 {"id":8767,"date":"2022-04-06T07:57:20","date_gmt":"2022-04-06T07:57:20","guid":{"rendered":"https:\/\/febaradio.co.za\/die-albasterflesvrou-se-kwaliteite\/"},"modified":"2022-04-06T07:57:22","modified_gmt":"2022-04-06T07:57:22","slug":"die-albasterflesvrou-se-kwaliteite","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/die-albasterflesvrou-se-kwaliteite\/","title":{"rendered":"Die albasterflesvrou se kwaliteite"},"content":{"rendered":"<p>Tyd vlieg, en hierdie is reeds die vierde maand van \u2018n jaar wat vorentoe beur met rasse skrede. Ons reeks oor diensbaarheid is nog glad nie uitgeput nie, en in hierdie blog wil ek graag vir \u2018n oomblik stilstaan by die albasterflesvrou van die Bybel. Dis \u2018n verhaal waarvoor ek nooit moeg sal raak nie en een waaruit ek meer leer oor diensbaarheid, elke keer wat ek dit lees. Hierdie is die eerste deel van twee artikels oor die kwaliteite van die albasterflesvrou (die tweede deel volg in die Mei-blog).<\/p>\n<p>Markus 14:3-9 vertel ons die verhaal van die albasterflesvrou: \u201cTerwyl Hy aan tafel was, het daar \u2018n vrou gekom met \u2018n albasterfles egte, baie duur nardusolie. Sy het die fles oopgebreek en die inhoud <em>daarvan<\/em>op Sy kop uitgegiet. Party van die mense het hulle verontwaardiging onder mekaar uitgespreek: \u2018Waarvoor hierdie vermorsing van reukolie? Die reukolie kon vir meer as driehonderd silwermuntstukke verkoop en die geld vir armes gegee gewees het.\u2019 En hulle het teen haar uitgevaar. \u2018Laat staan haar,\u2019 het Jesus ges\u00ea. \u2018Waarom maak julle dit vir haar moeilik? Sy het \u2018n goeie daad aan My gedoen. Dit verseker Ek julle: Oral waar die evangelie in die hele w\u00eareld verkondig word, sal daar ook vertel word wat sy gedoen het, tot \u2018n herinnering aan haar.\u2019\u201d<\/p>\n<p>Wat \u2018n uitsonderlike eer dat Jesus dadelik besluit het dat dit wat hierdie vrou vir Hom gedoen het, altyd saam met die evangelie verkondig sou word. Dit het my laat wonder wat Jesus so uitermatig be\u00efndruk het van haar aksie: Waarom is hierdie vrou, uit al die mense wat Jesus daagliks bedien het, uitgesonder vir hierdie ongewone lof? Ek kan nie dink aan enige ander persoon in die Bybel wat hierdie selfde eer te beurt geval het nie.<\/p>\n<p>Die eerste kwaliteit wat my opval van hierdie \u201cgoeie daad\u201d is dat dit \u2018n uitsonderlike duur offergawe was aan Jesus. Hierdie salf was soveel werd as \u2018n hele jaar se gewone dagarbeid. Dit wat haar aan die lewe kon hou vir \u2018n hele jaar giet sy selfopofferend oor Jesus se hoof uit. Sy het seker gewroeg om by daardie punt uit te kom, veral as sy \u2018n enkelloper was wie nie baie materi\u00eble sekerheid gehad het of boonop nie veel besit het nie. Dis byna soos die weduwee wat Jesus net so be\u00efndruk het met haar enkele stuiwer in die offerkis.<\/p>\n<p>Die tweede kwaliteit wat my opval, is die onmiddellike vervolging en kritiek wat losbreek onder die ander wat sit en toekyk. Hulle het dadelik planne vir hierdie kosbare olie: \u201cWat \u2018n vermorsing, ons kon dit verkoop het en vir die armes gesorg het, of minstens ons eie daaglikse finansi\u00eble druk verlig het\u201d<\/p>\n<p>Dis waar dat diegene wat God se wil doen en die vyand se planne verydel, nooit vry sal wees van weerstand, teenstand, kritiek en vervolging nie. Die oomblik as iets kragtigs gebeur in God se koninkryk, begin al die rusbank-kenners hul mening uitspreek oor hoe dit eintlik gedoen moes gewees het. Maak vrede daarmee, net soos hierdie vrou, en voer jou opdrag ongestoord uit soos jy dit van Hom ontvang het.<\/p>\n<p>Volgende maand sal ons nog kwaliteite van die albasterflesvrou uitlig.<\/p>\n<p>Dr Jurie Vermeulen<\/p>\n<p>Nasionale Direkteur: FEBA SA<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Tyd vlieg, en hierdie is reeds die vierde maand van \u2018n jaar wat vorentoe beur met rasse skrede. Ons reeks oor diensbaarheid is nog glad nie uitgeput nie, en in [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":8764,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[55],"tags":[],"class_list":["post-8767","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-van-die-direkteur"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/8767","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=8767"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/8767\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":8768,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/8767\/revisions\/8768"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media\/8764"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=8767"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=8767"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=8767"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}