 {"id":8398,"date":"2021-11-15T10:37:39","date_gmt":"2021-11-15T10:37:39","guid":{"rendered":"https:\/\/febaradio.co.za\/great-need-for-the-gospel-in-niger\/"},"modified":"2022-01-07T12:55:59","modified_gmt":"2022-01-07T12:55:59","slug":"great-need-for-the-gospel-in-niger","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/great-need-for-the-gospel-in-niger\/","title":{"rendered":"DAAR IS &#8216;N GROOT BEHOEFTE AAN DIE EVANGELIE IN NIGER"},"content":{"rendered":"<p>\u201cMoskees is oral en dit is bykans onmoontlik om n\u00e1 04:00 of 05:00 te slaap. Dit klink of moskees met mekaar meeding met hul oproepe tot gebed. Niger word ook geteister deur ekstremistiese aanvalle op ander stamme (ook Moslems); en die ontvoering van westerlinge is algemeen. Ek is aangeraai om nie alleen in die hoofstad Niamey rond te loop nie, en het gevolglik glad nie die hotel verlaat nie. Alle sendelinge word hoofsaaklik in die hoofstad gehuisves, en is gewoonlik baie versigtig. Regeringsoldate word 24-uur per dag by kontrolepunte oral in die stad ontplooi.\u201d<\/p>\n<p>Dit is die beeld wat deur FEBA Suid-Afrika se Nasionale Direkteur, Dr Jurie Vermeulen, geskets word na sy terugkeer van \u2018n besoek aan Niger in Oktober. Niger, net soos Mali en Tsjaad, is geestelik en polities baie donker plekke; die tuiste van groepe onbereikte mense; en &#8216;n middelpunt vir ekstremistiese aktiwiteite. Ongelukkig het die evangelie geen vooruitgang onder die nasie gemaak nie.<\/p>\n<p>Niger is oorwegend \u2018n Moslem-nasie, met 99,3% van die bevolking aanhangers van die geloof. Niger word begrens deur Libi\u00eb, Tsjaad, Nigeri\u00eb, Benin, Burkina Faso, Mali en Algeri\u00eb. Niger is arm en onderontwikkeld. Volgens die verslae van 2018 en 2019 van die Verenigde Nasies se Menslike Ontwikkelingsindeks (HDI) het die land die 189<sup>ste<\/sup> plek uit 189 lande beklee. Benewens Frans word 10 ander nie-amptelike tale ook in Niger gepraat, onder andere Hausa, Zarma-Songhai, Fulfulde, Gourmanch\u00e9ma, Tamasheq, Tassawaq en Tebu.<\/p>\n<p>Daar is &#8216;n groot behoefte aan die evangelie in Niger en FEBA het &#8216;n ongelooflike geleentheid om &#8216;n nuwe stasie in die hart van die land te vestig. Selfs al is evangelisasie in die land sedert 1923 deur Amerikaanse sendelinge begin, is daar steeds net sowat 0,4% Christene in die land. Dit verteenwoordig ongeveer 50 000 \u2013 100 000 individue. Die syfers het as &#8216;n skok gekom, en lyk onrealisties vir &#8216;n land wat al vir byna &#8216;n eeu ge\u00ebvangeliseer word. Volgens sommige, is daar verskeie redes vir die gebrek aan vordering. Dit kan hoofsaaklik toegeskryf word aan die invloed van die Westerse sendelinge wat deur kerke verdeeldheid veroorsaak onder plaaslike kerke volgens denominasie-lyne; die gebrek aan fokus op opleiding van etniese leiers; \u2018n versuim om te evangeliseer vanuit &#8216;n Islamitiese oogpunt; en &#8216;n gebrek aan visie om Moslems te bereik.<\/p>\n<p>Daar is &#8216;n oop deur vir ons om &#8216;n potensi\u00eble luistergehoor van 22 miljoen onbereikte mense in Niger te bereik. Tans is daar net een aktiewe Christelike radiostasie in hierdie land, maar dit is onderbefonds. Die meeste van die personeellede en vrywilligers is ook nie Christene nie. Onder leiding van die Heilige Gees het ons Nasionale Direkteur kontak gemaak met \u2018n wedergebore plaaslike leier wat baie rondbeweeg en daarom \u2018n goeie begrip van die land het. Hoe meer die evangelie in Noord-Afrika versprei kan word, hoe vinniger kan die verspreiding van Jihadistiese ekstremisme verhoed word en \u2018n lydende volk aan die genesende teenwoordigheid van die Vredevors, Jesus Christus voorgestel word.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u201cMoskees is oral en dit is bykans onmoontlik om n\u00e1 04:00 of 05:00 te slaap. Dit klink of moskees met mekaar meeding met hul oproepe tot gebed. Niger word ook [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":8396,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[58],"tags":[],"class_list":["post-8398","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus-afr"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/8398","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=8398"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/8398\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":8406,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/8398\/revisions\/8406"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media\/8396"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=8398"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=8398"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=8398"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}