 {"id":9046,"date":"2022-09-12T11:26:54","date_gmt":"2022-09-12T11:26:54","guid":{"rendered":"https:\/\/febaradio.co.za\/n-blitsige-afrika-sendingervaring\/"},"modified":"2022-09-12T11:26:57","modified_gmt":"2022-09-12T11:26:57","slug":"n-blitsige-afrika-sendingervaring","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/n-blitsige-afrika-sendingervaring\/","title":{"rendered":"\u2018n Blitsige Afrika Sendingervaring"},"content":{"rendered":"<p>Verlede maand is ons span op \u2018n blitstoer deur Mosambiek en Malawi om luisteraars te besoek, hul stories te dokumenteer, en te sien wat ons Afrika-spanne onder die minste bereikte groepe in di\u00e9 lande verrig.<\/p>\n<p>Ons Nasionale Direkteur, Dr Jurie Vermeulen, is vergesel deur ons skrywer Gerda Potgieter, Pastoor Geo de Kock en kameraman Kaunda. Hul eerste bestemming was Blantyre, Malawi, waar Litala FM gele\u00eb is. Blantyre staan bekend as die industri\u00eble hoofstad van Malawi, terwyl Lilongwe beskou word as die wetgewende hoofstad. Meeste Malawi\u00ebrs leef in uiterse armoede en hul grootste uitdaging is \u2018n gebrek aan kos en befondsing. Die deurlopende devaluasie van hul geldeenheid oor die afgelope paar maande het dinge nog verder vererger.<\/p>\n<p>Ons span het verskeie luisteraarsklubs in afgele\u00eb gebiede besoek. Die paaie na di\u00e9 gemeenskappe is in slegte toestand en word verder beskadig deur erge weer. Sommige dorpe kan slegs per 4&#215;4 bereik word en dan neem dit soms heeldag om daar te kom. Ons span in Malawi ry hierdie paaie gereeld en graag om nuwe bekeerlinge te besoek en sodoende te bemoedig, ondersteun en voor te bid. \u2018n Groot deel van FEBA Malawi se bediening word gewy aan opvolg-bediening en dis een van die redes waarom hul luisteraarklubs aanhou floreer en groei. FEBA Malawi se Direkteur, Eerw. Amos Phiri, reis gedurig op di\u00e9 slegte paaie, selfs in gure weer, om luisteraars te bereik.<\/p>\n<p>Balaka is een van die eerste dorpies wat deur ons Suid-Afrikaanse span besoek is. Die dorp spog met agt luisteraarsklubs wat almal vinnig groei. Een van die klubs is in die Sawali area. Die klub het in 2010 begin met gebedsbyeenkomste en in 2011 het hulle \u2018n kerk geplant. Pastoor Andrew Patrick Munama en sy vrou, Cecilia, is verantwoordelik vir die klein gemeente.<\/p>\n<p>Vier kerke het al vanuit Balaka se luisteraarsklubs ontstaan en agt Christen-sentrums is gevestig. Ons span het die voorreg gehad om \u2018n diens by te woon in een van die baksteen kerkies. Die pastoor se vrou besoek elke Dinsdag die gemeente se vroue en bejaardes om hulle aan te moedig in hul geestelike en sosiale groei. Sy lei ook die vrouekoor. Die gemeente hou elke Sondag \u2018n diens en Pastoor Andrew stap gereeld tussen 15 en 20 kilometer om sy gemeentelede te besoek.<\/p>\n<p>Gerda, wat die diens ook bygewoon het, het beleef hoe \u2018n klomp mense hul harte vir die Here gee. \u201cOns het gesien hoe sestien nuwe bekeerlinge \u2013 mans, vrouens en kinders \u2013 gedoop word, en ons moes \u2018n lang ent stap na die naaste dam.\u201d<\/p>\n<p>Die span het ook die Ntcheu-gemeenskap, wat gelei word deur \u2018n vrou, besoek. Daar is drie luisteraarklubs in die omgewing. Die leier het Dr Jurie gevra om \u2018n kort boodskap te lewer en vir die klein gemeenskap te bid. \u2018 n Groep kinders het dinge van \u2018n afstand af dopgehou en gevra dat die span vir hulle ook bid. Nog \u2018n noemenswaardige deel van die besoek is toe die span langs die pad moes stop om \u2018n groepie nuwe bekeerlinge te ontmoet. Moses, Nicolas, Lasiyatu en Martha, van die dorpie Irushi, het die span ingewag langs die pad naby Chiponde Chionde. Hulle wou Dr Jurie persoonlik ontmoet sodat hy vir hulle kon bid. Hulle kon die span egter nie in die dorpie in nooi nie, aangesien hulle deur ander inwoners vervolg word. Hulle kon die span egter nie in die dorpie in nooi nie, aangesien hulle deur ander inwoners vervolg word. Nicolas se huis en al sy besittings is reeds na sy bekering vernietig. Omrede meeste van die inwoners Moslems is, ervaar Christene strawwe teenstand en in ekstreme gevalle word hulle selfs doodgemaak.<\/p>\n<p>Op die tweede been van die toer is ons span na Mosambiek. Soos baie ander lande in Afrika, het Mosambiek pragtige natuurskoon en baie natuurlike hulpbronne, met verskillende kulture en \u2018n tropiese klimaat. Die land se onstuimige verlede maak dit egter onmoontlik vir sy mense om die land se natuurlike voordele te geniet.