 {"id":8543,"date":"2021-12-22T16:01:22","date_gmt":"2021-12-22T16:01:22","guid":{"rendered":"https:\/\/febaradio.co.za\/n-kersboodskap-van-die-direkteur\/"},"modified":"2022-01-07T12:55:58","modified_gmt":"2022-01-07T12:55:58","slug":"n-kersboodskap-van-die-direkteur","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/n-kersboodskap-van-die-direkteur\/","title":{"rendered":"&#8216;n Kersboodskap van die Direkteur"},"content":{"rendered":"<p>Kersfees en jaareinde is om die draai, en alhoewel dit die w\u00eareld se tweede Kersfees saam met die pandemie is, kyk ons by FEBA SA met groot dankbaarheid terug op \u2018n goeie jaar met baie positiewe verwikkelinge.<\/p>\n<p>Dit is waar dat COVID-19 ons lewens die afgelope twee jaar baie kom verander en groot skade aangerig het, maar daar is ook \u2018n positiewe kant. Ons het baie terugvoer van mense ontvang wat getuig dat God selfs \u2018n pandemie ten goede kan laat meewerk deur mense se lewens positief te verander. Gesinne en families het nader aan mekaar beweeg oor die afgelope twee jaar; mense wat hulle werk behou het, het weer opnuut besef hoe bevoorreg hulle is om steeds \u2018n werk te h\u00ea, en baie het vertel hoe hul meer ondersteuning van vriende begin geniet het.     Dis so belangrik om eerder dankbaar te wees vir dit wat ons het, in plaas daarvan om te kla oor dit wat ons nie het nie.<\/p>\n<p>FEBA SA het duidelik gesien hoe die inperkings en ander pandemiemaatre\u00ebls die belangrikheid van ons radio-uitsendings en aanlynbedienings beklemtoon het. Ten spyte van vele uitdagings, het die toewyding van ons FEBA-spanne om die Goeie Nuus met ander te deel, weereens uitgestaan. \u2018n Goeie voorbeeld hiervan is die toekenning wat Radio FOT ontvang het vanaf die Mosambiekregering vir Beste Radiostasie in die hele Niassa provinsie.<\/p>\n<p>Ons vele radiostasies in Afrika en die res van die w\u00eareld het baie gemeenskapsinisiatiewe van stapel gestuur en hierdie suksesverhale het ons bereik. Hierdie inspirerende verhale het ons deurlopend met ons ondersteuners gedeel in verskeie publikasies soos ons nuusbriewe, Radius en andere. Dit is steeds op ons FEBA SA webtuiste beskikbaar. Die puik personeel van ons onderskeie stasies hou daagliks kontak met hulle luisteraars asook met ons by die kantore in Pretoria en Mosselbaai. Uit die konstante stroom van getuienisse is dit duidelik dat ons radioprogramme \u2018n wesenlike impak gehad het op ons luisteraars en hul gesinne.<\/p>\n<p>Dit is \u2018n wonderlike voorreg om FEBA SA aan die wyer publiek bekend te stel en baie deure het op die gebied vir ons oopgegaan oor die afgelope paar maande. Behalwe vir ons deurlopende kerkbesoeke waar predikante vir ons spreekbeurte gee om te vertel wat die Here deur FEBA doen, het ons ook die geleentheid gehad om te praat op verskeie ander openbare radiostasies soos: Airwaves of Hope; Impact Radio<em> <\/em>en Groot FM. Hierdie radiostasies het ons goedgunstiglik die platforms gebied om hulle luisteraars in te lig oor FEBA se werksaamhede. Ons is baie dankbaar vir hierdie geleenthede en het groot waardering vir hierdie kerke en radiostasies.<\/p>\n<p>Dit is opsigself \u2018n wonderwerk en groot getuienis vir \u2018n nie-winsgewende organisasie soos FEBA SA om na 76 jaar nie net volhoubaar te wees nie, maar steeds dinamies te groei in ons reikwydte na die mees onbereikte lande van die w\u00eareld! Dit bly inderdaad voortdurend \u2018n uitdaging, maar ook \u2018n groot voorreg.<\/p>\n<p>Ek wil graag my opregte dank uitspreek aan al ons ondersteuners en donateurs; ons getroue media-sendelinge; asook aan al die personeel van ons onderskeie radio-stasies en die bre\u00ebr gemeenskappe wat ons vir soveel jare bly ondersteun. Sonder julle sou dit vir ons onmoontlik wees om God se koninkryk op di\u00e9 dinamiese wyse uit te brei.<\/p>\n<p>Mag ek dan ook die geleentheid gebruik om aan een en elkeen wat hierdie boodskap lees, \u2018n gese\u00ebnde Kersfees en \u2018n pandemie-vrye Nuwe Jaar toe te wens. Isaiah 9:6 gives us the timeless news, \u201cTo us a Son is born, to us a Son is given; He will reign, and He will be called: Wonderful Counselor, Mighty God, Eternal Father, Prince of Peace.\u201d Mag die glansryke vreugde van God se liefde jou en jou gesin omstraal in die tyd.<\/p>\n<p>Tot volgende keer<\/p>\n<p>Dr. Jurie Vermeulen,<\/p>\n<p>National Director, FEBA SA<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Kersfees en jaareinde is om die draai, en alhoewel dit die w\u00eareld se tweede Kersfees saam met die pandemie is, kyk ons by FEBA SA met groot dankbaarheid terug op [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":8537,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[55],"tags":[],"class_list":["post-8543","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-van-die-direkteur"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/8543","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=8543"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/8543\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":8544,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/8543\/revisions\/8544"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media\/8537"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=8543"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=8543"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=8543"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}