 {"id":8952,"date":"2022-07-06T09:34:43","date_gmt":"2022-07-06T09:34:43","guid":{"rendered":"https:\/\/febaradio.co.za\/dis-tyd-om-te-herbou\/"},"modified":"2023-04-18T14:41:09","modified_gmt":"2023-04-18T12:41:09","slug":"dis-tyd-om-te-herbou","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/dis-tyd-om-te-herbou\/","title":{"rendered":"Dis tyd om te herbou"},"content":{"rendered":"<p>Gelowiges sukkel soms om die boek Nehemia te verstaan vanwe\u00eb die \u201cdonker aard\u201d daarvan. In \u2018n neutedop gaan Nehemia oor die herbou van die stadsmure van Jerusalem wat platgeslaan is met die inval van die Babiloni\u00ebrs, net voor die ballingskap. Die herstelde mure het vir die Israeliete simboliese waarde gehad. Dit het fisiese beskerming teen vyandige indringing gebring, maar dit was bowenal \u2018n teken van geloofsherstel en -eenheid. God het immers oorspronklik die Israeliete uitgesonder as \u2018n model om na te volg vir al die heidene rondom hulle.<\/p>\n<p>Ek hoor so dikwels Christene verwys daarna dat hulle bid met \u2018n behoefte in gedagte, maar hulle gebede word nie verhoor nie. Dit laat hulle moed verloor, en baie verloor ongelukkig ook hul geloof in die proses! Die grootste fout wat Christene maak, is om te vergeet dat God ook van ons verwag om aksie te neem terwyl ons voortgaan om in gebed tot Hom te tree. Nehemia was gebeds-, sowel as aksiegedrewe. Hy is \u2018n uitstekende voorbeeld vir ons almal. Nehemia het nie net leiers gemotiveer om Jerusalem te begin bou nie, hy het die muur voltooi en \u2018n sterk gemeenskap gevestig ten spyte van groot gevaar en aanslae op sy werk. Lees gerus Nehemia 4 vir inspirasie.<\/p>\n<p>Nehemia het gou uitgevind dat God se roeping gewoonlik gepaard gaan met teenstand en kritiek; dikwels van gelowiges en ongelowiges! (Lees Nehemia 2: 19 &amp; 20.) \u201cTobija die Ammoniet het langs Sanballat gestaan en hy het ges\u00ea: &#8220;Laat hulle bou! Daardie klipmuur van hulle sal omval as &#8216;n jakkals daarteen spring!&#8221; (Nehemia 4:3).<\/p>\n<p>Nehemia se gefokusde, volhardende geloof is verstommend &#8211; hy het geweier om toe te gee aan vrees! In Nehemia 6:8 probeer sy teenstanders hom die skrik op die lyf jaag en stel \u2018n strik, maar hy sien deur dit en antwoord: \u201cEk het hom terug laat weet: &#8220;Niks van wat jy s\u00ea, is waar nie. Jy suig dit uit jou duim. Hulle het almal probeer om ons die skrik op die lyf te jaag met die gedagte: Hulle sal die werk laat staan en dit sal nie klaarkom nie. Sterk tog my hande, o God!\u201d<\/p>\n<p>Nehemia se absolute vasberadenheid in die aangesig van groot teenstand en gevaar is duidelik te sien uit die feit dat hy en sy volksgenote gewerk het met \u2018n troffel in die een hand en \u2018n swaard in die ander hand (Nehemia 4:17). Nehemia 4:6 is insiggewend en gee ons \u2018n blyk in sy karakter: \u201cOns het bly bou aan die muur. Die hele muur was al halfpad opgebou. Die mense se hart was in die werk\u201d. Nehemia en sy span moes soveel uitdagings en struikelblokke, selfs erge spottery, verduur met die heropbou van die muur, maar hulle het nooit hul gevoel van geroepenheid verloor nie; hulle was besig met God se wil wat groter was as almal van hulle. Wanneer ons ons eie lewens begin opbou, is dit ook nodig dat ons dit met harte vol geloof, fokus en vasberadenheid doen. Een van die ander goeie dinge wat Nehemia reggekry het, was om sosiale onreg en uitbuiting aan te spreek.<\/p>\n<p>Hy het die volk geleer om arm families en diegene wat uitgebuit word, te ondersteun (Lees Nehemia 5) Hy was bewus van die nood van ander en het iets daaromtrent gedoen! As Christene moet ons ook voortdurend op die uitkyk wees na hoe om ontfermend op te tree teenoor die behoeftiges wat die w\u00eareld met ons deel. Dit laat my dink aan die groot waarheid wat ek eenmaal gehoor het: \u201cEk het my daaroor bekommer dat ek nie skoene het om aan te trek nie, tot ek \u2018n man gesien het wat nie voete gehad het nie!\u201d Daar is altyd iets om dankbaar voor te wees\u2026<\/p>\n<p>In Afrika het elkeen van ons die wonderlike geleentheid om elke dag ontfermend teenoor andere op te tree. Daar is soveel kwesbare mense in die mees afgele\u00eb gebiede wat ons hulp nodig het. Te veel word in arm omstandighede gebore en daarin vasgevang, sonder \u2018n uitkoms. FEBA Radio SA bereik die mins bereikte gemeenskappe deur sy aanlyn- en radiobedienings en het oor jare groot sukses daarmee behaal. Die statistieke is daar vir elkeen om te sien en u kan gerus ons webtuiste, www.febaradio.co.za besoek om meer van ons werk te wete te kom.<\/p>\n<p>Dit is waar dat Covid-19 \u2018n finansi\u00eble las gebring het. Maar, is dit nie nou die tyd om aksie te neem en om die spreekwoordelike mure weer te begin herbou nie? Ons elkeen het \u2018n rol om te speel \u2013 hoe klein, of hoe groot, ookal. Nehemia se onbaatsugtigheid het \u2018n groot impak gemaak. Op dieselfde wyse het die onbaatsugtige gebeds- en finansi\u00eble ondersteuning van duisende FEBA-ondersteuners deur die jare ook \u2018n groot verskil gemaak en gehelp om die evangelie aan die kwesbaarstes in die w\u00eareld te bring. Dankie dat jy ons help!<\/p>\n<p>Ek sien uit na ons volgende gesprekvoering.<\/p>\n<p>Dr. Jurie Vermeulen.<\/p>\n<p>Nasionale Direkteur: FEBA SA<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Gelowiges sukkel soms om die boek Nehemia te verstaan vanwe\u00eb die \u201cdonker aard\u201d daarvan. In \u2018n neutedop gaan Nehemia oor die herbou van die stadsmure van Jerusalem wat platgeslaan is [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":8950,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[55,66,62,54],"tags":[],"class_list":["post-8952","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-van-die-direkteur","category-blog-afr","category-blog","category-from-the-director"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/8952","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=8952"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/8952\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":11877,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/8952\/revisions\/11877"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media\/8950"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=8952"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=8952"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=8952"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}