<\/p>\n<p>Die land het nog nie \u2018n stabiele en gediversifiseerde ekonomie ontwikkel nie en sowat 70% van die bevolking leef in uiterse armoede. Ongeveer twee derdes van die +- 31 miljoen mense woon en werk in landelike gebiede en die minste bereikte gemeenskappe onder hulle is FEBA se teikengehoor. As mens na \u2018n kaart van Mosambiek kyk, is dit moeilik om \u2018n begrip te vorm van die o\u00ebnskynlik nimmereindigende aantal dorpies wat in elke hoekie en skeurtjie van die land versteek is. Vir \u2018n buitestander mag dit lyk na chaos, maar dis hoe die mense leef en kinders grootmaak.<\/p>\n<p>Ons span het tyd deurgebring by FOT Radio FM in Lichinga, waar hulle die span ontmoet het. Die Mosambiek-span het reeds 1200 luisteraarklubs in die distrik help vestig. FOT staan vir Fountain of Truth en Direkteur Bright Sonjera is in beheer van al 6 stasies en 50 satelliet-sentrums. Di\u00e9 radiostasies is nie slegs vir eenrigting-kommunikasie nie; daar is \u2018n verskeidenheid programme en inbelprogramme wat luisteraars in staat stel om saam met omroepers te werk en die program te be\u00efnvloed.<\/p>\n<p>Die stasie self is toegerus met \u2018n vergaderingskamer en ateljees met mikrofone, rekenaars, en ander toerusting wat nodig is vir die werk. Bright is \u2018n vasvatter en blyk min te slaap. Hy s\u00ea dat hy 24\/7 werk omdat hy baie radiostasies het om na om te sien en hy nie een van hulle in die steek wil laat nie.<\/p>\n<p>Radio FOT werk nou met die regering saam om boodskappe aan die gemeenskappe oor te dra en sodoende die mense te help om die regering beter te verstaan. Te danke hieraan is daar oor tyd \u2018n sterk band tussen die staat en die radiostasie gesmee. Die gevolg van di\u00e9 verhouding is twee stukke grond wat deur die regering aan die stasie toegestaan is. Die grond word nou gebruik om mielies en boontjies te verbou as voedsel vir die gemeenskap. Dit dien ook as \u2018n bron van inkomste vir die plaaslike weduwees. In \u2018n land waar werk skaars is, gee hierdie \u201cplaas\u201d vir die werkers \u2018n mate van trots en doelgerigtheid, asook genoegsame inkomste om hul kinders te voed.<\/p>\n<p>Nog \u2018n aspek van die bediening in Mosambiek wat vrug dra, is hul werk onder die jeug. Die stasie bied \u2018n jeugprogram aan wat in samewerking met jong luisteraars vervaardig word. Naby die einde van ons span se verblyf in Mosambiek het twee broers, Mustafa en Santo Massipuca, kom navraag doen oor die volgende program. Die jeugprogram, \u201cMy Future\u201d, fokus op jeugontwikkeling en kwessies soos dwelmverslawing, en die aanbieder bespreek onderwerpe soos tienerswangerskap openlik.<\/p>\n<p>\u201cOns besoek was kort en ons dae volgepak, maar dit was vol sielsverrykende ervarings,\u201d s\u00ea Gerda. \u201cEen les wat ek geleer het, is om klagtes opsy te skuif en op te hou kerm gedurende swaar tye. Die mense in di\u00e9 lande leef in moeilike omstandighede, maar hulle verheug hulself in God se se\u00ebninge.\u201d Hierdie terugvoer som basies ons bediening in Malawi en Mosambiek op. God doen wonderbaarlike werk deur ons spanne in Afrika. Hy bring herstel aan soveel lewens en bring Sy mense om Hom bymekaar. En om te dink dit het als begin met iets so eenvoudig dog so kragtig soos \u2018n radio.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Verlede maand is ons span op \u2018n blitstoer deur Mosambiek en Malawi om luisteraars te besoek, hul stories te dokumenteer, en te sien wat ons Afrika-spanne onder die minste bereikte [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":9044,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[64,1],"tags":[],"class_list":["post-9046","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-stories-en-getuienisse","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/9046","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=9046"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/9046\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":9047,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/9046\/revisions\/9047"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media\/9044"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=9046"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=9046"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=9046"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}