 {"id":9098,"date":"2022-10-04T12:07:29","date_gmt":"2022-10-04T12:07:29","guid":{"rendered":"https:\/\/febaradio.co.za\/druk-jou-herstel-knoppie-deel-twee\/"},"modified":"2023-04-18T14:16:35","modified_gmt":"2023-04-18T12:16:35","slug":"druk-jou-herstel-knoppie-deel-twee","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/druk-jou-herstel-knoppie-deel-twee\/","title":{"rendered":"Druk jou herstel-knoppie (deel twee)"},"content":{"rendered":"<p>In deel een het ons gesien hoe Elisa as\u2019t ware eers \u2018n herstel-knoppie (reset button) moes druk alvorens hy sy nuwe profetiese identiteit, funksie en posisie kon inneem as Elia se opvolger. Miskien is jy soos ek wat soms wens ek kon op \u2018n soortgelyke manier \u2018n magiese herstel-knoppie druk wat my die vermo\u00eb sou gee om iets groter aan te gryp. Wat my in staat sou stel om deur die koue staaltralies van die gedagte-tronk wat my eie verstand so inperk, te breek. \u2018n Knoppie wat my sou help om al die ou laste, vrese en vertwyfelings wat my dikwels terughou van die volkome vryheid, vreugde en vrede van geloof, af te skud. Di\u00e9 negatiewe goed is als dodelike wapens wat spesiaal deur die vyand ontwerp is om ons impak en effektiwiteit in die w\u00eareld drasties te verminder.<\/p>\n<p>Dis van kardinale belang dat ons hierdie besef: die lewe wat ons tans leef, is slegs een van talle moontlikhede wat aan ons beskikbaar is. Meer as twee eeue se epistemologiese en hermeneutiese navorsing het ons help verstaan dat ons aanhoudend nuwe moontlikhede skep deur ons eie interpretasies van realiteit. Met ander woorde, dit wat jy dink, bepaal wat jou werklik raak en jou lewe regeer (Spreuke 23:7). As jy jou denkpatroon kon verander, sou jou ervaring van die werklikheid op presies dieselfde tyd verander. Wat met jou gebeur, maak minder saak as wat jy dink met jou gebeur! Soos ek vroe\u00ebr ges\u00ea het, jy ervaar tans slegs een wyse van bestaan in die w\u00eareld \u2013 daar is talle ander moontlikhede, indien jy dit sou aandurf.<\/p>\n<p>Hoekom moet jy gevange gehou word deur wat ander van jou dink? Hoekom sou jy onmerkwaardig bly deur toe te laat dat die onvermydelike teleurstellings, bitterheid en vrees wat almal ervaar, jou ontneem van \u2018n oorvloedige, betekenisvolle lewe? Wat verhoed dat jy losbreek uit die dwangbaadjie van jou gedagtepatrone en totsiens s\u00ea aan die muwwe tronk-lug wat jy al so lank inasem? Wat keer dat jy in Elisa se spore volg, deur jou ou uitrusting op te skeur en dit in \u2018n hopie agter jou laat? Net vrees en onsekerheid! Vrees om jou herstel-knoppie te druk en jouself oop te maak vir \u2018n nuwe ervaring wat persoonlike transformasie meebring (lees 2 Konings 2).<\/p>\n<p>Die feit is, ons is baiekeer ons eie tronkbewaarders omdat ons aan \u2018n Saul-kompleks ly. Saul, wat gekies is as die eerste koning van Israel en wat, toe hy gesalf moet word deur Samuel, so oorweldig is deur sy vrees vir potensi\u00eble grootheid dat hy gekies het om tussen die pakdiere te gaan wegkruip eerder as om Israel te lei (1 Sam. 10:22)! Ons is meestal gemakliker met die spreekwoordelike duiwels wat ons ken as di\u00e9 wat ons nie ken nie. Dr Justin Moseley beskryf die verskillende stadia van sy eie terugstel-ervaring as \u2018n reistog. Hierdie reistog het verskeie ko\u00f6rdinate: ons begin by GEMAK, gevolg deur verlammende VREES wanneer jy poog om jou herstel-knoppie te druk, die laste af te skud en jouself oop te maak vir God se beter plan. Indien jy daarin slaag om vrees en onsekerheid te oorkom, volg persoonlike GROEI, en uiteindelik VLOEI. Dis die bekwaamheid om in die nuwe maniere van dink leef en doen op te tree. Uiteindelik arriveer ons by maksimum IMPAK, wat die einddoel van die proses van transformasie is. Maar wees gewaarsku, hierdie reistog sal alles van jou vra. Nes Elisa sal ons die versoeking moet weerstaan om ons reistog af te las nog voordat dit begin. Dit sal vereis dat ons ons ou, verweerde identiteite, ons gemoedstoestande en onsekerhede wat ons so lank gevange hou, totaal agterlaat. Totdat ons dit waag om \u2018n veel groter droom aan te gryp, vorentoe te beur in geloof en op \u2018n heeltemal nuwe manier begin bid, kan ons nie sien wat God werklik vir ons in gedagte het sedert die skepping van die w\u00eareld nie (Ef. 2:10).<\/p>\n<p>Elisa het \u2018n Goddelike roeping van \u2018n dubbele porsie gehad, maar dit sou nie outomaties gebeur nie (2 Konings 2). Dit was slegs \u2018n potensi\u00eble realiteit wat hom genooi het om tot aksie oor te gaan. Hy moes die begeerte, geloof en vreesloosheid binne hom aanvuur voordat hy kon glo dat \u2018n dubbele salwing enigsins moontlik is, en sodat hy kon oorgaan tot aksie toe die regte tyd aanbreek. Waarvan droom jy en wat bruis deur jou are? Staan die vrees en twyfel te\u00eb en begin bid vir die moed om daardie herstel-knoppie te druk. Het die Meester ons nie geleer dat alles moontlik is vir di\u00e9 wat dit waag om te glo nie (Mk. 11:22-24, Joh. 3:9)?<\/p>\n<p>Ek wens jou \u2018n gese\u00ebnde maand toe.<\/p>\n<p>Dr Jurie Vermeulen<\/p>\n<p>Nasionale Direkteur<\/p>\n<p>FEBA Radio SA<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>In deel een het ons gesien hoe Elisa as\u2019t ware eers \u2018n herstel-knoppie (reset button) moes druk alvorens hy sy nuwe profetiese identiteit, funksie en posisie kon inneem as Elia [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":9095,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[55,62,66,54],"tags":[],"class_list":["post-9098","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-van-die-direkteur","category-blog","category-blog-afr","category-from-the-director"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/9098","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=9098"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/9098\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":11866,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/9098\/revisions\/11866"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media\/9095"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=9098"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=9098"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=9098"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}