 {"id":8899,"date":"2022-06-06T10:22:59","date_gmt":"2022-06-06T10:22:59","guid":{"rendered":"https:\/\/febaradio.co.za\/is-jy-ook-n-sendeling\/"},"modified":"2023-04-18T14:47:00","modified_gmt":"2023-04-18T12:47:00","slug":"is-jy-ook-n-sendeling","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/is-jy-ook-n-sendeling\/","title":{"rendered":"Is j\u00fd ook \u2018n sendeling?"},"content":{"rendered":"<p>Ek het vroe\u00ebr vanjaar begin om die tema van diensbaarheid uit te lig en daarop gewys dat daar baie maniere is waarop Christene diensbaar aan God kan wees. Ek het ook bietjie gefokus op die diensbaarheid van die albasterflesvrou van die Bybel. Hierdie maand plaas ek die soeklig op sendelinge en sendingaktiwiteite.<\/p>\n<p>\u201cApostolos\u201d is die Griekse woord in die nuwe Testament wat soms met \u201capostel\u201d vertaal word, maar eintlik bloot \u201cgestuurde\u201d beteken. Daarom dat ons van \u201csendelinge\u201d praat; mense wat uitgestuur word om die evangelie te verkondig aan die nasies. Sendingwerk is een van die oudste vorme van diensbare werk, en Apostel Paulus word algemeen beskou as die eerste sendeling wat na ander lande en kultuurgroepe gereis het om die evangelie te versprei. Hy was verseker nie \u2018n foutlose mens nie. Paulus van Tarsus was dan die een wat voor sy bekering die Christene doelgerig vervolg en vermoor het, en baie het hom nooit daarvoor vergewe nie. Paulus se sendingwerk het begin toe hy in Antiochi\u00eb met sy prediking onder die heidene begin het, waarna \u2018n Goddelike bevel hom opdrag gegee het om die evangelie ook in ander lande te gaan verkondig. Oorblyfsels van die kerke wat Paulus in sy tyd gestig het, kan nog gesien word in Turkye (voorheen Klein-Asi\u00eb).<\/p>\n<p>God gebruik nie volmaakte mense wanneer Hy hulle \u2018n opdrag gee nie. God gebruik eenvoudige mense met foute, maar met \u2018n gewillige hart en \u2018n liefde vir mense. Sendingwerk was al in die Bybelse tyd \u2018n algemene verskynsel en Jesus self het vir ons die beste voorbeeld gestel.<\/p>\n<p>Ons vind die belangrikste opdrag in di\u00e9 verband in Matteus 28:19-20, die sogenaamde \u201cGroot Opdrag\u201d: \u201cGaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels, doop hulle in die Naam van die Vader, en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het\u201d. Omdat ons hierdie teks nie in die Griekse taal kan lees nie, word dit dikwels verkeerd verstaan. Daar is vier belangrike werkwoorde in hierdie teksgedeelte: \u201cgaan\u201d, \u201cmaak dissipels\u201d, \u201cdoop\u201d, en \u201cleer\u201d. Almal behalwe \u201cmaak dissipels\u201d is werkwoorde wat dui op \u2018n aksie wat jy uitvoer terwyl jy met iets anders besig is &#8211; amper sekond\u00eare werkwoorde. Sulke werkwoorde is nie noodwendig die hoofgedagte in die sin nie. Dit beteken dat die oorblywende \u2018normale\u2019 werkwoord, \u201cmaak dissipels\u201d, die mees prominente of sentrale gedagte van die groot opdrag is. Die maak van dissipels gebeur terwyl ons rondgaan (insluitend die nasies), en sluit ook in dat mense gedoop word en alles geleer word wat nodig is om uiteindelik soos volwasse dissipels te leef.<\/p>\n<p>Tradisioneel het ons gefokus op \u201cgaan\u201d in die teks, wat ons onder die wanindruk gebring het dat sendingwerk net regtig plaasvind as jy bereid is om te gaan na verafgele\u00eb plekke soos die Amasone of eksotiese Afrika. Hierdie interpretasie help ons egter om te verstaan dat die hoofdoel van sendingwerk die maak van volwasse dissipels is wat plaasvind terwyl ons gaan, leer en doop. Ware sendelinge is dus nie net mense wat hul lewens in gevaar te stel om diensbaar te wees soos baie van die historiese sendelinge inderdaad gedoen het nie. Dis ook nie net predikante, ouderlinge en diakens nie. Nee, elke gelowige is \u2018n sendeling en elkeen het die taak om sendingwerk onder ongelowiges te doen \u2013 om die evangelie te verkondig en dissipels te maak daar in jou eie omgewing. Die groot opdrag sluit ook in die gebeds- en finansi\u00eble ondersteuning van organisasies wat sendingwerk onder ander nasies doen.<\/p>\n<p>FEBA Suid-Afrika werk saam met FEBC Internasionaal om die evangelie te verkondig in die mees onbereikte lande en om te help om mense se lewens te verander. Jy kan ons vennoot word deur by ons projekte betrokke te raak en om ander te vertel van die werk wat ons doen. FEBA\/FEBC het \u2018n diensrekord van meer as 76 jaar en die miljoene terugvoerings wat jaarliks vanoor die hele w\u00eareld ontvang word, wys onteenseglik daarop dat ons wel \u2018n groot verskil maak.<\/p>\n<p>Sendingwerk verander \u2018n mens se lewe. Indien jy nie kan saamgaan op \u2018n sending nie, kan jy steeds op \u2018n spesiale manier uitreik en deel word van die belangrike werk. Jy kan dit moontlik maak vir iemand anders om te gaan, of suksesvolle uitreike finansieel ondersteun. Ons nooi jou vriendelik uit om ons sendingwerk te ondersteun. As jy wil help om ons hande te versterk, besoek gerus ons webwerf www.febaradio.co.za om meer inligting oor ons bediening te ontdek en hartroerende getuienisse te lees.<\/p>\n<p>Vriendelike groete tot volgende keer.<\/p>\n<p>Dr Jurie Vermeulen<\/p>\n<p>National Director: FEBA Radio SA<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ek het vroe\u00ebr vanjaar begin om die tema van diensbaarheid uit te lig en daarop gewys dat daar baie maniere is waarop Christene diensbaar aan God kan wees. Ek het [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":8897,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[55,62,66,54],"tags":[],"class_list":["post-8899","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-van-die-direkteur","category-blog","category-blog-afr","category-from-the-director"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/8899","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=8899"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/8899\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":8947,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/8899\/revisions\/8947"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media\/8897"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=8899"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=8899"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=8899"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}