 {"id":8584,"date":"2022-01-13T12:29:41","date_gmt":"2022-01-13T12:29:41","guid":{"rendered":"https:\/\/febaradio.co.za\/febc-mongolie-brei-uit-om-binnekort-die-hele-land-te-bereik\/"},"modified":"2022-01-13T12:29:43","modified_gmt":"2022-01-13T12:29:43","slug":"febc-mongolie-brei-uit-om-binnekort-die-hele-land-te-bereik","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/febc-mongolie-brei-uit-om-binnekort-die-hele-land-te-bereik\/","title":{"rendered":"FEBC Mongoli\u00eb brei uit om binnekort die hele land te bereik"},"content":{"rendered":"<p>As ons aan Mongoli\u00eb dink, word ons herinner aan die voortreflike geestelike groei wat daar binne \u2018n kort tydsbestek oor twee dekades plaasgevind het. Di\u0117 radio-bediening, wat verlede jaar sy 20ste bestaansjaar gevier het, het groei beleef waartoe net \u2018n ware lewende God in staat is. Die nasie spog met historiese wortels in &#8216;n stelsel van godsdienstige verdraagsaamheid wat terugdateer na die Mongoolse Ryk. Di\u0117 Ryk het selfs \u2018n aantal verskillende godsdienstige bewegings gelykertyd geborg. Met verloop van tyd het hierdie verdraagsaamheid onvermydelik tot op elke vlak van die samelewing gesypel en vandag is Mongoli\u00eb &#8216;n smeltkroes van Boeddhisme, Islam, Sjamanisme en ander volksgodsdienste.<\/p>\n<p>Slegs 30 jaar gelede was daar minder as 10 Christene in die land te vinde, maar vandag bedryf FEBC Mongoli\u00eb 13 FM-stasies en een aanlyn-radiobediening in di\u0117 land, genaamd Faith Radio. Mongoli\u00eb het sedert die ineenstorting van die Sowjetunie in 1991 in groot getalle tot geloof gekom. God het die radio gebruik om kerke te plant, te koester en te verenig.<\/p>\n<p>Die 13 stasies is gele\u00eb in verskeie streke: Ulaanbaatar, Murun, Huvsgol Provinsie, Byanhongor, Baganuur, Darhan, Erdenet, Hovd City, Bulgun City, Sainshand City, Nailaih City, Choibalsan City en Baruun-Urt. &#8216;n Aflosstasie is ook in Chinggis-stad gele\u00eb, wat &#8216;n bevolking van 25,000 mense bereik.<\/p>\n<p>FEBC Mongoli\u00eb se doelwit is om die hele land te bereik, en daarom is planne alreeds in plek om nog 11 radiostasies te bou. Hierdie stasies sal hoofsaaklik gebou word in stedelike gebiede en die mees afgele\u00eb nedersettings.<\/p>\n<p>Die bediening se nuutste innovasies sluit vertaalde programme in gebaretaal vir die dowe gemeenskap in. Verskeie nuwe aanlyn-programme is ook bekend gestel wat daarop gemik is om luisteraars aan te moedig om voortdurend te bid, moed aan die dag te l\u00ea om &#8216;n getuie van Christus aan ander te wees, en in hul geloof te groei deur die bestudering van die woord van God. Een van hierdie programme word \u201cSielsleutel\u201d genoem. Die program word deur Christelike beraders aangebied. Die span ontvang baie bemoedigende boodskappe van luisteraars deur middel van hul regstreekse uitsendings Facebook. Ons deel graag van die boodskappe hier onder met u:<\/p>\n<p>Jargal het laat weet: \u201cJul regstreekse uitsendings stroomsessies het my nuwe insig gegee oor die uitdagings wat mense met gehoorgestremdheid in die gesig staar. Voorheen het ek hulle nie verstaan nie. Miskien wou ek hulle nie verstaan, aanvaar of respekteer nie. Maar terwyl ek na julle program luister, dink ek aan baie dinge. Ek het die besluit geneem om hulle te respekteer en my kinders te leer hoe om mense met gehoorgestremdheid te verstaan en met hulle te kommunikeer.\u201d<\/p>\n<p>Mairagul se boodskap is besonder bemoedigend: \u201cHallo, ek is Mairagul. Ek is Kazakh, maar ek woon saam met my ma in die Khovd-provinsie van Mongoli\u00eb. Ek is een van slegs &#8216;n paar Christene uit my hele uitgebreide familie. My ma is egter ook &#8216;n Christen. Ek lees graag my Kazakh Bybel. Soms wil my nie-Christelike familielede h\u00ea ek moet bid vir hul besigheid of ander kwessies wat in hul privaat lewe gebeur. Wanneer dit gebeur, is ek baie bly om hulle aan te moedig om saam te bid. Ek weet ek is hier op hierdie aarde om Jesus as my Here aan my hele familie te verklaar!\u201d<\/p>\n<p>Hierdie stories het ons baie bemoedig terwyl ons voortgaan om die bediening van FEBA in Afrika en regoor die w\u00eareld te ondersteun. Dit is ook ons hooffokus om vir hierdie nasies te bid, en om ons vennote aan te moedig om dieselfde te doen, aangesien hulle baie van hul eie unieke geestelike probleme ervaar. Die onbereiktes in Mongoli\u00eb is op ons harte geskryf en ons weet dat deur die 11 nuwe stasies wat gebou gaan word, Mongoli\u00eb goed op pad is om &#8216;n Christelike nasie te word.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>As ons aan Mongoli\u00eb dink, word ons herinner aan die voortreflike geestelike groei wat daar binne \u2018n kort tydsbestek oor twee dekades plaasgevind het. Di\u0117 radio-bediening, wat verlede jaar sy [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":8577,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[58],"tags":[],"class_list":["post-8584","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus-afr"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/8584","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=8584"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/8584\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":8585,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/8584\/revisions\/8585"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media\/8577"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=8584"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=8584"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=8584"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}