 {"id":9003,"date":"2022-08-15T08:20:12","date_gmt":"2022-08-15T08:20:12","guid":{"rendered":"https:\/\/febaradio.co.za\/druk-jou-reset-knoppie\/"},"modified":"2023-04-18T14:30:42","modified_gmt":"2023-04-18T12:30:42","slug":"druk-jou-reset-knoppie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/druk-jou-reset-knoppie\/","title":{"rendered":"Druk jou \u201creset\u201d- knoppie"},"content":{"rendered":"<p>Hierdie is die eerste van twee artikels wat daaroor handel om \u2018n positiewe gesindheid te ontwikkel en om geleenthede vir persoonlike groei na te streef.<\/p>\n<p>Die tema laat my dink aan 2 Konings 2. Dit is &#8216;n deel wat \u2018n groot impak op my gehad het aan die begin van die jaar. Dit beskryf Elia se dramatiese vertrek na die hemel, sowel as hoe sy vertrek sy assistent, Elisa, be\u00efnvloed het. Ons lees <em>dat die Here op die punt was om Elia in &#8216;n warrelwind na die hemel toe op te neem, (2) \u201cen Elia het vir Elisa ges\u00ea: \u2018Bly hier; want die Here stuur my na Bet-el toe.\u2019 Elisa se antwoord was: \u2018So seker as die Here leef en u leef, ek sal u nie alleen laat gaan nie.\u2019 Hulle is toe na Bet-el toe.\u201d <\/em>Elia, wat dieselfde versoek driemaal herhaal het, is elke keer deur Elisa geweier. Hy moes &#8216;n gevoel gehad het dat iets betekenisvol gaan gebeur, en hy was vasbeslote om nie die geleentheid te mis nie!<\/p>\n<p>Maar waarom het Elia probeer om Elisa agter te laat? Dit kan wees dat God, wat op die punt was om Elisa se lewe vir altyd ingrypend te verander, sy vasberadenheid en gereedheid om in &#8216;n ho\u00ebr dimensie in te stap, op die proef wou stel. Hierin hoor ons duidelike eggo&#8217;s vanuit verskillende gedeeltes in die Bybel, bv. Psalm 107:9:<em>&#8220;&#8230;die dorstige siel versadig en die hongerige siel met die goeie vervul.\u201d<\/em><\/p>\n<p>Ons lees in vs 7 en 8 dat hulle wonderbaarlik die Jordaanrivier op dro\u00eb grond oorgesteek het nadat Elia die water met sy mantel geslaan het. Teen hierdie tyd het Elisa \u2018n beter idee gehad van wat gaan gebeur, te danke aan die geselskap van jonger profete. Ons lees in verse 9 en 10: <em>\u201cNet toe hulle deur is, s\u00ea Elia vir Elisa: \u2018Wat wil jy h\u00ea moet ek vir jou doen voordat ek van jou af weggevat word?\u2019 Elisa het geantwoord: \u2018Mag daar tog \u2018n dubbele deel van u gees op my kom!\u2019\u201d (10) \u201cToe s\u00ea Elia: \u2018Dis \u2018n moeilike ding wat jy vra. As jy my sien wanneer ek van jou af weggevat word, mag dit dan met jou gebeur; maar as jy my nie sien nie, sal dit nie gebeur nie.\u2019\u201d <\/em>Ons weet almal wat daarna gebeur het: <em>(11) &#8220;Terwyl hulle gesels-gesels verder gegaan het, was daar skielik \u2018n wa van vuur met perde van vuur wat hulle twee van mekaar geskei het, en Elia is in \u2018n stormwind op, die hemel in.\u201d (12) \u201cToe Elisa dit sien, het hy uitgeroep: \u2018My vader, my vader, U was vir Israel die strydwa met sy ruiters!\u2019\u201d<\/em><\/p>\n<p>Wanneer ek hierdie hoofstuk in die verlede gelees het, het my aandag altyd vinnig verskuif na Elisa wat Elia se mantel optel vanwaar dit geval het; met die mantel op die water van die Jordaan slaan sodat dit na links en na regs verdeel; en op sy terugreis &#8216;n groot profeet word en tweemaal soveel gedokumenteerde wonderwerke doen as wat Elia gedoen het \u2013 twee-en-dertig in vergelyking met sestien. Hierdie keer, met die lees daarvan, is ek egter onmiddellike deur iets anders getref: Voordat Elisa sy mentor se mantel opgetel het, het hy iets anders gedoen in vers <em>12:<\/em> \u201c<em>&#8230;hy het sy eie klere gevat en in twee stukke geskeur. (13) \u201cHy het die mantel wat van Elia afgeval het, opgetel en weer op die wal van die Jordaan gaan staan.\u201d<\/em><\/p>\n<p>Ek het duidelik gesien wat gebeur het: Elisa het hom nie gehaas om die mantel op te tel om daardeur die dubbele porsie-salwing by te voeg waarvoor hy gevra het nie. Hy het eers die tyd geneem om sy ou klere in twee te skeur &#8211; dit wil s\u00ea, die einste dinge wat hom vir ander as Elia se dienaar herkenbaar gemaak het. Deur sy eie klere te vernietig, was hy besig om afskeid te neem van sy vorige identiteit. Dit was &#8216;n noodsaaklike stap wat hom in staat gestel het om met die nuwe mantel beklee te word, asook alles wat dit verteenwoordig het &#8211; die nuwe gawes, posisie, status en verantwoordelikhede&#8230;<\/p>\n<p>Ek sien uit daarna om die tema verder te ontgin in die volgende blog.<\/p>\n<p>Tot volgende keer,<\/p>\n<p>Dr. Jurie Vermeulen<\/p>\n<p>FEBA Radio SA<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Hierdie is die eerste van twee artikels wat daaroor handel om \u2018n positiewe gesindheid te ontwikkel en om geleenthede vir persoonlike groei na te streef. Die tema laat my dink [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":9001,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[55,66,62,54],"tags":[],"class_list":["post-9003","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-van-die-direkteur","category-blog-afr","category-blog","category-from-the-director"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/9003","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=9003"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/9003\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":9004,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/9003\/revisions\/9004"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media\/9001"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=9003"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=9003"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=9003"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}