Al het die virus op \u2018n aggressiewe basis versprei, het duisende Chinese gelowiges hulle hoop in die Here geplaas. Mense bid vir Hubei en die mense wat deur die virus geraak word.<\/p>\n<p>Radio Liangyou gee steeds om vir hul luisteraars en studente regoor die land, deur om met hul in verbinding te tree en vir hulle te bid. Op die dag wat die virus sy kop uitgesteek het, het ds Lin Cheng (FEBC-omroeper) dadelik drie verpleegkundiges in Wuhan gekontak, waar hy vir hulle gebid het.<\/p>\n<p>Al is die epidemie stelselmatig besig om in een van die ergste tragedies in die laaste tyd te ontaard, bly ons luisteraars sterk in hul geloof;<\/p>\n<p>\u201cAl vind ons onsself in depressiewe en donker tye, kan ons nie toelaat dat ons harte met mismoedigheid, wat soos \u2018n virus versprei, gevul word nie. Daarom moet ons sterk in die diens van God staan. Mag die Here aanhou om my te beskerm en my meer en meer soos Christus te vorm,\u201d s\u00ea \u2018n luisteraar van Wuhan.<\/p>\n<p>Die mense van Hubei het die Here se ingrype dringend nodig, want hulle sal nie hierdie epidemie kan weerstaan sonder Sy hulp nie. Bid saam met ons dat hulpmiddels aan die hospitale en mediese sentrums, waar daar nood is, spoedig versprei sal word. Bid veral vir die gesinne wat deur hierdie virus geraak word.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Radio Liangyou (FEBC Chinese bediening) het in Januarie vanjaar, \u2018n regstreekse uitsending aangebied om te bid vir die mense in die Wuhan en Hubei provinsies, waar die koronavirus uitgebreek het. [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":4919,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[58],"tags":[],"class_list":["post-7738","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus-afr"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7738","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=7738"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7738\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":7739,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7738\/revisions\/7739"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media\/4919"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=7738"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=7738"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=7738"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}