 {"id":7745,"date":"2021-04-19T11:05:53","date_gmt":"2021-04-19T11:05:53","guid":{"rendered":"https:\/\/febaradio.co.za\/?p=7745"},"modified":"2022-01-07T12:55:59","modified_gmt":"2022-01-07T12:55:59","slug":"luisteraar-getuienis-vanuit-noord-korea-2","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/luisteraar-getuienis-vanuit-noord-korea-2\/","title":{"rendered":"LUISTERAAR-GETUIENIS VANUIT NOORD-KOREA"},"content":{"rendered":"<p>Die mense van Noord-Korea is desperaat vir verandering in hulle land, iets wat net die evangelie kan bring. Daagliks hoor die w\u00eareld van die skokkende nuus oor hoe mense in hierdie land gemartel word vir hul geloof. Hongersnood, marteling en doodstraf, is algemene strawwe vir enigeen wat in Christus glo. Hieronder deel ons \u0149 kort getuienis van \u0149 luisteraar wat uit Noord-Korea ontsnap het. Sy verhaal is \u0149 bewys van wat daagliks in Noord-Korea plaasvind.<\/p>\n<p>\u201cEk is in Noord Homgyong Provinsie in Noord-Korea gebore. Ek was net vyf jaar oud toe ek kleuterskool begin het en daar het ek geleer hoe om die genl. Kim II Sung te \u2018aanbid\u2019. Om vir die generaal te sterf was elke persoon se droom, \u0149 groot eer, en so was dit ook my droom. Ek kon China oorkant die rivier van my huis af sien. Ons het gehoor dat die mense in China baie ryk is en dat hulle genoeg kos het om te eet. Die mense in Noord-Korea is egter besig om van die honger dood te gaan. \u0149 Vrou het een dag vir ons ges\u00ea dat, die enigste rede waarom ons honger lei, is omdat die generaal nie van ons armoede weet nie. Dit is toe dat ek besluit het om uit Noord-Korea te ontsnap.\u201d<\/p>\n<p>\u0149 Goeie vriend het hom gehelp om die rivier na China oor te steek. Hy vertel hoe die mense daagliks, asof dit normaal is, in Noord-Korea vervolg word omdat hulle die Here aanbid en die evangelie versprei. Dit het hom nooit geraak nie tot op die dag dat sy vriend se hele familie ter wille van hul geloof gemartel is. Dit het nog \u0149 groter indruk op hom gemaak, toe sy vriend, in die tyd, sy eie lewe op die spel geplaas het om hom van Jesus te vertel. En, dit is hoe hy tot bekering gekom het.<\/p>\n<p>Nadat hy tien keer probeer het om die rivier oor te steek, het hy uiteindelik in China aangekom. Vandag is hy \u0149 geordende predikant. Gedurende sy reis na China, is hy in die tronk gegooi, en gemartel omdat hy in Christus glo.<\/p>\n<p>Onlangs is \u0149 stuk grond op \u0149 eiland in Suid-Korea aan FEBC geskenk. Hul beoog om hier \u0149 splinternuwe stasie te bou. Die planne vir die nuwe radiotoring, wat die hele Noord-Korea sal bereik, is reeds in plek. Voorbereiding van die grond het ook reeds begin, en hulle het aansoek gedoen om die nodige permitte te kry om voort te gaan met konstruksie.<\/p>\n<p>Kom ons vertrou die Here saam, in standvastige en onwrikbare geloof, dat Hy hierdie groot onderneming sal voltooi \u2013 sodat die hele bevolking van Noord-Korea die Goeie Nuus sal hoor!<\/p>\n<p>*Storie Aangepas vanuit FEBC.ORG<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die mense van Noord-Korea is desperaat vir verandering in hulle land, iets wat net die evangelie kan bring. Daagliks hoor die w\u00eareld van die skokkende nuus oor hoe mense in [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":7668,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[58],"tags":[],"class_list":["post-7745","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus-afr"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7745","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=7745"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7745\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":7746,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7745\/revisions\/7746"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media\/7668"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=7745"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=7745"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=7745"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}