 {"id":9144,"date":"2022-10-17T13:13:48","date_gmt":"2022-10-17T13:13:48","guid":{"rendered":"https:\/\/febaradio.co.za\/hoe-god-n-afgesonderde-nomadiese-gesin-op-die-steppe-van-mongolie-bereik-het\/"},"modified":"2023-04-18T14:15:54","modified_gmt":"2023-04-18T12:15:54","slug":"hoe-god-n-afgesonderde-nomadiese-gesin-op-die-steppe-van-mongolie-bereik-het","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/hoe-god-n-afgesonderde-nomadiese-gesin-op-die-steppe-van-mongolie-bereik-het\/","title":{"rendered":"Hoe God \u2018n afgesonderde nomadiese gesin op die steppe van Mongoli\u00eb bereik het"},"content":{"rendered":"<p>Op die reusagtige, amper-vergete steppe van Mongoli\u00eb vind mens een van die w\u00eareld se laaste nomadiese kulture. Di\u00e9 nomadiese herders maak sowat 30% van Mongoli\u00eb se bevolking uit en is grootliks bekend as skaapwagters, sowel as vir hul vaardigheid met perde. Sou jy so \u2018n plek besoek, sou jy geen kerke en byna geen tegnologie vind nie. Die godsdiens wat die mees algemeen beoefen word, is Boeddhisme. Op die oog af mag dit onmoontlik lyk om God in so \u2018n plek te vind; meeste van die plaaslike inwoners het nog nooit eers die naam van Jesus Christus gehoor nie. Nietemin, God vind die een wat Hy vir Homself wil h\u00ea, maak nie saak wat in die pad staan nie.<\/p>\n<p>Op \u2018n dag het Jesus \u2018n skaapwagter genaamd Jagaa gevind. Hy het een van die enigste Christene in hul gemeenskap op Jagaa se pad geplaas, sodat hulle met Jagaa en sy vrou die Goeie Nuus kon deel, en sodoende is hulle gelei om te glo. \u2018n Groot uitdaging het hulle egter in die gesig gestaar: hoe kon hulle in hul geloof groei sonder \u2018n plaaslike kerk, met beperkte hulpbronne en lang afstande na enige stedelike gebiede? Die uitdaging om te groei het onmoontlik gelyk. Met behulp van \u2018n netwerk van 14 stasies regoor Mongoli\u00eb bring FEBC die evangelie aan stedelike en landelike gebiede, en kan Jagaa en sy gesin die woord van God op \u2018n daaglikse basis hoor en geestelik groei. Jagaa se vrou s\u00ea die volgende:<\/p>\n<p>\u201cOns nomadiese leefstyl bied \u2018n groot uitdaging as dit kom by deel wees van \u2018n kerkfamilie. As gevolg van die groot afstand tussen ons en enige stedelike gebied, kon ons nie by \u2018n kerk aansluit en op \u2018n gereelde basis dienste bywoon nie, maar radio het ons redding geword. Dit voed ons geloof met goeie Bybelse lering en lig ons gemoed deur ons te lei in aanbidding. Ons is in daardie opsig uniek. Ons hele familie maak staat op, en put voordeel uit, hierdie radio. My man neem gedurig die radio saam wanneer hy gaan skape oppas, en dit het sy enigste vertroueling op die weivelde geword.\u201d<\/p>\n<p>Die radio, wat as ouderwets beskou word in Eerste W\u00eareld-lande, is \u2018n reddingslyn vir diegene in landelike gebiede. Die radio het \u2018n onbeskryflike impak op die lewens van luisteraars wat gretig is om die woord van God te hoor en in hul geloof te groei. Hierdie gelowiges in afgesonderde gebiede kan voel asof hulle deel is van \u2018n gemeenskap en kontak het met ander broers en susters in Christus. <em>\u201cDie geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God.\u201d<\/em> (Romeine 10:17)<\/p>\n<p>Jagaa self herken die radio as die bron waardeur sy siel die voeding kry wat hy benodig vir daaglikse lewe. Hy s\u00ea, \u201cDie radio voed inderdaad my siel en hou my geselskap. My werk as skaapwagter kan baie eensaam wees.\u201d Hy beskryf die impak wat die leringe op hom het as volg, \u201cDie woord van God inspireer en troos my. My mede-skaapwagters noem my nou \u201cJesus\u201d Jagaa, waarop ek baie trots is. Wat \u2018n eer om hierdie titel te dra! Ek voel bevoorreg en verantwoordelik om \u2018n goeie getuie vir die Here se naam te wees. Ek is ewig dankbaar dat Jesus my gevind het. Amen!\u201d<\/p>\n<p>Dis te danke aan u vrygewigheid, beide met geld en gebed, dat ons getuienisse soos Jagaa s\u2019n met u kan deel.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Op die reusagtige, amper-vergete steppe van Mongoli\u00eb vind mens een van die w\u00eareld se laaste nomadiese kulture. Di\u00e9 nomadiese herders maak sowat 30% van Mongoli\u00eb se bevolking uit en is [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":9147,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[64,28],"tags":[],"class_list":["post-9144","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-stories-en-getuienisse","category-stories-and-testimonies"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/9144","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=9144"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/9144\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":9145,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/9144\/revisions\/9145"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media\/9147"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=9144"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=9144"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=9144"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}