 {"id":8960,"date":"2022-07-14T08:53:05","date_gmt":"2022-07-14T08:53:05","guid":{"rendered":"https:\/\/febaradio.co.za\/nuwe-radiotoring-sal-die-hele-kambodja-met-die-goeie-nuus-dek\/"},"modified":"2023-04-18T14:37:10","modified_gmt":"2023-04-18T12:37:10","slug":"nuwe-radiotoring-sal-die-hele-kambodja-met-die-goeie-nuus-dek","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/nuwe-radiotoring-sal-die-hele-kambodja-met-die-goeie-nuus-dek\/","title":{"rendered":"Nuwe Radiotoring sal die hele Kambodja met die Goeie Nuus dek"},"content":{"rendered":"<p>Tesame met Vi\u00ebtnam, die Filippyne en Thailand, is Kambodja een van FEBC se oosterse sendingvelde waar duisende radio\u2019s elke jaar versprei word. Selfs tydens die mees uitdagende maande van die pandemie het hulle \u2018n manier gevind om luisteraars te bereik.<\/p>\n<p>Kambodja het \u2018n bevolking van meer as 16 miljoen mense, waarvan die meerderheid Boeddhisme beoefen. Probleme soos armoede, hopeloosheid, siekte en ongeletterdheid het deur generasies heen wortel geskiet, en families ly as gevolg van onkunde en \u2018n gebrek aan geleenthede.<\/p>\n<p>FEBC Kambodja se stasie, Family FM 99.5, werk daagliks om hierdie situasie te verander met hul 10-kilowatt Nautel sender en 500-watt aflosstasie wat meer as \u2018n derde van Kambodja se bevolking bereik, insluitende provinsies wat voorheen onbereikbaar was. Maar hulle stop nie daar nie.<\/p>\n<p>Die span is tans besig om \u2018n nuwe radio-toring te bou wat hulle in staat sal stel om elke man, vrou en kind in Kambodja met die Goeie Nuus te bereik. Verlede maand het ons, tesame met ons ondersteuners, bygedra tot die befondsing van die nuwe radio-toring en ons sien uit daarna om te hoor van die lewens wat daardeur geraak en verander word.<\/p>\n<p>Die kragtige getuienisse wat ons van luisteraars ontvang, motiveer ons om aan te hou met die werk. Een luisteraar van Kambodja deel die volgende:<\/p>\n<p>\u201cSelfs as \u2018n Boeddhistiese monnik in die 1980s het ek na jul uitsendings geluister. In 2000, het God my hart ontvanklik oopgemaak terwyl ek na \u2018n pastoor se gebed op die radio geluister het. Ek het aand na aand aanhou luister. Die Heilige Gees het my verander en ek het Jesus Christus as my Verlosser aanvaar. God het \u2018n plan vir my gehad om die Goeie Nuus te deel, so het ek die besluit geneem om \u2018n pastoor te word. Dankie, FEBC, dat julle my o\u00eb en hart oopgemaak het om die Woord van God te hoor. Ek bid dat Hy vir julle die krag sal gee om die evangelie na nog baie van my mense te versprei.\u201d<\/p>\n<p>Hierdie is maar net een van vele suksesverhale van FEBC se bediening in Kambodja wat ons al vir baie jare ondersteun. Gedurende Mei 2022 het die span radio\u2019s aan 100 gesinne in twee dorpe op die grens van Vi\u00ebtnam verskaf. Van daar af het hulle gereis na Kampong Thom provinsie, waar hulle \u2018n verdere 80 radio\u2019s uitgedeel het. Die span bied maandeliks seminare aan in samewerking met ander plaaslike bedienings en kerke, waar hulle mense leer hoe om hul gesinne volgens God se wil groot te maak. Dit word als gedoen in \u2018n poging om die gesinstruktuur in Kambodja te herbou en versterk, na die skade wat dit gely het tydens Pol Pot se regering tussen 1975 en 1979. \u2018n Ho\u00eb egskeidingsyfer onder jongmense en swak ouerskap is ander probleme wat deur hul bediening aangespreek en verbeter word.<\/p>\n<p>Luisteraars word na God gelei, en hul gesinne en waardestelsels word ten volle herstel. Luisteraars het ook nuwe geleenthede om te groei in hul kennis van God, te danke aan die kursusse wat aangebied word deur die CCBI (Cambodia Community Bible Institute). \u2018n Menigte luisteraars het al hul roeping gevolg en pastore geword of klein selgroepe in hul gemeenskappe gestig as gevolg van die geleenthede wat hulle deur radio ontvang.<\/p>\n<p>Prys God vir Sy getrouheid in die lewens van Kambodja se mense en dat Hy sy kerk op so \u2018n indrukwekkende wyse bou.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Tesame met Vi\u00ebtnam, die Filippyne en Thailand, is Kambodja een van FEBC se oosterse sendingvelde waar duisende radio\u2019s elke jaar versprei word. Selfs tydens die mees uitdagende maande van die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":8958,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[58,64,28],"tags":[],"class_list":["post-8960","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus-afr","category-stories-en-getuienisse","category-stories-and-testimonies"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/8960","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=8960"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/8960\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":8961,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/8960\/revisions\/8961"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media\/8958"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=8960"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=8960"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=8960"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}