 {"id":7742,"date":"2021-04-19T11:03:10","date_gmt":"2021-04-19T11:03:10","guid":{"rendered":"https:\/\/febaradio.co.za\/?p=7742"},"modified":"2022-01-07T12:55:59","modified_gmt":"2022-01-07T12:55:59","slug":"lewens-verander-in-mongolie-2","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/lewens-verander-in-mongolie-2\/","title":{"rendered":"LEWENS VERANDER IN MONGOLI\u00cb"},"content":{"rendered":"<p>\u201c<strong>My naam is Tserennadmid en ek woon in die sentrale gebied van die Bayanhongor-provinsie in Mongoli\u00eb. Ek woon al vir die afgelope vyf jaar kerkdienste by \u2018n plaaslike kerk by. Kort nadat ek tot bekering gekom het, het ek gehoor van \u2018n nuwe Christen-radiostasie wat in my woongebied uitgesaai het. Sedert ek \u2018n Galcom radiotoestel ontvang het, skakel ek daagliks in en het nooit opgehou luister nie.\u201d<\/strong><\/p>\n<p>\u201cEk is dankbaar vir die geleentheid om deur die \u201cThru the Bible\u201d-program waardevolle lewenslesse te kan leer. Die enigste plek waar ek voorheen die Woord kon hoor was tydens Sondagkerkdienste. Noudat ek nie meer beperk word tot Sondae nie kan ek elke dag en op enige plek God in Sy volheid ervaar, deur om net my radio aan te skakel. Die \u201cThru the Bible\u201d-program is die perfekte geleentheid vir my om introspeksie van myself te neem. Ek vra die vraag deesdae of ek \u2018n werklike spie\u00eblbeeld is van die liefde van Jesus en dat ander my ook so raaksien.\u201d<\/p>\n<p>\u201cBaie dankie vir die geestelike uitsendings waar mense in die geloof kan groei en dat hulle die geleentheid gebruik om \u2018n beter verhouding met Jesus Christus te kweek.\u201d<\/p>\n<p>Die eerste kerk is in Mongoli\u00eb in 1991 gestig. Die land was in die jare vooraf vir 70 jaar verbonde aan die Sowjet-unie, waar Christenskap onder hul beleid nooit toegelaat is nie. Daar is vandag meer as 100,000 Christene in Mongoli\u00eb. Dit is \u2018n ongekende wonderwerk wat die Here deur middel van FEBC se radiostasies verrig het, om so baie mense tot bekering te bring. Dit is egter jammer dat Boeddhisme steeds die voorgeskrewe geloof onder die bevolking is. Hierdie diep-gewortelde Boeddhisme maak dit baie moeilik vir mense om die idee van \u2018n lewende God te verstaan. In-diepte gesprekke met ongelowige luisteraars kan vir ure, dae en selfs weke aanhou. Die span probeer hul beste om op elke vraag te antwoord om mense na Christus te lei. Slegs die Heilige Gees kan die harte van die mense verander om te verstaan wie Christus is. Al l\u00ea die berg van uitdagings voor ons, bly dit ons doel om mense wat tot bekering kom te bemagtig en om hulle by plaaslike kerke in te skakel; sodat hulle geestelik kan groei.<\/p>\n<p>Ons radio-span in Ulaanbaatar het gedurende die pandemie-tydperk honderde radio\u2019s in verskeie gebiede uitgedeel. Dit was nie lank gelede toe ons 40 radio\u2019s aan \u2018n paar gevangenes uitgedeel het nie. Een van ons joernaliste het die betrokke tronk later besoek en het onderhoude met die veroordeeldes gevoer oor hul ervaring met die programinhoud. Dit is toe vasgestel dat die meeste gevangenes na FEBC se familie-geori\u00ebnteerde opvoedingsprogramme geluister het. Die terugvoer was bemoedigend, omdat 70% van die gevangenes vonnisse vir huishoudelike geweld en aanranding uitdien.<\/p>\n<p>Die taak om Mongoli\u00eb te evangeliseer, is baie dringend. Daar is min weerstand teen die geloof omdat dit \u2018n nuwe godsdiens in die land is en mense is oop vir die evangelie. Dit is \u2018n groot se\u00ebn om die evangelie te kan verkondig in \u2018n land sonder om gekortwiek te word deur negatiewe bagasie van die verlde.<\/p>\n<p>Staan saam met ons vandag, om duisende meer in Mongoli\u00eb na Christus te lei.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u201cMy naam is Tserennadmid en ek woon in die sentrale gebied van die Bayanhongor-provinsie in Mongoli\u00eb. Ek woon al vir die afgelope vyf jaar kerkdienste by \u2018n plaaslike kerk by. [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":5256,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[58],"tags":[],"class_list":["post-7742","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus-afr"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7742","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=7742"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7742\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":7744,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7742\/revisions\/7744"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media\/5256"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=7742"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=7742"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=7742"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}