 {"id":8572,"date":"2022-01-10T12:44:12","date_gmt":"2022-01-10T12:44:12","guid":{"rendered":"https:\/\/febaradio.co.za\/diensbaarheid-verskaf-vreugde\/"},"modified":"2022-01-10T12:44:12","modified_gmt":"2022-01-10T12:44:12","slug":"diensbaarheid-verskaf-vreugde","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/diensbaarheid-verskaf-vreugde\/","title":{"rendered":"Diensbaarheid verskaf vreugde"},"content":{"rendered":"<p>Op nuwejaarsdag het ek weer in 2 Konings 2 die stuk gelees waar Elia in die hemel opgeneem word. Een van die verse wat uitstaan, is vers 21: \u201cHy het uitgegaan na die plek waar die water uitkom en die sout daar ingegooi, met die woorde: \u2018So s\u00ea die Here: Ek maak hierdie water bruikbaar sodat dit nie meer dood of onvrugbaarheid sal veroorsaak nie\u2019\u201d.<\/p>\n<p>Dit blyk uit aanmerkings wat mense op sosiale media maak dat baie van hulle die Jaar 2021 byna as \u2018n onvrugbare jaar beskou as gevolg van al die ontwrigtings en uitdagings wat die pandemie op ons pad gebring het. Baie het siek geword, en sommige het selfs gesterf vanwe\u00eb COVID-19 of komplikasies daarvan. Duisende het ook hul werk verloor en dit was duidelik dat mense naarstigtelik met hoop na die nuwe jaar uitgesien het. Nou is ons in die nuwe jaar en my vraag is: \u201cWat nou? Watter spreekwoordelike sout kan ons byvoeg by 2022 en wat kan ons van die Here vra om ons weer bruikbaar en vrugbaar te maak vir Sy koninkryk?\u201d<\/p>\n<p>Daar is \u2018n sekere boodskap van die Here wat sedert my bekering telkens na my toe terugkeer en wat ook by die lees van Konings 2 weer sterk in my gees na vore gekom het &#8211; dit is die noodsaaklikheid van herlewing.  Die kritiese noodsaaklikheid dat God as\u2019t ware weer sout sprinkel oor ons land (en hopelik ook in die res van die w\u00eareld) wat \u2018n kragtige geloofsvernuwing en gemeenskapstransformasie sal teweegbring. Baie sal met my saamstem dat die Suid-Afrika van vandag nie juis \u2018n toonbeeld van hoop is nie, en die redes daarvoor kan nie net voor die deur van die pandemie en die regering van die dag gel\u00ea word nie. Onsself speel almal \u2018n groot rol in die stand van sake wanneer ons negatiwiteit en hopeloosheid versprei deur ons woorde en gesindhede. Hierdie negatiwiteit oor alles maak baie van ons siek, \u201convrugbaar\u201d en onbruikbaar vir Sy diens.<\/p>\n<p>Teen hierdie agtergrond wil ek graag \u2018n boodskap van hoop bring: Ek glo dat die Here gaan ingryp, sy sout gaan sprinkel en ons toekoms gaan transformeer; maar ek glo ook dat Hy dit in S\u00fd tyd gaan doen. Dit is jou en my taak om aan te hou bid dat die Here dit goed vind om in hierdie nuwe jaar met sy herlewingswerk te begin! Ek het reeds besluit dat dit voortaan deel gaan wees van my gebede; dat ons weer in hoop sal begin leef ter wille van ons land, al sy mense en ons eie nageslag. <\/p>\n<p>Maar ek en jy moet gereed wees vir die transformasie, sodat ons kan meedoen en vrugbaar kan wees vir die Koninkryk. Wat kan ons doen om dinge meer leefbaar te maak terwyl ons op die Here wag om in te gryp soos net Hy kan? Vir my l\u00ea die antwoord daarin om sensitief, gehoorsaam en diensbaar te wees. Hierdie is nie opsioneel nie &#8211; dit is \u2018n gegewe. Jesus s\u00ea in Matteus 25:40, \u201cAs julle iets hiervan vir een van my broers of susters gedoen het, selfs al was dit vir die heel eenvoudigste onder hulle, het julle dit vir M\u00fd gedoen\u201d.<\/p>\n<p>In die volgende paar Blogs gaan ek meer uitbrei op verskeie maniere waarop Christene gereed kan maak vir die toekoms. Vir nou wil ek afsluit met Efesi\u00ebrs 2:10 wat ons daaraan herinner, \u201cOns is immers Sy maaksel, geskep in Christus Jesus om goeie werke wat God voorberei het, te doen, en daarvolgens te leef.\u201d<\/p>\n<p>Tot volgende keer.<\/p>\n<p>Dr Jurie Vermeulen<\/p>\n<p>Nasionale Direkteur: FEBA SA<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Op nuwejaarsdag het ek weer in 2 Konings 2 die stuk gelees waar Elia in die hemel opgeneem word. Een van die verse wat uitstaan, is vers 21: \u201cHy het [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":8570,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[55],"tags":[],"class_list":["post-8572","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-van-die-direkteur"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/8572","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=8572"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/8572\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media\/8570"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=8572"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=8572"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=8572"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}